Everything is Spiritual IV

“Learn how to see.
Realize that everything
connects to everything else.”
― Leonardo DaVinci 

Nie net is ons in die Heelal nie maar die Heelal is ook in ons, en niks gee ʼn dieper spirituele betekenis as om dit te weet nie.

Ons tema vir die maand is — EVERYTHING IS SPIRITUAL — en het ons die laaste paar weke op ʼn reis gevat om te besef dat daar nie ʼn enkele aspek van ons lewe is wat nie ʼn spirituele basis het nie.

ALLES, en ek bedoel dit letterlik, alles staan in ʼn verhouding met mekaar. Daar is ʼn wisselwerking tussen alles in die makro- en mikrokosmos. Dit is asof daar ʼn goue draad geweef is in alles en daardie naelstring noem ek vrymoedig God (the Divine).

“Wetenskaplik weet ons dat alles wat bestaan opbreek in sterstof, ons is dus alles van mekaar, in mekaar: Ek is die bedelaar, ek leeu, ek sneeu, ek hoor die boom teen die saag skreeu.” — Antjie Krog

My verwondering is om die Wonder van alles te ervaar in elke sel van my wese. Ek wil deur die beperkinge van my sintuie breek vir ʼn groter perspektief. Daar is ʼn ontvanklikheid om die Heelal toe te laat om onbeperk deur my te vloei...

... soos Sheila Cussons dit mooi verwoord: “... dat ons wat onsself versteek vir ons naastes gans oop is vir U en U oop.”

Dan, en slegs dan kan ons begin sin maak van die sterre wat in ons is. Om te besef dat ons, elkeen van ons, is ʼn klein Heelal waarin ons die sonne- en sterrestelsel in iemand anders se Heelal is.

Miskien is dit die rede vir my nuuskierigheid. Om verras te word deur die onbekende… of dit die eerste agt note van ʼn lied is, of die eerste proe van ʼn dis wat ek nog nooit geëet het nie. Ek wil oorrompel word deur ʼn nuwe ervaring, ʼn ontdekkingsreis waarin ek as skepsel ʼn aktiewe bydrae maak in die Skepping.

Soos ek ouer word, is daar ook ʼn deurleefde gewaarwording dat ons almal die antwoorde IN ons dra en al wat ons nodig het, is om herinner te word. Die lewe is konstant ʼn proses van skepping en herskepping, ons moet dit net weer onthou — alles is een, almal is refleksies van mekaar, EVERYTHING IS SPIRITUAL.

“Everything in the universe has a rhythm, everything dances.” — Maya Angelou

Die ritme en puls van die Heelal is nie afhanklik van my ego of tantrums nie. (Goddank!)

Dit is ʼn melodie wat ons uitnooi om ons stem, ons lied, te vind. Dit is ʼn simfonie wat in harmonie die Komposisie van die Groot Dirigent besing. Dit is ʼn dans wat ons twee-twee dans.

In Zulu is daar ʼn uitdrukking: Umuntu ngumuntu ngabantu!

Dit kan vertaal word met, ‘ek is omdat jy is’ — wat gaan oor medemenslikheid teenoor ander. Ons noem dit: UBUNTU.

In Desmond Tutu se formidabele boek, ‘No Future Without Forgiveness’ skryf hy die volgende —

“Ubuntu speaks of the very essence of being human. It is to say, “My humanity is caught up, is inextricably bound up, in yours.” We belong in a bundle of life. We say, “A person is a person through other persons.” A person with ubuntu is open and available to others, affirming of others, does not feel threatened that others are able and good, for he or she has a proper self-assurance that comes from knowing that he or she belongs in a greater whole…”

Ubuntu sê, my menswees is onlosmaaklik verbind in joune. As jy Ubuntu het, is jy vrygewig, jy is gasvry, vriendelik, en deernisvol. Ubuntu verstaan dat as ek jou seën, seën ek myself; as ek jou vloek, vervloek ek myself. As ek vrede met jou het, het ek vrede in myself.

In die Afrika tradisies word gevra, “Hoe gaan dit met jou?” en word nie geantwoord soos ons doen nie maar met ʼn detail beskrywing omdat die prestasies en geluk van iemand anders werklik deel is van my eie.

Kom ons verken Sondag ʼn paar kwaliteite van UBUNTU —

  1. Hoër Roeping en Doel

Ons is hier om te dien, om te inspireer, lief te hê, en outentiek in my Waarheid te leef. Om die beste te geniet wat die wêreld bied. Om sinvol waarde toe te voeg, nie net tot my eie menswaardigheid nie maar ook van ander.

  1. Gemeenskaplikheid

Om nie bedreig te voel as iemand van my verskil en ʼn ander oortuiging as ek het nie. Om ten alle tye met respek en deernis op te tree. Om die Goue Reël — doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê — toe te pas selfs in moeilike omstandighede.

  1. Verbintenis en Konneksie

Ons behoort (belong) want daar is in alles ʼn interafhanklikheid. Dit is soms nodig om lank genoeg stil te bly en mooi te kyk en te sien wat dit beteken. Vra jouself, “Hoe ver sal ek gaan om myself in die oë van iemand anders te sien?”

  1. Aksies en Reaksies

Om ten alle tye bewus te wees van ons aksies maar byname ons REAKSIES. Die sensasie van vloei — die vrede en kalmte wat ons menslikheid verskerp sodat ons weet ons leef in oorvloed en daarom dit kan deel. Ek is versorg en daarom versorg ek. Ek het liefde en daarom kan ek liefhê.

Dis asof God in elkeen van ons juwele geplant het en terugstaan om te sien of ons hulle vind.

Kom ons herontdek ons UBUNTU. Kom ons verfyn ons interne dialoog om ons gedagtes te vul met die wete van ʼn Groter Eenheid. Gedagtes wat skep. Gedagtes wat verbreed en verdiep.

Life is a process of becoming!

Become more ...

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“If you lacked ubuntu, … you lacked an indispensable ingredient to being human. You might have much of the world’s goods, and you might have position and authority, but if you did not have ubuntu, you did not amount to much.”
― Scilla Elworthy 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights