Emosionele Welsyn - 19 Julie 2023

“It is very important to understand that emotional intelligence is not the opposite of intelligence, it is not the triumph of heart over head — it is the unique intersection of both.”― David Caruso —

Eerstens wil ek BAIE DANKIE sê vir al die goeie wense wat ontvang is die laaste week met my verjaarsdag. Met so 'n mylpaal in 'n mens se lewe is elke woord van waardering en mooi intensie vir my kosbaar en daarom sit ek dit in my mandjie vir die volgende seisoen in my lewe.

Ons tema vir dié maand gaan oor die vraag: WAT GEE BETEKENIS AAN JOU LEWE?

Daar is begin met die betekenis van Interpersoonlike Verhoudings en gesê dat die kwaliteit van jou lewe word bepaal deur die kwaliteit van jou verhoudings. Laas week is gesels oor die betekenis van Waardes en Beginsels en hoe dit ons fokus op wat werklik belangrik is in ons lewe.

Vandag gaan oor die rol en invloed van ons Emosionele Welsyn in dit wat sin en betekenis gee aan ons lewe.

Ons dink dat ons in die eerste plek intellektuele wesens is, maar ons is nie — ons is EMOSIONELE wesens, of soos Brené Brown dit stel:

“When dealing with people, remember you are not dealing with creatures of logic, but with creatures of emotion.”

Ons emosies is die dryfveer agter ons gedagtes. Elke oomblik van die dag pendel tussen aksies en reaksies. Wat en hoe ons voel binne elke situasie is ʼn keuse tussen liefde of vrees, tussen konflik of vrede, tussen skuldgevoelens of vergiffenis, tussen verwerping of versoening.

Daar is die laaste twee dekades baie geskryf en gepubliseer oor Emosionele Intelligensie (EQ) as die vermoë om jou eie emosies en die emosies van ander te herken, te verstaan, en sinvol daarmee om te gaan. Dit behels om bewus te wees van jou eie emosies, om deernis te hê met ander, en om emosies effektief uit te druk en te reguleer sodat dit ons help om op ʼn konstruktiewe wyse om te gaan met die uitdagings van die lewe.

“The emotionally intelligent person is skilled in four areas: identifying emotions, understanding emotions, communicating emotions, and regulating emotions.” — John Mayer

Jy sal my nie glo hoe dikwels ek verstom is in beradingsessies dat by verre die meeste mense nie hul emosies en gevoelens kan verwoord nie. Die hele spektrum van menslike emosies word gewoonlik saamgevat in drie woorde: mad, glad, or sad — asof dit die enigste drie emosies is wat ons ervaar.

Die ontwikkeling van ons EQ is nét so belangrik as om gesond te leef, oefening te kry, en seker te maak ons stagneer nie met ons Intellektuele Intelligensie (IQ) nie. Ons wil tog gereeld iets nuut leer en ontdek, ons wil tog ons nuuskierigheid prikkel om meer kennis en ervaring op te doen, en ons almal smag na wysheid as die vermoë om ʼn breër perspektief te ontwikkel en met insig oor ʼn saak te dink en waar nodig tot ʼn betekenisvolle oplossing kom.

ʼn Ander belangrike komponent van EQ is veerkragtigheid (resilience). Dit is die vermoë om te herstel van terugslae, teenspoed, of stresvolle situasies. Dit behels ʼn positiewe ingesteldheid, aanpasbaarheid, en die vermoë om moeilike ervarings te hanteer en iets daaruit te leer wat ons lewe wesenlik beïnvloed.

Nog ʼn element van EQ wat ons lewe diepte en betekenis gee, is die feit dat dit jou in staat stel om oplettend en bewustelik te leef. Dit maak jou volledig teenwoordig en bewus van die huidige oomblik. Dit behels om aandag te skenk aan gedagtes, gevoelens, sensasies, en invloed van die omgewing waarin ons leef. Deur oplettend en aandagtig te leef kan ʼn mens meer beheer hê oor jou emosies, beter kommunikeer, en stres verminder.

“Emotional Intelligence is a way of recognizing, understanding, and choosing how we think, feel, and act. It shapes our interactions with others and our understanding of ourselves. It defines how and what we learn; it allows us to set priorities; it determines the majority of our daily actions. Research suggests it is responsible for as much as 80% of the “success” in our lives.” — Joshua Freedman

Al wat dit vra is ʼn bereidwilligheid om geleenthede te soek en te kultiveer wat emosionele groei bevorder en jou stimuleer om meer en beter om te sien na jou emosionele welsyn.

In other words: stay open-minded and curious about understanding emotions and their impact on yourself and others.

Die Belgiese psigoterapeut, Esther Perel, het in haar navorsing oor menslike verhoudings tot die slotsom gekom dat daar drie basiese redes is vir alle konflik:

  • Respect and Recognition
  • Closeness and Care
  • Power and Control

Wanneer ons voel daar is nie respek en erkenning nie, dan is daar wrewel. As ons voel dat ʼn ander persoon onttrek of gee nie om nie, dan is daar weersin. As ons voel daar is ʼn mate van beheer wat die ander persoon wil toepas deur jou te manipuleer of emosioneel af te knou, dan is konflik die loopgraaf.

Dit geld nie net vir ons intieme verhoudings nie, maar ook ons verhouding met ons familie en vriende, asook die verhoudings binne ons werksmilieu.

Hoe maklik is dit om om hierdie slaggate te kom as ons moeite doen met die ontwikkeling en verdieping van ons Emosionele Intelligensie.

Kom ons gesels Sondag oor ʼn handvol maniere hoe om ons EQ te ontgin en te verbeter wat lei tot ʼn meer betekenisvolle lewe.

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“The essential difference between emotion and reason is that emotion leads to action while reason leads to conclusions.”― Donald Calne 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights