Liturgie: 30_september_2018
September 2018 en ʼn maand se gesprekke oor ʼn sinvolle lewe voor die dood. ʼn Maand se uitsig en insig oor die intellektuele, emosionele en spirituele relevansie van Lente as die seisoen waarin ons méér oop, meer ontvanklik, meer gereed is om geboorte te gee aan ʼn transformasie van gedagtes, gemoed, gebeure, gedrag, en die gevolge van ons aksies en reaksies. Die seisoen van verandering en vernuwing is tog in sy essensie ʼn gety van Herlewing. Op die kalender, kom Lente eenmaal per jaar maar vir hulle wat bewustelik (mindful) lewe is Lente ʼn daaglikse, weeklikse, maandelikse saai en oes van herontdek, herrangskik, herskep, en herinnering waarom ons hier is, wat ons roeping en doel is, en hoe ons ons lewe inkleur met 'betekenis' (meaningfulness).
In ons gesprek oor ‘mindfulness’ het ons na die intellektuele impak van Lente gekyk en gesels oor gemoedsrus (peace of mind) wat ons bekom deur te sleutel van vergiffenis te pas in die deur van dankbaarheid. Ons het gesels oor die gawe om skoonheid te vind in die simplisiteit van ons alledaagse lewe en om met die hart te luister. Die blomme wat Lente plant in ons elke dag se roetine word gevind in vyf beddings: intensies, behoeftes (desires), gedagtes, wil, en ervaring (belewenis). Sonder die bewussyn van wie se Asem in ons asem bly ons soek, klop, en vraonbeantwoord.
Toe het ons gesels oor ‘meaningfulness’ en die emosionele invloed van Lente. Daar is stilgestaan by die waarde van stilte en afsonder; om bewus te word van jou sintuie en weer te hoor as jy luister, te sien as jy kyk, te proe as jy eet of drink; en waarom dit so belangrik is om die interkonneksie en interafhanklikheid tussen alles te koester en te kultiveer. Hierdie twee, (mindfulness & meaningfulness) is die vlerke vir elkeen wat wil uitstyg bo die geroesemoes en gehakketak van elke dag. Dit is die vlerke wat jou laat vlieg met jou drome, ideale, aspirasies, en hoop.
Laas Sondag het ons dié twee vlerke bymekaar gebring in ʼn gesprek oor die spirituele trefkrag van Lente. Vlerke beteken niks as dit nie vere het nie en vere is wat ons nodig het as ons lewensstroom ʼn kronkel, ʼn bog, ʼn draai maak wat ons nie voorsien het nie. Spirituele vere is belangrik as ons by rivierversnellings kom of soos ʼn waterval na benede stort. Die vere van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing is wat gaan help as ons die opdrifsels bymekaar vee na ʼn vloed of as die rivierbedding verdamp tydens ʼn droogte.
Hierdie vlerke en vere moet sigbaar, prakties, en sinvol wees. Ons kan ʼn honderd Bybelversies soos ʼn sosatie opmekaar stapel maar as dit nie deurleef en tasbaar is nie beteken dit niks. Elke oomblik van elke dag, elke situasie en scenario wat hom in jou lewe afspeel, is ʼn geleentheid om te groei. Is ʼn geleentheid om te bot. Is ʼn moontlikheid vir die skoenlapper om uit sy/haar kokon te breek. Elke seisoen bring sy lesse en geleenthede om ʼn beter weergawe van jouself te onthul. Ons spiritualiteit (ervaring en verhouding met God) beteken niks as dit gereserveer is vir ʼn uur op ʼn Sondag of wanneer jy niks anders (beters) het om te doen nie. Jou naelstring met God is ÁL wat daar was voor jou geboorte; daar is tydens jou bestaan op dié knoets grond; en daar sal wees as jy die dag nét vlerke en vere is.
Iemand vra Maandag in ʼn gesprek, “How do you see your calling?” Die onderstroom van die vraag is voorafgegaan oor vrae of Neo-Spektrum in Jesus glo as “the Son of God or just a New Age Prophet” ...? Saggies en sensitief het ek dit geantwoord dat Jesus die roepstem en herinnering is dat elkeen van ons seuns en dogters van God is; dat hy sy lewe gegee het sodat ons nie langer vasgevang hoef te wees in ʼn oorlewingsdrang nie maar Lewe sal hê in oorvloed; dat die inhoud en betekenis van sy woorde vandag nog relevant is en dat die invloed van sy lewe vir my ʼn bron van inspirasie en motivering is. “But ...” (en dis ʼn sagte ‘maar’) “my calling is also to be a blind-spot mirror; to water the seeds of your dreams; to help people escape the prison of limited thinking; to expand your mind(fulness); to introduce a Jesus, not as a supernatural deity but as a brother, a rabbi, a teacher and above all a friend.”
Ons het Jesus so vergoddelik dat ons van God ʼn mens gemaak het. Daarom is Neo-Spektrum ʼn Sentrum van Gedagtes (call it ‘mindfulness’) maar ook ʼn Sentrum van Gevoelens (call it ‘meaningfulness’) en eers as ons dié twee harmoniseer, kan ons ʼn gesprek begin oor Neo-Spektrum as ʼn Sentrum van Spiritualiteit (call it ‘soul-mindedness’) waarin ons die ou Tekste kan lees en herinterpreteer vir die tyd waarin ons leef, maar waar ons ook God se Stem (Heilige Gees) hoor in die boeke van Marcus Borg, John Hick, Dale Allison, Walter Bruggemann, Richard Rohr, en Peter Enns. Maar ook in die woorde van Wayne Dyer, Gary Zukav, Paulo Coehlo, Marianne Williamson, en A Course in Miracles.
Kom ons sluit eerskomende Sondag ons maand se gesprek af oor — DIE LEWE VOOR DIE DOOD -- en trek die verband (coherence) tussen dit alles. Coherence ... is só sterk woord en tog vergete in ʼn wêreld wat als in die stryd werp om die rivier te kry om reguit see toe te vloei. Ons wil nie kronkels en draaie nie. Ons wil nie oorstroming of watervalle en geen klippe vir stroomversnellings hê nie. Alles moet maklik, eenvoudig, simpel, moeiteloos, en verkieslik in een kleur op die rak van ‘Self-Help’ staan.
My slot woorde aan die Maandag man voor ons by die deur groet, “I want to surround myself with people who appreciate the complexity, beauty and even majesty of the winding river of Life.”
Met dit sluit ons dan dié maand en laaste nege maande af, en vir Oktober gee ek Neo-Spektrum in die bekwame hande van Dr Rudi Labuschagne wat op sy unieke wyse vir julle die seile gaan span deur Oktober, “die mooiste mooiste maand” — ♪♫
GEDAGTE VIR DIE WEEK
“The point is that the pleasures of spring
are available to everybody, and cost nothing.”
― George Orwell ―
A COURSE IN MIRACLES
— Kolping: 8 November @ 19h30 --
— Stad: 12 November @ 19h30 --
Lessons 125-130
[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]