Hierdie week se liturgie: 8 Desember 2019
“You are strong because you are imperfect. You are wise because you have doubt.” — Clementine Churchill, (die vrou van Winston Churchill, in die meesterlike film, ‘The Darkest Hour’)
So teen die einde van die jaar, vat ʼn mens boeke oor die jaar wat verby is. Getrou aan ʼn nostalgiese melancholie is dit die seisoen van oorsig neem van als wat gebeur het, goed én sleg, en te vra, wat vat ons saam in 2020? Die laaste maand van dié jaar, van dié dekade vra ons onsself oor die LESSE WAT GELEER IS ... en het laas Sondag afgeskop met die formidabele lewensverhaal van Charlie Chaplin en eerskomende Sondag gaan ons stilstaan by die inspirasie en invloed van Winston Churchill.
Ons almal ken die prentjie van die ronde omie met sy ‘Homburg’ hardebolkeil, sigaar in die mond en ʼn whiskey in die hand. Winston Leonard Spencer-Churchill is gebore op 30 November 1874. Sy moeder was ʼn Amerikaner uit ʼn baie welgestelde familie en sy pa se familie was uit aristokrasie van Engeland. ‘Bulldog’ (soos hy bekendgestaan het by vriend en vyand) was ook die eerste persoon wat ʼn ereburgerskap van die VSA ontvang het.
Hier is ʼn paar interessante feite wat min mense van hom weet —
Daar word vertel sy sterwenswoorde was: “I am prepared to meet my Maker. Whether my Maker is prepared for the great ordeal of meeting me is another matter.”
Ons ken sy openingswoorde voor ʼn baie vyandige parlement, “I have nothing to offer but blood, toil, tears and sweat.” Maar hy sal onthou word vir die feit dat hy homself vir ʼn week kon toesluit in die kelder van sy huis en daar uitstap en een van die grootste toesprake lewer wat vir nog 2000 jaar onthou sal word — “Never give in. Never give in. Never, never, never, never—in nothing, great or small, large or petty—never give in, except to convictions of honour and good sense. Never yield to force. Never yield to the apparently overwhelming might of the enemy” en op ʼn ander keer ná ʼn paar dae van geen slaap (en baie whiskey) in ʼn oorlogbunker, sou hy in Westminster stap met dié woorde in sy koker, “We shall defend our island, whatever the cost may be, we shall fight on the beaches, we shall fight on the landing grounds, we shall fight in the fields and in the streets, we shall fight in the hills; we shall never surrender.”
Wat is daar te leer van ʼn man wat omtrent nie ʼn vak op skool kon deurkom nie en gereeld in die moeilikheid was vir óf iets wat hy moes doen en nie gedoen het nie, óf nie moes doen nie en tog wel gedoen het? Sal ons ʼn oomblik stilstaan en luister na iemand wat gehakkel het met ʼn lisp wat nie die letter ‘s’ kon sê nie? Of sal ons ons gunsteling-gereg voorberei en die tafel dek vir ʼn aand in die teenwoordigheid van Winston Churchill ...?
Ons sal hom hoor sê, “We make a living by what we get, but we make a life by what we give” en miskien vra om homself te herhaal as ons hoor, “Success is not final, failure is not fatal: it is the courage to continue that counts. Courage is what it takes to stand up and speak. Courage is also what it takes to sit down and listen. Success consists of going from failure to failure without loss of enthusiasm.”
By die deur sal ons hom groet, en sy vaarwel in ons dagboek skryf: “All the great things are simple, and many can be expressed in a single word: freedom; justice; honour; duty; mercy; hope.”
Kom breek Sondag saam met ons die BROOD wat ons herinner het dat ons één is met mekaar en dan deel ons die WYN as ʼn herinnering dat ons naelstring ons bind aan God wat ons ken as die Lig, Lewe, en Liefde van nog ʼn jaar, nog ʼn dekade agter die rug en dan stuur ons mekaar huis toe met die woorde van Clementine Churchill, “You are strong because you are imperfect. You are wise because you have doubt.”
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Ons hervat weer in 2020 na skoolvakansie
Ons lees volgende jaar Brené Brown se boek
'Rising Strong'
[Koop solank die boek]