Herfs — Tyd om te laat gaan

28 April 2021

Spring passes and one remembers one's innocence.
Summer passes and one remembers one's exuberance.
Autumn passes and one remembers one's reverence.

Winter passes and one remembers one's perseverance.”
―  Yoko Ono —

April het soveel vakansiedae dat mens nie weet of dit DingaansdagGuy Fawkes, of My Fair Lady is nie. Wat ons wel weet van April is die feit dat die dae korter word en elke dag meer en meer Herfs.

Ek hou van HERFS. Dit is my gunsteling-jaargety.

George Eliot beskryf dit die beste in sy ‘Letter to Miss Lewis’ 

“Is not this a true autumn day? Just the still melancholy that I love – that makes life and nature harmonise. The birds are consulting about their migrations, the trees are putting on the hectic or the pallid hues of decay, and begin to strew the ground, that one's very footsteps may not disturb the repose of earth and air, while they give us a scent that is a perfect anodyne to the restless spirit. Delicious autumn! My very soul is wedded to it, and if I were a bird I would fly about the earth seeking the successive autumns.”

Vir my is HERFS die seisoen van die siel wat begin met Paasfees en dan in Pinkster my herinner wie se Asem ek in my asem. Pinkster is die seisoen waar ons dink aan die betekenis en invloed van die Heilige Gees op my lewe.

Die woorde vir ‘Heilige Gees’ in Hebreeus is רוח הקודש (ruag ha-kodesh) en in Grieks is dit Ἁγίου Πνεύματος (hagio pnefmatos). Beide ruag en pneuma beteken ‘breath or spirit’.

Ons is totaal onbewus daarvan dat ons elke oomblik van elke minuut in- en uitasem. Dink aan jou asemhaling vir ʼn oomblik … die Goddelike gawe van LEWE — what a gift! Die geskenk van LEWE in elke asemteug wat ons vrymoedig die Heilige Asem van God noem.

“Asem vra uit asem: wat is asem?” skryf Breyten êrens. Wat maak ons met hierdie geskenk? Hoe gee dit sinvolheid aan my intellektuele, emosionele, en spirituele lewe?

HERFS is ʼn tyd van oker, ou-goud, en amber kleure.

“Winter is an etching, spring a watercolour, summer an oil painting and autumn a mosaic of them all.” — Stanley Horowitz

In die Noordelike Halfrond val Pinkster (Pentecost: penta = 50) in die Lente. Die seisoen van vrugbaarheid wat saamval met die Joodse Shavuot — i.e. remembrance and thanksgiving for the Torah.

Vir ons in die Suidelike Halfrond is hierdie 50 dae in HERFS. Die seisoen waar ʼn mens vir jouself vra, “Wat vat ek van die Somer saam die Winter in?” HERFS, die seisoen waar ons ons knapsak pak vir die Winter wat voorlê. Seker maak daar is genoeg in die spens vir die lang Wintermaande. Besluit wat laat ons los en wat vat ons saam.

HERFS is om te besin oor wat regtig belangrik is in my lewe. Daar is ook ʼn sekere vryheid om die goed waaraan ons so swaar dra, agter te los, want die Winter het nie plek vir oormatigheid nie.

Dit is nog ʼn geskenk wat die Gees van God bring — the freedom to untie, to let go, and let it be!

“Now the Lord is the Spirit (pneuma), and where the Spirit of the Lord is, [there] is liberty!” — 2 Corinthians 3:17

Vryheid is nie om alles te hê wat jy begeer nie, maar om in staat te wees om sonder die goed waarna jy so smag te leef en om okay te wees daarsonder … en wat is die Griekse woord wat beteken, ‘to let go, let it be, to untie’ …? Dit is die woord ἀφίημι (afeími) wat vertaal word met: vergiffenis.

HERFS vra herkenning. Dit vra introspeksie. HERFS is die intermezzo tussen Somer en Winters wat vra om vir oomblik tot stilstand te kom … ʼn pouse te maak, tot rus te kom.

Pinkster en Shavuot pleit om ʼn lang, eerlike na-binne-kyk te doen. Vra jouself — wat is die goed waaraan ek so verknog vashou en wat ek nie wil laat los nie; wat dink ek het ek nie genoeg van nie en leef ek in die illusie om te dink as ek net dit of dat het dan sal ek gelukkig wees?

Wat is die konflik wat my weerhou om te vergewe; waar is die wond wat ek bly ontken en wat al my interpersoonlike verhoudings besoedel?

Vandag, (êrens vanoggend, vanmiddag, en vanaand) gaan sit iewers vir ʼn oomblik en vat ʼn minuut of twee om te dink aan situasies wat jou strem en kronies gespanne en ongelukkig maak, en wat jy voel is totaal buite jou beheer.

Laat jouself toe om hieroor te dink sonder om te 'victim', sonder om te 'blame-game'. Vra God om jou te wys HOE om jou gedagtes hieroor te verander ...   because what we think we will experience, and remember  our thoughts determine our reality.

Gee die son kans om sy gesig te wys oor die berge sonder om dit te wil aanjaag. Laat jou bome toe om hul blare af te skud vir dié seisoen. Asem elke probleem, versoeking, afleiding, bang vir verandering, en te besig om bewustelik te leef, uit — en laat die Heilige Asem van God toe om jou skilderdoek te verf met ʼn nuwe seisoen.

Dan sal dit die mooiste HERFS van jou lewe wees.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Autumn is a second spring
when every leaf is a flower.”

― Albert Camus 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Elke Sondag om 10:00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville

Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2026
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights