Somerfees & Veiling

 

Somerfees 2024 was ‘n groot sukses, want dit het meegebring dat NS kan voortgaan met die uitreike na die landelike gemeenskappe rondom Durbanville. 

  • By Attie van Wyk PS betaal NS maandeliks die salaris van een leerkrag, een klashulp en een sportfasiliteerder.
  • NS ondersteun vier beurshouers wat in Fisantekraal woon; twee is in Durbanville HS, een in Aquilla SS, Fisantekraal en een in Scottsville SS, Kraaifontein.
  • Die Somerfees & Veiling is beplan, gereël en tot uitvoering gebring met baie Sirkelvriende se hulp: die hoeveelheid skenkings en donasies was werklik oorweldigend!!
  • die Sirkelvriende wat op die veiling ‘n lot of lotte teen rekordpryse gekoop het
  • die ondersteuning van verskeie persone om dadelik en deurlopend bereid was om te help
  • wonderlike diens by Durbanville Hills en The Tangram Restaurant. 

HIERVOOR IS ONS BAIE DANKBAAR!!

Daar was soveel hulp op verskeie vlakke:

  • ‘n Somerfeeskomitee waarin elke lid ‘n spesifieke taak gehad en uitgevoer het 
  • Verskeie persone wat elkeen in die dae voor die funksie ‘n belangrike taak verrig het
  • ‘n Groot aantal Sirkelvriende wat voor en tydens die funksie gehelp het met al die verskillende take; ons was ‘n volle 30 minute voor die eerste gaste opgedaag het klaar en kon rustig nog ‘n drankie geniet.
  • Natuurlik is die GETALLE ook belangrik, want dit bepaal hoe NS sy ONDERSTEUNING kan bied:
  • 96 persone het die Somerfees & Veiling bygewoon
  • die waarde van die wyn- en kunsskenkings vir die veiling was ‘n wonderlike R 80 400
  • kontantdonasies het R 19 500 beloop
  • die totale omset van die funksie was R 249 500
  • die inkomste met die veiling was R 168 100 
  • die gelukkige trekking het ‘n rekordinkomste van R 15 900 gelewer
  • die wins was R 184 637 wat alles vir ondersteuning gebruik word

Die Somerfees is in wese ‘n omgee-fees waartydens NS saamkuier met die doel om geld in te samel sodat NS sy verpligtinge teenoor die nabygeleë landelike gemeenskap kan ondersteun. Dankie aan elkeen van julle wat NS ondersteun.

Sirkelgroete

Edward Smuts

Foto's van 2024 se Somerfees is hier beskikbaar.

 

Aanwysings:

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights