LITURGIE: 22_julie_2018
Vir meer as twee weke reis ons met die tema — THE BUTTERFLY EFFECT -- en het reeds intensies en die tongverken as klein, onbewuste gedeeltes van ons menswees met ʼn enorme invloed om ons lewe te stuur in ʼn positiewe of negatiewe rigting.
Vandag, 100 gelede is Nelson Rolihlahla Mandela gebore in Mvezo, in die Oos Kaap! Daar is geen twyfel dat hy een van die mees merkwaardigste staatsmanne was wat nog ooit geleef het. Sy naam word genoem saam met Lincoln, Gandhi, Churchill en Martin Luther King. Daar is nie ʼn enkele persoon wat hom ontmoet het wat nie sal getuig van sy stille krag, sy liefdevolle oë, sy weerlose glimlag wat integriteit en karakter reflekteer het, maar bowenal sy nederigheid wat ʼn magiese spel oor jou gebring het ... so dan so dat ek gesien het hoe groot, sterk Afrikaner mans bewoë raak in sy teenwoordigheid.
Dit is die man wat gesê het — “I have walked that long road to freedom. I have tried not to falter; I have made missteps along the way. But I have discovered the secret that after climbing a great hill, one only finds that there are many more hills to climb. I have taken a moment here to rest, to steal a view of the glorious vista that surrounds me, to look back on the distance I have come. But I can only rest for a moment, for with freedom come responsibilities, and I dare not linger, for my long walk is not ended.”
Dieselfde man wat onthou sal word vir die woorde, “As I walked out the door toward the gate that would lead to my freedom, I knew if I didn't leave my bitterness and hatred behind, I'd still be in prison.”
Hoe begunstig is ons nie om in sy era te kon leef, hom as president te kon hê, hom in lewende lywe te kon sien, en vir sommige die voorreg om hom te kon ontmoet nie. THE BUTTERFLY EFFECT — is nêrens in ons geskiedenis meer illustrerend en van toepassing as die herder seun uit die destydse Transkei wat saans na die sterre gekyk en gedroom het om eendag sy mense ‘uit die land van slawerny’ te lei nie. Min mense weet dat sy oupagrootjie Ngubengcuka, was die koning van die Thembu volk. Madiba was royalty al sou hy grootword in armoede was die bloudruk reeds daar om eendag ʼn leier van volk te word.
Hy het grootgeword op Qunu waar sy ma, wat ʼn toegewyde Christen was, hom ingeskryf het in ʼn Metodiste skool waar hy die naam ‘Nelson’ ontvang het met sy doop. In sy boek, ‘Long Walk to Freedom’ verwys hy na sy pa en sê, “I’ve inherited my father's ‘proud rebelliousness’ and ‘stubborn sense of fairness.’” Daar is nie ʼn enkele land in die wêreld wat 4 (VIER) Nobel Pryswenners vir Vrede opgelewer het nie ... Nelson Rolihlahla (Madiba) Mandela staan skouer teen skouer met Desmond Tutu en Albert Lutuli.
Maar dit is sy woorde, “What counts in life is not the mere fact that we have lived. It is what difference we have made to the lives of others that will determine the significance of the life we lead,” wat ons bring by die derde sfeer van ons invloed en effek op die lewe waarin ons leef naamlik: ons HANDE ... of in ander woorde, ons DIENSBAARHEID.
Ongelukkig ly almal van ons aan die Moses-sindroom --
BEHALWE, as daar iets in is vir my, as ek niks hoef prys te gee of op te offer nie dan sal ek spring. As dit beteken dat ek ʼn stywe som geld gaan ontvang vir die ‘moeite’ dan moet jy sien hoe wikkel ek my sterre om betrokke te raak en voor te sing. Maar as dit kom met ʼn diens aan hulle wat NIKS kan teruggee nie, NIKS vir jou eer en roem kan beteken nie, dan moet iemand-anders asseblief hul weg oopsien.
Ek wonder waar ons land sou gewees het as dít die redes en verskonings was van Madiba? “Our human compassion binds us the one to the other - not in pity or patronizingly, but as human beings who have learnt how to turn our common suffering into hope for the future.” het Mandela gesê.
Miskien sal dié onderwerp jou afskrik om Sondag by ons aan te sluit, of miskien sal dit jou inspireer om wel te kom luister en saam gesels oor WAT ons kan doen, en HOE ons betrokke kan raak ... of wat sal ons verskoning dié keer wees?
“Julle weet dat dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die groot manne die mag oor hulle misbruik. Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil wees, moet julle dienskneg word; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees. So is dit ook met die Seun van die Mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense [sodat ALMAL vry kan wees].” — Jesus Christus (Matteus 20:25-28)
GROOT ASSEBLIEF versprei die kennisgewing vir 4 Augustus aan al jou vriende en familie:
SPIRITUALITEIT KONFERENSIE 2018: Bespreek so gou as moontlik by Lourita — registrasies.neospektrum@gmail.com of 071.579.45.39 vir ons jaarlikse Spiritualiteit Konferensie saam met Dr Jurie van der Heever (Ewolusie en die Bybel); Dr Piet Naudé (Ewolusie en Besigheidsetiek); en Dr Willie Koen (Ewolusie en die Geneeskunde). Bring vriende en familie saam op 4 Augustus van 9am-1pm by SANLAM HOOFKANTOOR se ouditorium teen slegs R200 pp.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Love is the quality of attention we pay to things”― J.D. McClatchy ―
A COURSE IN MIRACLES
— Kolping: 19 Julie @ 19h30 --
— Stad: 23 Julie @ 19h30 --
[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]