Die Lewe is ʼn Reis V

29 April 2018

LITURGIE: 29_april_2018

Daar is ʼn lied van Joan Osborne wat almal seker ken, ‘What If God Was One Of Us’ wat onder andere deur Alanis Morissette en deur Prince gesing word. Die eerste vers vra, “If God had a name what would it be? And would you call it to his face? If you were faced with him in all his glory, what would you ask if you had just one question?” Die laaste maand het ons uit verskillende hoeke op reis gegaan in ʼn nuwe verstaan van God, sonder om te kantel in nóg ʼn definisie, sonder om te verval in ‘jy moet net glo en vertrou en gehoorsaam wees en nie vrae vra of antwoorde soek nie.’ Moedig en dapper genoeg het ons die voetpaadjie begin van LIFE IS A JOURNEY na GOD IS THE JOURNEY en laas Sondag THE JOURNEY INTO CHRIST. Eerskomende Sondag sluit ons die maand af met — A JOURNEY INTO LIFE (pad terug na die hart).

Met die Bybel in die een hand het ons die laaste maand na verskillende interpretasies van God gekyk wat oor ʼn tydperk van 2000 jaar tot en met Jesus ontwikkel het. Ons het gesien dat die verstaan van God uit ʼn ‘tribal religion’ wat eersgebore seuntjies vermoor in die tyd van Moses en opdrag gee vir volksmoord aan Saul en Dawid tot ʼn verstaan van God wat alle nasies insluit in die tyd van Miga, Amos, en Maleagi. Met Jesus was die verstaan van God nog meer radikaal anders met ʼn boodskap wat sê: jy moet jou vyande liefhê! Nóg 2000 jaar later en vandag verstaan ons hoe werk tektoniese plate en aardbewings; klimaatverandering en weerpatrone; hoog- en laagdrukstelsels wat siklone en orkane veroorsaak en dat nie een van dié verskynsels ‘an act of God’ is nie. Ons verstaan ook vandag dat iemand met epilepsie of depressie is nie van die ‘duiwel besete’ nie en mense met HIV word nie buite die stadpoorte verban omrede hulle ‘onrein’ is nie. Ons stenig nie ons ongehoorsame kinders en vier die Sabbat op die 1ste dag van die week. Daar is ʼn legio voorbeelde van ʼn totaal ander uitkyk op die mens, natuur, en heelal waarvan die tegnologiese vooruitgang die laaste 50 jaar ons gependel het tot ʼn bestaanswerklikheid wat so dramaties verskil van die tyd in die Bybel dat ons omtrent met net twee goed nog ooreenstem: geboorte en sterwe.

As ons God net één vraag kan vra, wat sal dit wees? Sal dit ʼn vraag wees oor vorm of oor inhoud, oor betekenis of redes?

Vers 2 van bogenoemde lied vra, “If God had a face what would it look like? And would you want to see if, seeing meant that you would have to believe in things like heaven and in Jesus and the saints, and all the prophets?” Is daar werklik voorwaardes en beperkinge in die Werklikheid van God? God het tog geen godsdiens nie. God is geen man of vrou nie. God het nie witbroodjies of ʼn sekere geloof vir wie God meer lief is as vir ander nie. God is nie bo of langs ons nie maar in ons. God het nie ʼn ego wat gekrenk of teleurgestel kan word of ʼn tantrum gooi as hy nie sy sin kry nie. God se bestaan (beingness) kan nie bedreig of vernietig word nie want God is die alles, en selfs nog meer as die alles. Daarom is daar niks wat God wil hê wat God nie reeds het of is nie.

As God ʼn gesig gehad het, hoe sal dit lyk? In die woorde van Johannes se Evangelie en briewe is dit duidelik dat God se gesig is ‘LIEFDE’ en dat ons die gesig (teenwoordigheid) van God net kan ervaar in ons liefhê ... en waar ons mekaar liefhet, wys ons die ‘gesig’ van God vir die wêreld. (Joh 12:45, Joh 14:9, 1 Joh 4:12) Daar was nie ʼn historiese perfeksie (paradys) en toe ‘val’ die mens daar uit nie. Daar is nie ʼn siel wat gevlek is met ‘erfsonde’ as gevolg van ʼn vrug aan ʼn boom waarvan nie geëet moes word nie en eweneens was Jesus se dood nie ʼn betaal van daardie ‘erfsonde’ sodat ons eendag hemel (paradys) toe kan gaan nie. Wys my waar het Jesus dit geleer of gesê?

In die gelykenis wat Jesus vertel van die koning wat kom om die bokke van die skape te skei, is dit interessant dat die koning nie vra, “is jy ʼn Christen; het jy Jesus aangeneem as verlosser en saligmaker; en het jy jou sonde bely nie ...?” Nee, hy vra of jy die liefde van God gewys het aan die geringste en weerloses want slegs in ons liefde word God sigbaar. Met ander woorde: God is nie geskei/apart van die mens nie. As jy nie God se gesig sien in die wat honger, dors, huisloos, siek, en gevangenes is nie is dit ontmoontlik om God hoegenaamd te sien! God is nie ʼn eksterne wese/persoon nie. God is een met ons ... one of us, Emmanuel ... sonder dat ons God hoef te vermenslik.

In Jesus beweeg ons in ʼn nuwe verstaan van God — verby vrees en beheer. In sy lewe en sterwe het hy deur die grens van menslike behoeftes en verwagtinge gebreek wat gebaseer is op ʼn drang vir oorlewing en sekuriteit. As Jesus die Seun van die Mens versoen met die Seun van God vind daar ʼn ingrypende verandering plaas in die Christus-verhaal: a shift in consciousness when God slips into skin and our humanity gets reborn in our Divinity.

Kom ons sluit Sondag af met ʼn gesprek oor — A JOURNEY INTO LIFE — hoe lyk die pad terug na die hart? Hoe maak ons van teleurstelling ʼn geleentheid om te groei; hoe beweeg ons van verleentheid na geleentheid om die ‘gesig’ van God vir die wêreld te wys? Los jou padkaart by die huis en bring net jou Kompas saam!
ACIM — Stad 19h30: 30 April — en Kolping 19h30: 3 Mei

— Lessons 59-61 --
(the most profound and beautiful three lessons until now)

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“To embark on the journey towards your goals and dreams requires bravery.
To remain on that path requires courage.
The bridge that merges the two is commitment.” 

― Steve Maraboli, ‘Unapologetically You: Reflections on Life and the Human Experience’ ―

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights