Tema-Argief

22/05/2019
22 Mei 2016

SATERDAG bespreek ons die ‘Nuwe Testament’ in ons Geskiedenis van die Bybel werkswinkel en SONDAG eet ons almal saam na die diens by Kolping. Bespreek asseblief voor Vrydagoggend. “What are heavy? Sea-sand and sorrow. What are brief? Today and tomorrow. What are frail? Spring blossoms and youth. What are deep? The ocean and truth.” (Christina Rossetti) Ek sit gister met […]

03/04/2018
3 April 2016

Liturgie: 3_april_2016 “Out beyond ideas of wrongdoing and rightdoing there is a field. I'll meet you there” het Rumi gesê. Êrens tussen wat ons ervaar as goed en sleg, reg en verkeerd, lê daar ʼn veld waar mense mekaar ontmoet. In die wêreld van die krygskunde is daar ʼn beginsel wat genoem word, RULES OF ENGAGEMENT — dit […]

25/12/2016
25 Desember 2016

Liturgie: 25_desember_2016 ... die jaar is verby en Sondag vier ons Kersfees op die laaste Sondag van 2016. Dit voel soos gister toe ons die jaar begin het met Mozart en die herinnering dat ons almal ʼn Amadeus (Beloved of God) is. Ons het die jaar begin met footprint, footsteps, and footpaths en gevra, “Waarheen is jy […]

18/12/2016
18 Desember 2016

Liturgie: 18_desember_2016 Alan Watts was ʼn Britse filosoof en skrywer wat op ʼn unieke wyse dit reggekry het om die Oosterse filosofie verstaanbaar te maak vir ʼn Westerse gehoor. In een van sy mees bekende toesprake sê hy die volgende — “What do you desire? What makes you itch? What sort of a situation would you […]

04/12/2016
4 Desember 2016

Liturgie: 4_desember_2016 Die laaste maand van 2016 — hoe sal ons dié jaar opsom? Of dit halfleeg of halfvol is, het dit soos elke ander jaar gependel tussen ontmoet en groet, tussen hallo en koebaai, tussen vreugde en spanning ... maak nie saak wat die jaar vir jou gegee en beteken het nie, een ding […]

01/12/2016
11 Desember 2016

As ʼn mens die kapel instap is daar ʼn pragtige ‘Afrika’ Madonna-met-kind wat die simbool van Maria en Jesus is. Met Kersfees vier ons die geboorte van Jesus en daarmee saam ons eie ‘wedergeboorte’ — maar wie was die jong meisie met die naam Maria wat die moeder van Jesus sou word? As sy vandag […]

27/11/2016
27 November 2016

Liturgie: 27_november_2016 Soos ʼn plaat wat vashaak, is daar ʼn paar onderwerpe wat hulself oor en oor vir my herhaal ... die belangrikheid van stiltetyd, die dissipline van gebed, die waarde van dankbaarheid, die meriete van vergiffenis, die sin van geloof, die betekenis van hoop, die kwaliteit van liefde. Miskien hakkel ek met dié temas […]

20/11/2016
20 November 2016

Liturgie: 20_november_2016 Verstommend hoeveel in een week kan gebeur wat die onderwerp van elke gesprek in ʼn ander rigting stuur — Trump word president van VSA en Molefe word MD van ʼn shebeen in Saxonworld; die Springbokke verloor (wéér) en die Proteas gee die Kangeroes die loesing van hul lewe; Zuma vra parlement dat hy […]

06/11/2016
6 November 2016

Liturgie: Stel jouself voor — vir die volgende week is die koerantopskrifte: Ons dank God vir elke dokter en verpleegpersoneel wat die laaste week 87 431 mense wêreldwyd die hoop van genesing vir kanker gegee het! Of die nuusberigte wat begin met: Die afgelope maand het 7482 mense wat honger gaan slaap kos gekry deur vrywillige instansies! Stel jou ʼn […]

30/10/2016
30 Oktober 2016

“Rome was not built in a day” lui die spreekwoord ... met die intrapslag by die Piazza del Popolo wat die ou poort in die Noorde van Rome was, besef jy dat hierdie stad, wat bekend staan as ‘The Eternal City’, sy naam te danke het aan ʼn millennia van geslagte. Oral staan daar Egiptiese obeliske […]

13/10/2016
13 November 2016

Liturgie: 13_november_2016 Toe ons kinders was, het ons ouers vir ons klere gekoop wat te groot is en gesê, “Jy sal in dit groei” — die tyd wat dit gevat het om ‘in dit te groei’ was gewoonlik veel langer as die rukkie wat dit wel gepas het soos dit moet omdat kinders net só […]

02/10/2016
2 Oktober 2016

“Every person needs to take one day away.  A day in which one consciously separates the past from the future.  Jobs, family, employers, and friends can exist one day without any one of us, and if our egos permit us to confess, they could exist eternally in our absence.  Each person deserves a day away […]

25/09/2016
25 September 2016

Liturgie: 25_september_2016 Vir ʼn maand reeds gesels ons oor LENTE as die seisoen van TRANSFORMASIE en het ons etlike beginsels bespreek wat hierdie vernuwing/verandering in gedagtes (emosies) en hart (gevoelens) behels en dit op ʼn eenvoudige manier gedoen sodat ons dit prakties ook aan ons kinders en kleinkinders kan oordra. Ons het gekyk na die betekenis van […]

18/09/2016
18 September 2016

Liturgie: 18_september_2016 Kom ons begin vandag met ʼn storie -- “Once upon a time there was a snowflake. Its name was Sara. Sara the Snowflake had a brother named Sam. Sam the Snowflake. Sara and Sam both lived a good life — but they feared for the day that they would die, melting away into the […]

11/09/2016
11 September 2016

Liturgie: 11_september_2016 George Gurdjieff (1866-1949) — mystic, philosopher, spiritual teacher, and composer — na ʼn uitgebreide reis deur Asië skryf hy in een van sy dokumente dat die mensdom in ʼn onsekere fase van ontwikkeling is en dat die “wysheid” van die Ooste en die “energie” van die Weste met mekaar versoen moet word. Hy […]

04/09/2016
4 September 2016

September — die seisoen van transformasie en vernuwing in die verandering van seisoene — die sakrament van Lente waarna Frances Burnett verwys in haar boek ‘The Secret Garden’ as sy vra, “Is the spring coming?” he said. “What is it like?”... “It is the sun shining on the rain and the rain falling on the sunshine...” — […]

28/08/2016
28 Augustus 2016

Liturgie: 28_augustus_2016 Breyten skryf êrens, “Kom ons praat oor dit wat ons nie sê nie en noem dit verswygings” — vir ʼn maand lank gesels ons oor — GESPREKKE MET MYSELF — en het ons al stil gestaan by verskillende aspekte van hierdie interne dialoog. Eerskomende Sondag sluit ons die gesprek af en gaan gesels oor alles wat ons nie sê […]

21/08/2016
21 Augustus 2016

Liturgie: In die maand wat ons gesels oor — CONVERSATIONS WITH MYSELF — gaan ons Sondag gesels oor GESPREKKE OOR GOD. Daar is by my geen twyfel dat almal van ons meer as dikwels besig is met ʼn interne dialoog wat vra: bestaan God, wie is God, waar is God, hoe is God betrokke in my lewe? Vir […]

14/08/2016
14 Augustus 2016

Liturgie: 14_augustus_2016 ​​Laat ons praat oor dit wat ons nie sê nie ... Vroegoggend is daar altyd musiek in my huis. Elke dag moet begin met die mooi, en omdat ek nie ʼn oggend-mens is nie is dit belangrik om die eerste lig vir ʼn rukkie langer te hou tot dit gemaklik asem in alles […]

07/08/2016
7 Augustus 2016

Liturgie: 7_augustus_2016 Stemdag in Suid Afrika. Miljoene mense sal vandag hul demokratiese reg uitoefen deur in ʼn tou te gaan staan en ʼn kruisie te maak agter ʼn naam wat hul voel sal ʼn verskil maak in ons dag-tot-dag lewe. ʼn Voorreg waarvoor bloed gestort is om vir alle mense in dié land hierdie basiese […]

31/07/2016
31 Julie 2016

Liturgie: 31_julie_2016 Ons het dié maand gesels oor LIEFDE IS ‘N WERKWOORD — en verskillende aspekte verken oor wat liefde beteken, hoe dit manifesteer waar ons liefde kies bo vrees. Uit verskillende hoeke het ons mekaar herinner dat God is LIEFDE en daarom gaan ons eerskomende Sondag afsluit met GOD IS ‘N WERKWOORD en spesifiek stilstaan by dié Liefde […]

24/07/2016
24 Julie 2016

Liturgie: 24_julie_2016 Vroegoggend met die eerste winterlig staan ek op die stoep en kyk oor die bewolkte stadsligte. Elke liggie het ʼn mensestorie met ʼn hele verhaal van drome, wense, hoop, liefde, seer, en bang. Kollektief dra ons mekaar se stories, mekaar se verdriet, mekaar se lag en saam dans ons die lewensdans met oorgawe […]

17/07/2016
17 Julie 2016

Niks in die lewe is toeval nie, en die beste is verniet ... Dit leer ek al hoe meer soos die jare sy grys om my ore wys. Nog ʼn lewensjaar blaai in seisoene en soos altyd rondom jarigwording is daar ʼn tyd vir stilte en nabetragting. ʼn Soort van tyd vir dankbaarheid en waardering […]

10/07/2016
10 Julie 2016

Liturgie: 10_julie_2016 MES-aksie het laat weet dat die warm-goed wat hul tot dusver van ons ontvang het, maak meer as 50% van alles uit wat hul sover ontvang het vir hul Winterhoop Projek. BAIE BAIE dankie — ons doen dit nog tot einde Julie, bring gerus Sondae wat iemand ander se winter kan verwarm. Ons maak seker […]

03/07/2016
3 Julie 2016

Liturgie: 3_julie_2016 Soos ek laas Sondag staan en Paulus se bekende woorde lees aan die gemeente in Korinte, voel dit of elke lettergreep skielik betekenis kry. Vir ure daarna maal die woorde steeds deur my kop — “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie […]

26/06/2016
26 Junie 2016

Liturgie: 26_junie_2016 Net van ʼn handvol mense kan gesê word dat hy/sy werklik die geskiedenis van die mensdom verander het. Paulus is een van hulle. Wie was hierdie man wat 14 van die 27 boeke in die Nuwe Testament geskryf het? Wat was sy aspirasies, motivering, en oortuiging? Sy Hebreeuse naam was Sha’ul ha-Tarsi of soos ons […]

19/06/2016
19 Junie 2016

Liturgie: 19_junie_2016 Sedert my studentedae was daar by my ʼn fassinasie met die Evangelie van Johannes wat begin het toe ons ʼn hele aantal hoofstukke van dié boek moes leer as deel van Grieks en later die hele boek behandel het as deel van ons Nuwe Testament studies. Onder andere moes ons deur Rudolf Bultmann […]

12/06/2016
12 Junie 2016

Liturgie: 12_junie_2016 In ons gesprek oor vier karakters in die Bybel gaan ons eerskomende Sondag stilstaan by die lewe van Dawid. Wie was hierdie man en wat is die agtergrond en konteks van sy lewe? Hier is ʼn voorsmakie ... die tyd van Abraham is ± 2000BC; Moses is ± 1500BC en Dawid is ± 1000BC. […]

05/06/2016
5 Junie 2016

Liturgie: 5_junie_2016 Wie peuter met die lang en kort arm van tyd want hier is ons in die sesde maand van die jaar 2016? Ek het gedink met die Beer-poot in verbande sal dit ʼn week wees van tot verhaal kom en die stadiger pas gebruik om op te vang met my leeswerk, maar helaas […]

29/05/2016
29 Mei 2016

... en so mis ek toe laas Sondag die diens, êrens tussen 8 en 9 uur laat weet ek my dierbare pa vanuit die hospitaal dat hy die diens moet lei. ʼn Klein fratsongeluk met ʼn groot eina word ʼn geleentheid vir ʼn stampvol kapel om geseën te word met ʼn boodskap van hoop wat […]

15/05/2016
15 Mei 2016

Liturgie: 15_mei_2016 Ons gesels dié maand oor FROM GRIEF TO RELIEF — ʼn sinvolle verstaan van die ‘wonde’ wat ons dra oor die mense en dinge wat ons al moes groet hetsy aan die dood of aan die lewe. Hoeveel goed is daar wat ons glo ons het al verwerk en agter ons gesit maar kan nie verstaan […]

08/05/2016
8 Mei 2016

Liturgie: 15_mei_2016 Elke einde van die maand is daar ʼn intense “luister” wat die tema sal wees vir die volgende maand. Daar word gelees, fyn geluister na lirieke, notas maak oor iets op TV of YouTube en soms, iets wat iemand sê in ʼn gesprek. So word gedagtes versamel en dan gee dit geboorte aan iets nuut […]

01/05/2016
1 Mei 2016

FREEDOM DAY -- Laat ons nooit vergeet waar ons vandaan kom nie ... wat dit gekos het om ‘vryheid’ in hierdie mooi land van ons te hê. Die vryheid van keuse is ʼn voorreg wat ons al te dikwels vanselfsprekend aanvaar. Die vryheid om te kan woon waar ons wil, om te assosieer met wie ons […]

24/04/2016
24 April 2016

Liturgie: 24_april_2016 April is ʼn vreemde maand — nóg somer, nóg herfs wat geklits is in die voorwinter. Wanneer die seisoene verander, April se Herfs en September se Lente, kan ʼn mens aanvoel hoe mense die klits kwytraak ... verhoudinge skuur teen rotspunte, kommunikasie (of die gebrek daaraan) ruk die seile van ons bote, en goedbedoelde intensies […]

17/04/2016
17 April 2016

Vir baie mense is Herfs ʼn tyd van ontwrigting — interpersoonlike verhoudings verloor hul blare en die dae raak korter om deur die werkslading te kom. Met stremming en teensinnigheid word daar vasgehou aan die mooi herinneringe van die afgelope seisoen terwyl ons vermoeid die wintergoed uitpak asof die mens nie reg is om te […]

10/04/2016
10 April 2016

Hoe mooi is die lig van hierdie Herfsdae ... soggens talm die eerste lig vir bykans ʼn uur voor die son net voor 7 oor die Hottentots-Holland berge skuur en saans lanterfanter die goue skakerings van skemer teen Tafelberg en 12 Apostels voor die son oor die oseaan nagsê. Die jaargety van ougoud en roesrooi […]

27/03/2016
27 Maart 2016

Liturgie: 27_maart_2016 “The moon is a loyal companion. It never leaves. It's always there, watching, steadfast, knowing us in our light and dark moments, changing forever just as we do. Every day it's a different version of itself. Sometimes weak and wan, sometimes strong and full of light. The moon understands what it is to […]

20/03/2016
20 Maart 2016

Liturgie: 20_maart_2016 Die laaste paar dae krabbel ek ʼn paar gedagtes in my dagboek om idees te hengel vir vandag se epos — die uitkoms is nie altyd in ons hande nie, die uitsig is wel; as jy nie weet waarna jy soek nie gaan jy dit nooit vind nie; hoekom sê ons, “dit is moeilik” […]

13/03/2016
13 Maart 2016

Liturgie: 13_maart_2016 In die maand waar ons gesels oor OPPORTUNITIES is daar ʼn paar datums om ʼn sirkel om te trek -- 🌷 Eerskomende Saterdag 12 Maart 09h00-12h30 — Inleiding tot ACIM en tweede helfte gaan ons gesels oor agtergrond en verstaan van die Kabbalah [R150 pp] 👣 Donderdag 17 Maart 10h30 — besoek aan Attie van Wyk Laerskool waarby Neo-Spektrum aktief betrokke is. Skakel Lizanne Joubert lizannejoubert@yahoo.co.uk vir meer info. […]

06/03/2016
6 Maart 2016

​​​Sedert die begin van die jaar is dit opvallend hoe negatief ons sosiale media geraak het. Almal se emosies is op hol asof ons mekaar opsweep met agterdog en verdagmakery ter wille van ons eie vooroordele. Die Engelse het ʼn naam daarvoor — a rabble-rouser! Alles wat moontlik verkeerd kan loop, word onderstreep. In ʼn poging om van […]

28/02/2016
28 Februarie 2016

Liturgie: 28_februarie_2016 Henry David Thoreau — was ʼn Amerikaanse skrywer, digter, filosoof wat geleef het tussen 1817 en 1862. Mense soos Tolstoy, Gandhi en Zerzan was diep beïnvloed deur Thoreau. Sowat 20 jaar gelede het ʼn vriend ʼn boek in my hand gestop en gesê, “Lees dit!” en dit was die dagboek van Thoreau getitel ‘I to Myself’ en daar […]

21/02/2016
21 Februarie 2016

Liturgie: 21_februarie_2016 Vir die laaste paar weke vra ons vir onsself — wat staan geskryf op die padtekens wat jy los; waarheen lei ons voetstappe; hoe sal ons onthou word vir ons voetspore? As ek terugkyk op my lewe in al sy fasette en dimensies en waar ek nou is in my lewe en iemand sou my […]

14/02/2016
14 Februarie 2016

Liturgie: 14_februarie_2016 Waar kom die woorde vandaan wat ons praat? Waarheen gaan dit as dit klaar gesê is? Wat is dit aan woorde dat as jy die een hoor dan lag jy en ander dan frons jy? Woorde wat ʼn negatiewe konnotasie oproep en ander wat ʼn groot vet WOW om jou mondhoeke trek. Elke […]

07/02/2016
7 Februarie 2016

Hoe meer ek dink en lees oor die VOETSPORE van my eie en ander se lewe, hoe meer ek luister na die verhale van mense se VOETPAAIE hoe meer word ek bewus van die komposisies wat elkeen van ons skryf, hoe meer besef ek dat elkeen van ons is ʼn instrument in mekaar se orkes onder die begeleiding van […]

31/01/2016
31 Januarie 2016

Toe ek kind was en ons gery het van een dorp na ʼn ander, was daar sulke klein padtekens langs die pad wat gewoonlik ʼn reghoekige klip was wat wit gekalk (of dalk geverf) was waarop die afstand aangedui was na die volgende dorp. Daardie klein padteken het bekend gestaan as ʼn predikantjie ... nooit sou ek […]

24/01/2016
24 Januarie 2016

Laas Sondag het ons gesels oor Mozart se ‘voetspore’ en die herinnering dat ons almal is ʼn ‘AMADEUS’ (beloved of God) ... lees ek op die oomblik ʼn boek van Ernest Agyemang Yeboah, ‘Distinctive Footprints of Life’ waarin hy verskeie paaie verken om ons te begelei met die vraag — waarheen is jy op pad? Die res van die […]

17/01/2016
17 Januarie 2016

2016 — !! My beste en mooiste wense vir ʼn geseënde jaar. Terug in somer Kaapstad na ʼn kort ‘breek’ met ʼn hernude besef — dit is voorwaar ʼn voorreg om oorsee te kan reis. Om in ʼn klein dorpie in die Alpe te sit, omring met oorweldigende berge en asemrowende natuurskoon, is genoeg om […]

03/01/2016
3 Januarie 2016

Die jaar blaai om ... 2016 is voor die deur! Sjampanje is op die ys en ons is reg om af te tel. Elke nuwe jaar bring ʼn stukkie optimisme en dit maak nie saak hoe die afgelope jaar uitgespeel het nie daar is altyd ʼn stukkie hoop dat die jaar wat voorlê, gaan in […]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights