Charlie Chaplin

Sondagdiens

1 Desember 2019

Hierdie week se liturgie: 1 Desember 2019

Die laaste maand van 2019 het aangebreek. Niemand weet mooi hoe ons hier gekom het nie, want dit voel soos gister toe ons die jaar begin het met drome, wense, en die mooiste intensies om die nuwe jaar anders te dink, anders te ervaar, anders te reageer, en anders anders lief te hê ... en voor ons onsself kon kry, is die jaar verby.

Ons gaan dié maand gesels oor ʼn paar bekende mense uit die geskiedenis — hulle aspirasies, inspirasies, en hul bydrae tot die geskiedenis waaruit ons iets kan leer. In die verhale van ander sien ons onsself. In hulle soeke, vind ons onsself. Hulle aksies en reaksies op die lewe se stroomversnellings en watervalle. word vir ons 'n brug.

Ons gaan begin met die lewe van Sir Charles Spencer Chaplin (Charlie) ... gebore op 16 April 1889 in Londen ... en seker die bekendste komedie-akteur en filmmaker in die geskiedenis van die film-industrie. Hy was wêreldwyd bekend en ʼn ikoon van die ‘silent film’-genre waarvan The Tramp steeds gesien word as die belangrikste bydrae tot die film-geskiedenis.

Hy was vier keer getroud en het 9 kinders en 16 kleinkinders gehad. Sy laaste vrou, Oona O’Neill, was 36 jaar jonger as hy en hulle was getroud van 1943 tot en met sy dood in 1977. Sy lewe in een sin, soos David Robinson dit verwoord in sy biografie oor Charlie Chapman — “The most dramatic of all the rags to riches stories ever told.” Toe iemand hom eenkeer gevra het hoe hy sy lewe sal opsom, het hy geantwoord, “A tramp, a gentleman, a poet, a dreamer, a lonely fellow, always hopeful of romance and adventure.”

Om op die ouderdom van 10 jaar oud die broodwinner te word nadat sy pa skielik oorlede en sy ma baie sieklik was, is iets wat min van ons sal verstaan. Om van daar jou pad oop te ploeg in ʼn tyd van die Groot Depressie, twee Wêreldoorloë en dan te verhuis na Amerika, sit nie in enige iemand se broek nie. Dit sou ʼn paar jaar wees alvorens hy dit vóór die kamera sou waag en daarmee ʼn nuwe genre begin het naamlik “Physical Comedy” — wat ook iemand soos Rowan Atkinson sou inspireer vir Mr Bean. Die gawe om met beweging, sonder enige dialoog, 'n storie te vertel, is ʼn gawe wat baie min akteurs het.

Sy repertoire as skrywer, komponis, digter, regisseur, musikant, en akteur is gewoon verbysterend en wie ook al films soos A Woman of Paris (1923), The Circus (1928 en eerste Oscar), en my persoonlike gunsteling, The Great Dictator (1940) gesien het, sal toegee dat Charlie Chaplin gewoon geniaal was in sy vakmanskap. Die kontroversie, die skandale, die misstappe en teleurstellings van sy lewe was alles kompos vir sy tuin van kreatiwiteit. Sy energieke entoesiasme en imponerende inspirasie was ʼn fontein van besieling vir baie akteurs wat ná hom sou kom. In 1992 het Sir Richard Attenborough ʼn film oor sy lewe gemaak, getiteld Chaplin met Robert Downey Jnr as Charlie Chaplin. Dit sou ʼn lewensverandering wees vir Downey, wat ook 'n paar toekennings sou wen vir sy vertolking. ʼn MÓÉT-sien film wat jy gerus kan koop vir jou versameling.

“A day without laughter is a day wasted”, “Nothing is permanent in this wicked world — not even our troubles”, “My pain may be the reason for somebody’s laugh. But my laugh must never be the reason for somebody’s pain.” — is ʼn paar van my gunsteling-Charlie Chaplin-aanhalings ... maar dit is sy gedig, “THIS IS LIFE” wat ons Sondag saam gaan lees en bespreek, want hierin hoor ek die fluistering van God —

As I began to love myself
I found that anguish and emotional suffering
are only warning signs that I was living
against my own truth.
Today, I know, this is Authenticity.
As I began to love myself
I understood how much it can offend somebody
if I try to force my desires on this person,
even though I knew the time was not right
and the person was not ready for it,
and even though this person was me.
Today I call this Respect.

As I began to love myself
I stopped craving for a different life,
and I could see that everything
that surrounded me
was inviting me to grow.
Today I call this Maturity.

As I began to love myself
I understood that at any circumstance,
I am in the right place at the right time,
and everything happens at the exactly right moment.
So I could be calm.
Today I call this Self-Confidence.

As I began to love myself
I quit stealing my own time,
and I stopped designing huge projects
for the future.
Today, I only do what brings me joy and happiness,
things I love to do and that make my heart cheer,
and I do them in my own way
and in my own rhythm.
Today I call this Simplicity.

As I began to love myself
I freed myself of anything
that is no good for my health –
food, people, things, situations,
and everything that drew me down
and away from myself.
At first I called this attitude a healthy egoism.
Today I know it is Love of Oneself.

As I began to love myself
I quit trying to always be right,
and ever since
I was wrong less of the time.
Today I discovered that is Modesty.

As I began to love myself
I refused to go on living in the past
and worrying about the future.
Now, I only live for the moment,
where everything is happening.
Today I live each day,
day by day,
and I call it Fulfilment.

As I began to love myself
I recognised
that my mind can disturb me
and it can make me sick.
But as I connected it to my heart,
my mind became a valuable ally.
Today I call this connection Wisdom of the Heart.

We no longer need to fear arguments,
confrontations or any kind of problems
with ourselves or others.
Even stars collide,
and out of their crashing, new worlds are born.
Today I know: This is Life!

Hoop om jou en jou gesin Sondag in ons Sirkel te verwelkom vir ʼn maand van dankie-sê, vir ʼn jaar wat met sy soet en suur, sy goed en sleg, sy hoogte- en laagtepunte ons gebring het na ʼn plek waar ons die jaar kan afsluit met waardering. Kom voed jou siel en kom word stil in die flikkering van kerse, die son deur rame, onder ʼn blou kruis.

Met liefde en seënwense vir jou week

Naskrif: Die beste tonele uit Charlie Chaplin se films met sy stem wat praat oor sy lewe.
https://www.youtube.com/watch?v=f44_YBprib0

.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Life laughs at you when you are unhappy;
Life smiles at you when you are happy;
But life salutes you when you make other happy.

― Charlie Chaplin 
.
.

A COURSE IN MIRACLES

Ons hervat weer in 2020 na skoolvakansie
Ons lees volgende jaar Brené Brown se boek
'Rising Strong'
[Koop solank die boek hier]

.

Vir ons kontakbesonderhede, druk hier.

Vir aanwysings na ons Sondagdienste, druk hier.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights