Geloof, Hoop en Liefde vir 2021 V

27 Januarie 2021

“Loss brings you back
to your true self.”
― Bert McCoy 

Meestal, nie altyd nie, gaan die eerste helfte van ons lewe oor vorm en die tweede helfte gaan oor inhoud.

Die eerste helfte gaan oor storm en drang, kompetisie en bymekaarmaak. Dit gaan oor ambisie en sukses, oor sosiale en materiële status en die tweede helfte van jou lewe gaan oor verbinding en konneksie, oor wat is betekenisvol en oor ʼn ‘sense of belonging’ — the first half of life is about the container and the second half about content. Simply put — the first half is about ‘ME’ and the second half of life is about ‘WE’.

Ons tema vir Januarie is — GELOOF, HOOP, en LIEFDE — waar ons die lesse van 2020 inpak as geskenke vir 2021.

GELOOF gaan oor ons verhouding met God. HOOP gaan oor my verhouding met myself. LIEFDE gaan oor ons verhouding met mekaar. Die een lê in die ander geweef, soos Richard Rohr skryf: “Faith is always loving and hopeful, hope is always loving and faithful, and love is always hopeful and faithful.”

Vir die meeste mense is die inhoud van geloof, hoop, en liefde eers ʼn vraag in die tweede helfte van hul lewe. As Paulus praat van “Nou kyk ons nog in ʼn dowwe spieël en sien ʼn raaiselagtige beeld …” dan gaan dit oor die feit dat die meeste van ons in ʼn spieël kyk vir bevestiging. Met tyd, en ʼn hele paar littekens, “… sien ons alles soos dit werklik is, en ken ons ten volle soos God my ken.” (1 Korintiërs 13:12)

Dit is my beskeie mening dat waarna Paulus hier verwys, is waarna die sielkunde (maar ook die spirituele psigoterapie) verwys as ons TRUE SELF — to have an authentic experience of who I am in my core, essence, foundation and centre.

Jy sou kon vra: wat is hierdie ‘WARE SELF’ ...?

Vir die grootste gedeelte van ons lewe gaan dit oor ‘persepsies’ — waar ons die hele tyd bewus is van ander se opinies oor ons en ons reaksies (emosies) daarop. Ons eie persepsies word gevorm uit ons agtergrond, oortuigings, en ervarings. Persepsies is met ander woorde my reaksie op wat ander dink van my.

Hierdie persepsies gee aanleiding tot ʼn sekere ‘persona’ — waar ons maskers dra sodat ons nie veroordeel of verwerp sal word nie. Ons persona is ʼn reaksie op wat ek dink van ander.

Beide persepsies en persona is projeksies van die ‘ego’ — en die ego is wat ek dink van myself. Vir baie van ons is die ego ʼn pendel tussen minderwaardigheid en meerderwaardigheid. Die ego wil jou altyd wysmaak dat daar ʼn ‘separation’ is tussen jou en alles en almal om jou. ʼn Ongesonde ego kan net hierdie illusie van ‘separation’ volhou deur jou gevange te hou in skuldgevoelens en vrees.

Eers waar ons bewus is van die persepsies, persona, en ego kan ons op ʼn punt uitkom waar ons kan praat van die ‘self’ — in besonder my 'WARE SELF' — hoe God ons sien, hoe God in en deur ons beweeg, dit waarna ons verwys as 'SIEL'.

Wat is die siel anders as ʼn deurleefde bewussyn dat ons as ‘beeld van God, in die gelykenis van God’ geskape is … en nie net ek nie maar elke lewende siel op dié planeet — of hulle dit weet en/of hulle dit onthou of nie.

Die ‘VALS SELF’ is altyd in een of ander stryd gedompel. Die alewige geknaag dat ek nie ‘goed genoeg’ is nie. Altyd bewus is van my ‘tekort en gebrek’ en meestal met ʼn lae selfbeeld wat ly aan ʼn ‘disease to please’ of aan ʼn ‘terminal approval addiction’.

Êrens in ons lewe kom ons op ʼn plek waar ons stop en vir onsself vra: “Wie is ek … waarna soek en jaag ek?” Gewoonlik (nie altyd nie) gebeur dit wanneer ons emosionele pyn ervaar. In ons kwesbaarheid kom daar ʼn eerlikheid om vir myself te vra: “Wat is mý waarheid … wat is mý intensies ... wat moet verander?” Eers as ons nêrens anders het om te draai nie kom die besef dat ék nodig het om te verander ... en verandering, lyk dit vir my, word meestal gebore uit ons weerloosheid.

Ons ken die uitdrukking: "at the eleventh hour the gods will appear" — wat gewoon nie waar is nie want al wat gebeur is dat ons eers teen die "eleventh hour" moeite doen om na 'BINNE' te kyk. Eers op die laaste uur wanneer als om my wegval, sal ons die waarheid van my Self vir myself vra.

Dit kom nie van BUITE nie. Niemand kan jou ‘WARE SELF’ vir jou gee of van jou wegneem nie. Dis die hele tyd daar, van geboorte tot afsterwe is dit ʼn Goue Draad wat deur my hele lewe loop. Ons moet dit net onthou.

Die profeet Jeremia het dit verstaan as hy met ʼn radikaal nuwe interpretasie van die Waarheid na sy mense kom en sê: tot nou toe kon julle net God vind en ervaar in die eksterne … tot nou toe was God gevind op kliptafels en in die tabernakel maar hoor wat God sê —

  • “Ek sal my Torah in hul gedagtes sit, en ek sal dit skryf op hulle harte; en ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.” (Jeremia 31:33)

Die ‘WARE SELF’ is liefde en vreugde wat nie afhang van omstandighede nie. Die ‘WARE SELF’ is vrede en geduld en ʼn refleksie van vriendelikheid, goedheid, getrouheid, en sagmoedigheid. Die ‘WARE SELF’ het selfbeheersing en ʼn duidelikheid oor wat is goed, en wat is sinvol. Die ‘WARE SELF’ reageer nie uit ego-denke nie maar uit siel-denke … vroeër het dit gegaan oor 'WEES' en nou gaan dit oor 'WORD'.

HOE? Hoe kweek en kultiveer ons hierdie ‘WARE SELF’?

  • “Dít verseker Ek julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in.” (Johannes 12:24)

ʼn Mens moet bereid wees om jou ekkigheid op te gee. Om te sterf in jouself sodat jóú waarheid, jóú potensiaal, jóú beste en mooiste eienskappe na vore sal kom in en deur jou ‘WARE SELF’.

Daarin lê ons geloof, daaruit vloei ons hoop, daarmee vind ons ons liefde.

“Shine your light, be true to yourself, be the best you can be.
Show your true colours, be real, be honest, be genuine.
Share your kindness, your love, your insights.
Stand strong in who you are,
Simply be yourself.
Sincerely YOU
Steadfast”
― Hazel Butterworth ―

Hoe dan anders ...
... as met liefde, net liefde, liefde genoeg.

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Dance like nobody's watching;
love like you've never been hurt.
Sing like nobody's listening;
live like it's heaven on earth.”

― Mark Twain 

 

'n Paar belangrike skakels om te besoek:

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Ons Sondae Sirkel is voorlopig opgeskort
volgens reëls en regulasies van Vlak 3
Ons hou julle op hoogte
wanneer ons weer hervat

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights