Gesprekke met God II

10 Junie 2018

LITURGIE: 10_junie_2018

Ons sit ons reis voort met ons tema: GESPREKKE MET GOD. Laas week het ons begin met — GOD SE STEM IS ‘N FLUISTERING, en hierdie week gaan ons gesels oor — GOD SE STEM IS ‘N LIGSTRAAL.
Dit is nie ʼn Ligstraal vir net hulle wat aan die regte geloof, regte kerk behoort nie. Ewemin breek die Lig net vir hulle wat ʼn geloofsbelydenis kan opsê of ʼn datum van bekering het. Allermins is dit ʼn Lig vir net Christene. Die Stem van God is ʼn ligstraal wat ons ganse planeet omvou in die Lig wat lewe gee — selfs vir hulle wat op die oomblik aan die donkerkant van die Aarde is. Dit is ʼn Lig wat op die dorings én die rose skyn. Vir ons wat volgelinge is van die een wat gesê het, “Ek is die Lig van die wêreld!” is dit ʼn verligting (enlightenment) om onsself te herken maar terselfdertyd is dit ʼn verligting (relief) om ons plek in die wêreld te erken. Ons wat gebore is in die Christelike tradisie vat die instruksie van Jesus ernstig as hy sê, “Julle is die Lig vir die wêreld!” want dit laat my onthou dat ons ʼn refleksie van God is — an expression of God on Earth.
Baie mense het hul rug gedraai op kerk en religie maar bly soekend na die Stem van God — nie in dekrete, sitate, boeke en versies, dogmas en belydenisskrifte nie maar in die simplisiteit van 'n alledaagse lewe: ons drome en wakker word, ons maaltye en glasie wyn, die omhelsing van ʼn geliefde en die soen van my kind, die agenda van ʼn vergadering, die lied en lirieke wat in die agtergrond van my motor speel, die oproep van ʼn vriend, die glimlag vir ʼn vreemdeling waar jy inkopies doen en ʼn kompliment vir die vrou by die geldlaai. Daar is ʼn hunkering by die mens om die liefdevolle Stem te hoor wat ons herinner aan die beste en mooiste weergawe van onsself. Nie ʼn stem wat veroordeel en verwerp nie. Nie die stem van ʼn ego wat beveel vanuit die verwagtinge van begeertes en behoeftes asof daar enige iets is wat ek kan doen wat God bly of hartseer maak nie.
Teen nou weet ons al dat ‘duisternis’ bestaan nie en is net die afwesigheid van lig. Duisternis het geen krag, geen mag, geen invloed, geen betekenis nie. As jy ʼn donker kamer het en jy maak die deur oop na waar die lig skyn, dan gaan die donkerte nie in die kamer vol lig en doof die lig nie. Nee, dis net andersom. Ons ken ook die dryfsand van ons illusies wat ons dompel in duisternis ... hier is ʼn paar: behoeftes bestaan, mislukking bestaan, verdeeldheid bestaan, onvoldoende bestaan, vereistes bestaan, veroordeling bestaan, voorwaardes bestaan, superioriteit bestaan, onkunde floreer. In plaas daarvan dat ons die Lig na ons ‘bestaan’ bring, laat ons toe dat die voorafgaande ons meer en meer na benede trek tot ons kop onder die sand met ʼn strooitjie moet asemhaal.
Ons het laas week gepraat oor die drie basiese beginsels van lewe: funksionaliteitaanpasbaarheid en volhoubaarheid. Vir Jesus was dit duidelik dat die drie kernwaarhede van lewe gaan oor eerlikheid, bewus wees (awareness), en verantwoordelikheid. Met hierdie waardes in jou knapsak raak die reis ʼn ontdekkingstog. Ja, ons verdwaal soms. Ja, ons struikel en val steeds. Ja, ons raak soms die pad beister maar die Lig is altyd daar en niks en niemand kan dit doof nie. Dis moeilik om in ʼn wêreld wat gewoond geraak het aan elektrisiteit dié waarheid te verkondig — dat die Lig nie iets ekstern is wat êrens deur ʼn kragopwekker na jou gelei moet word nie, maar ʼn Krag is wat van binne af, deur jou skyn. Dis nog moeiliker as die wêreld werk met die paradigma van HAVE-DO-BE — first you must HAVE things in order to DO things so that you may BE happy! Dis eers as ons besef dat die Lig keer dit om — first you have to BE what you ought to be in order to DO what you have to do and then you will HAVE what you think you lack.
Al die illusies wat ʼn sluier oor ons Lig gooi, kan in hierdie een woord opgesom word: LACK — gebrek, gemis, kortkom, behoeftig. Religieuse sisteme dra ruim by om seker te maak dat ons gevange bly in die sinsbedrog van “not enough ...”  waarvan die ergste is dat ons selfs dink/glo dat ook God ly aan die kondisie van ‘LACK’ en daarom bepaal, begeer, beveel God sy skepsels om sekere goed te doen, te wees, te word sodat God se behoeftes vervul kan word. Wat vra die Lig van jou? Niks! Wat se voorwaardes het die Lig? Niks! “Die Lig skyn in die duisternis en die duisternis het die nie oorweldig nie.” (Joh 1:5) Maak net jou oë oop en sien.
Werk dit vir jou om in die duisternis rond te tas? Indien nie, kom terug na waar die Lig is. In die Lig ervaar ons ʼn Goddelike perspektief. Sien ons goed in konteks. Maak ons sin van al ons onsin. Hou ek op om my skaduwee te jaag en draai ek my gesig na die Lig. Dis vir my om te besluit en wanneer ek die keuse maak vir Lig, is daar KNOWING ... faith is KNOWING, hope is KNOWING, love is KNOWING.
Besef ek — mý lewe, het niks te doen met mý nie en het alles te doen met wie se lewe ek raak en hoe ek dit raak. My reaksie op die Lig is ʼn refleksie. My weergeboorte is ʼn weerkaatsing. My terugkeer is ʼn terugstraling.
I am a tune that God composed — is my mantra vir vandag. Daardie melodie sal ek op my tong en in my hart dra sodat ek sal onthou dat God se Stem kom met die ligstrale. Maak oop die vensters en sien, en proe, en voel, jy is voldoende ... jy het meer as genoeg ... oorvol, oorloop, oorgenoeg.

🌺 ACIM — Stad 19h3018 Junie  — en Kolping 19h30: 21 Junie — Lessons 61-64

Gedagte vir die Week:
“People, even more than things, have to be restored, renewed, revived, reclaimed, and redeemed; never throw out anyone.” — Audrey Hepburn

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights