Tema-Argief

25/12/2015
25 en 27 Desember 2015

Kersfees, het steeds magiese krag ... dwarsoor die Westerse beskawing klop harte liggies-ligter in die Kersfeesseisoen. Toegeeflikheid en welwillendheid loop weer oor as ons persepsies en projeksies plek maak vir strikkies van milddadigheid. In die Kaap is die dae op sy langste en skemer luier vir ʼn uur of twee. Straatkafees skater van mense se […]

20/12/2015
20 Desember 2015

Ons tema vir dié maand is — CELEBRATION — ons het reeds gesels oor die Celebration of Commitment en Celebration of Compassion en eerskomende Sondag gaan ons gesels oor die Celebration of COMMUNION. As daar een ding is wat Neo-Spektrum die laaste jaar keer op keer vir my onderstreep het, is dit ons gebondenheid; elkeen se aandeel aan ons ‘gemeenskap’; die verbintenis wat bestaan tussen mense wat […]

13/12/2015
13 Desember 2015

Desember is in volle swang, met al die binnelanders, op ons ... die bietjie paaie van Kaapstad loop oor en die toue rye by die kasregisters raak al hoe langer. “Ons gaan ‘kook’ dié Desember!” sê die eienaar van ʼn restaurant, “Die karre is dors!” sug die petroljoggie by ʼn vulstasie met ʼn plakkaat wat sê, “Unleaded SOLD OUT” – bid […]

06/12/2015
6 Desember 2015

ie jaar rol die laaste maand in ... die dae is gelaai met somer en oral word daar reggemaak vir die vakansie. Dié jaar het gegee en geneem, herinner en vergeet, verlang en onthou. As ek die jaar kan opsom in een woord is dit “GESEËND!” — inloop, oorloop, oorgenoeg. Oor bietjie meer as 3 […]

29/11/2015
29 November 2015

Waar ek grootgeword het, het ons ʼn telefoonlyn gedeel met ʼn paar mense. Elkeen het ʼn bepaalde luitoon gehad waarvoor jy moes uitluister ... byvoorbeeld, een korte en twee langes was vir die bure en drie kortes en twee langes was vir ons, behalwe natuurlik vir tante Kobie want sy het al die luie beskou […]

22/11/2015
22 November 2015

So baie het gebeur die afgelope week. Op ʼn vreemde manier het die gebeure in Beirut, Bagdad, en Parys ons diep geraak. Die mensdom se wonde, is ons wonde. Die slagoffers van geweld se vrae, is ons vrae — “Waarom word die vuur wat louter, gebruik om te verteer? Waarom word die vlam wat verlig, gebruik om te verbrand?” Refrein […]

15/11/2015
15 November 2015

Die vrae wat ons vra — hieroor gesels ons in November! Elke oomblik van die dag, ʼn duisend vrae. Sommige word in ʼn breukdeel van ʼn sekonde gemaak, “Wat sal ek aantrek? Is daar tyd vir ontbyt?” en ander so langsamerhand, “Sal ek ʼn ander pad vat werk toe ter wille van die verkeer? Sal ek alles gedoen kry […]

08/11/2015
8 November 2015

Ons tema dié maand is: LIVING THE ANSWERS en het laas week afgeskop met CHOICE, CHANGE, and CLARITY en eerskomende Sondag gaan ons die vrae verken wat intellektueel, emosioneel, en spiritueel ʼn verskil kan maak om anders te dink, anders te voel, en anders te reageer op dit wat ons lewe inkleur. Daar is volgens my net één belangrike vraag in die lewe en dit is […]

01/11/2015
1 November 2015

Op die drempel van November en die winkels het, tot my geïrriteerdheid, reeds kersversierings op en al wat nog moet volg is die geoemf-oemf ritme van kersfeesliedjies. Hierdie verregaande vergrype aan Kersfees staan my glad nie aan nie. Die vraag wat ek jaar na jaar vir myself vra, is hoe het dit gebeur dat die […]

25/10/2015
25 Oktober 2015

Ons gesels die maand oor — GOD USES ORDINARY PEOPLE IN EXTRAORDINARY WAYS — die wêreld is geskadu tussen wat gewoon en dit wat besonder/buitgewoon is en dit is ons keuse om te besluit watter een van die twee gaan ons kies. Shankar Vedanta verwoord dit mooi ... “Good people are not those who lack flaws, the brave are not those who […]

18/10/2015
18 Oktober 2015

Kom ons begin net eers met ʼn aankondiging en ʼn advertensie -- Die Spiritualiteit vir Kinders Werkswinkel wat eerskomende Saterdag aangebied sou word, word geskuif na ʼn latere datum omrede Kolping die volgende twee naweke nie beskikbaar is nie. Sodra ons ʼn datum van hulle het, sal daar epos uitgestuur word. Amanda Strydom in konsert: soos almal reeds […]

04/10/2015
4 Oktober 2015

Iets van alles ... Advertensie: Merk asseblief hierdie twee datums in jou dagboek -- 11 November 2015 (11/11 maklik om te onthou!) bring Neo-Spektrum vir AMANDA STRYDOM af Kaap toe vir ʼn heerlike konsert in die Durbanville Hoërskool Ouditorium. Dit is kos R150 pp en die kaartjies sal van eerskomende Sondag te koop wees by die Kapel. Ekself […]

27/09/2015
27 September 2015

Vir die laaste maand het ons gesels oor DIE MISTERIE VAN LEWE en reeds gesels oor -- ·        Die misterie van lewe in die algemeen en my lewe spesifiek. ·        Die misterie van geboorte en dood. ·        Die misterie van God se liefde en genade. En eerskomende Sondag gaan ons ons gesprek afsluit en gesels oor ... ·        Die misterie van […]

20/09/2015
20 September 2015

Baie keer het mense (veral my professore) al gevra, “Hoekom het jy Teologie gaan studeer?” Dikwels het ek gewonder of die Here nie dalk Geologie of Astrologie gesê het en ek net verkeerd gehoor het nie. Die eerlikste antwoord was natuurlik dat dit my nuuskierigheid en weetgierigheid was wat my gedryf het om Teologie te gaan swot. Ek wou weet van […]

13/09/2015
13 September 2015

Daar is heelwat misteries wat my eindeloos fassineer soos o.a. sien blinde mense in hul drome en wat doen kabels snags in ʼn kas want jy bêre dit mooi opgerol en as jy dit weer kry, is daar ʼn knoop in? Om nie te praat van die misterie in woorde nie soos byvoorbeeld, hoekom sink […]

06/09/2015
6 September 2015

Iemand het eenmaal gesê, as die maande wat met –ber eindig eers begin, is die jaar verby! Dit is September — die Seisoen van Hoop waar die aarde geboorte gee aan nuwe lewe in elke bloeisel wat die geloof en vertroue koester om die beste en mooiste van die aarde vir ons te oes. Ons sou kon […]

30/08/2015
30 Augustus 2015

Ons het grootgeword met Gesang 6 — “Heilig, heilig, heilig, Heer, God almagtig, groot is U troon, U is steeds met lof omring!” — om een of ander rede was die woorde net nooit sigbaar op die gemeente se gesigte nie ... met so teem stem stram almal deur die hoë note en as ons klaar is, […]

23/08/2015
23 Augustus 2015

Dit is moeilik om te glo dat ons 4 maande weg is van Kersfees ... mens wil vir jouself vra, “Hoe het dit gebeur, waar is die jaar heen?” Ons het ʼn goeie begrip oor die relatiwiteit van tyd maar goeie genugtig, kan dit net so klein bietjie stadiger as ons sing “hamba kahle” want met ʼn knipoog, een […]

16/08/2015
16 Augustus 2015

Ons is steeds besig met ons tema oor — ‘ONS SKEP ONS EIE REALITEIT’ — twee Sondae gelede sou ons verder gesels het oor die invloed van ons emosies op dit wat ons ervaar as realiteit maar ʼn pes van ʼn virus het ʼn ander ‘realiteit’ geskep ... eerskomende Sondag gaan ons egter die gesprek voortsit. Die […]

09/08/2015
9 Augustus 2015

Goeiemore -- Die vorige keer wat ek ʼn Sondagdiens gemis het omrede ek ‘siek’ is, was 19 September 2010 – twee dae na ʼn hartaanval en ʼn omlyningsoperasie die Saterdag. Dis net nie in my aard om in die bed te bly en verantwoordelikhede te mis omrede mens siek voel nie ... miskien het dit […]

02/08/2015
2 Augustus 2015

Soos ek sit en skryf, sak die sagte reën uit oor die stad as nog ʼn kouefront oor die Kaap skuif ... ons trek ʼn mus oor ons ore en knoop ʼn serp om die nek. Miskien is dit ʼn vreemde anomalie vir die meeste mense maar dié Beer hou van winter, altemit dalk getoor […]

26/07/2015
26 Julie 2015

Woensdae doen die asbliklorrie vroeg sy rondtes. Elke Woensdag word daar ʼn stukkie van my lewe weggegooi. Meestal plastiek (tot my skaamte) want dis waarin die meeste kossoorte en sap kom; baie papier, meestal gemorspos en spoedkaartjies (LOL); kos wat way-way-way-verby hul vervaldatum is want die ander gee ek vir my huishulp of die mans […]

19/07/2015
19 Julie 2015

Vandag is ʼn spesiale dag op my kalender ... nie net vir die deurleefde dankbaarheid om in die wonder van LEWE gebore te word nie, maar die agting en waardering vir twee ouers se liefde en ondersteuning vir meer as ʼn halwe eeu later. Vir iemand wat gebore is met nostalgie, trouens ek was 10 […]

12/07/2015
12 Julie 2015

Goeiemore — haal diep asem voor jy vandag se epos begin lees ... miskien is dit met die eerste lees so bietjie oorweldigend; miskien ʼn sin of twee te lank; dalk ietwat meer filosofies as prakties verteerbaar. Tóg is dit belangrik om dit te assimileer want die inhoud en betekenis kan moontlik jou hele lewe […]

05/07/2015
5 Julie 2015

Met die oog op ons Spiritualiteit Konferensie gaan ons in Julie gesels oor die tema — YOU CREATE YOUR OWN REALITY — wat is die rol van ons Spiritualiteit in die skep van ons realiteit en hoe gee dit tasbare inhoud en betekenis in ons verwesenliking? ‘A Course in Miracles’ leer ʼn belangrike beginsel deur te sê, ons […]

28/06/2015
28 Junie 2015

Wat ʼn wonderlike reis was dit sover die laaste maand in ons gesprekke oor ʼn BELYDENIS VAN GELOOF. Ons het reeds gesels oor — Belydenis is ʼn Verklaring; Belydenis is ʼn Getuienis; Belydenis is ʼn Oortuiging; en eerskomende Sondag sluit ons af en gaan gesels oor Belydenis is ʼn Bereidwilligheid. Vir te lank was ons opgesluit in die denkpatroon dat […]

21/06/2015
21 Junie 2015

Wanneer dit so koud en nat is en die Kaapse stormweer kletter teen my ruite, gaan my hart uit na ons mense op die Kaapse vlakte ... na elkeen wat vandag en elke aand in ʼn sinkdak huis probeer om hitte te skep met ʼn vuur en die min wat hulle het probeer beskerm teen […]

14/06/2015
14 Junie 2015

Ons gesels hierdie maand oor die betekenis en inhoud van ʼn BELYDENIS! ʼn Belydenis is ʼn openlike verklaring van geloof, ʼn verklaring van oortuiging. In Engels is daar twee woorde vir ‘geloof’ naamlik FAITH – loyalty and trust in God, sincerity of intentions, strong conviction ... en dan is daar die woord BELIEF – conviction and acceptance of the truth. Vir my is GELOOF nie […]

07/06/2015
7 Junie 2015

ʼn Nuwe maand met ʼn nuwe tema vir die maand ... ons gaan Junie gesels oor ʼn BELYDENIS (CREDO) VAN GELOOF! ʼn Belydenis (credo) is ʼn verklaring oor WAT jy glo en HOE jy dit uitleef. Dogma daarteenoor, “is a principle or set of principles laid down by an authority as incontrovertibly true. It serves as part of […]

31/05/2015
31 Mei 2015

Ons gesels hierdie maand oor WYSHEID — en het reeds gekyk na VERTROUE, INTEGRITEIT, KOMMUNIKASIE, ERVARING, en eerskomende Sondag gaan ons afsluit met SPIRITUALITEIT. Daar is by my géén twyfel dat die verband tussen spiritualiteit en wysheid is van onskatbare waarde, om die waarheid te sê, weet ek nie of enige vorm van wysheid moontlik is sonder Spirituele Intelligensie (SQ) nie. Dadi Janki […]

24/05/2015
24 Mei 2015

Ons gesels hierdie maand oor WYSHEID — en het reeds gekyk na VERTROUE, INTEGRITEIT, KOMMUNIKASIE. Eerskomende Sondag gaan ons stilstaan by ONDERVINDING (experience). Ons het gesien dat wysheid gebore word uit kennis, verstaan, ervaring, en toepassing ... om ʼn bepaalde kennis oor iets te hê, beteken nie dat ons dit verstaan nie. Om iets te verstaan beteken nie dat ons die ervaring daarvan het nie en om […]

17/05/2015
17 Mei 2015

Ons leef in ʼn era van information overload ... waar die mens probeer sin maak van homself en die wêreld waarin ons leef ten midde van al die noise levels. Daar word gesê dat binne die volgende 25 jaar sal rekenaars teen dieselfde spoed as ʼn mens se brein kan werk, ons sal organe uit ons eie DNA kan groei […]

10/05/2015
10 Mei 2015

Soos al dikwels gesê, is daar net één belangrike vraag in die lewe — WIE IS EK? In die antwoord op hierdie vraag lê die bedding van ons integriteit want integriteit vra of ons getrou is aan onself en integriteit beskerm hierdie (heilige) bedding. In die (h)erken en ken(nis) van hierdie bedding lê die vrugbare […]

03/05/2015
3 Mei 2015

Tussen al die vakansiedae weet ek nie meer of dit Woensdag, Dingaansdag, My Fair Lady, of Guy Fox is nie. Die weke, dae, ure gaan so vinnig verby dat ʼn mens wil uitroep, “Is dit Mei of My maand?” Ons is so uit voeling met onsself dat die verandering in seisoene meestal gepaardgaan met spanning en twyfel. […]

26/04/2015
26 April 2015

To say that we are living in changing times is to make the understatement of the day! Nêrens is dit meer sigbaar as in die Informasie Era waarin ons leef nie, trouens as die lugvaartkunde teen dieselfde spoed moes verander as Informasie Tegnologie sou ons Londen toe vlieg in 30 sekondes en die vlug sou 5c gekos het. […]

19/04/2015
19 April 2015

“Geloof, hoop, en liefde ...” — Ons tema vir April gaan oor die BRUG tussen geloof en liefde, naamlik ... HOOP! Laas Sondag was daar so eerlike deel van hoop in ons Sirkel. Mense wat vrymoedig hul hoop, maar ook vertwyfeling deel en in die deel daarvan, self hoop skep. Daar is beslis ʼn behoefte om te gesels oor tasbare hoop wat prakties en […]

12/04/2015
12 April 2015

Paasnaweek is verby en die deur is geopen na ʼn nuwe betekenis van Pase. Vir my persoonlik is die blywende boodskap van hierdie jaar se Paasfees: Easter spells out beauty, the rare beauty of NEW LIFE! This New Life gives my life meaning and direction, and the opportunity to start over no matter what my circumstances. Ons […]

05/04/2015
5 April 2015

Eerskomende naweek is Paasfees. Meer invloedryk, met ʼn dieper betekenis, gevul met ʼn ontsag, aanbidding, eerbied, en gelaai met ʼn diepliggende verandering wat in my beskeie mening veel groter is as Kersfees. Tog is dit vir die meeste mense net nog ʼn langnaweek ... Christene ken die verhaal reeds van kleinsaf maar die invloed het […]

29/03/2015
29 Maart 2015

Terwyl ek sit en skryf, sing Neil Diamond in die agtergrond, “The Story of my Life” en die lirieke lui ʼn tere herinnering in my hart. Elke week gee geboorte aan sowat 1000-1500 woorde vir ons weeklikse epos. Soms (nét soms) vloei dit effortless maar die meeste van die tyd is dit diep delf vir inspirasie wat vra om […]

22/03/2015
22 Maart 2015

Om ʼn week siek te wees en in die bed te spandeer, was nou nie eintlik my plan vir my eerste ‘af’-naweek in ses maande nie. Gelukkig was daar ʼn stukkie hemel op Postberg met sy asemrowende natuurskoon en blou seewater wat die siel se dors les en brood vir die gedagtes is, omring deur […]

15/03/2015
15 Maart 2015

Nes mens dink jy ken iemand en weet wat maak hul ‘tiek’, dan ‘tok’ hulle. Een ding is verseker, alles om ons verander die hele tyd! Nie twee dae is dieselfde nie, jy is nie eers dieselfde persoon as gister, laas maand, ʼn jaar gelede nie. Net een nies en ʼn proes en die golf […]

08/03/2015
8 Maart 2015

Apple Inc. het die volgende leuse: “Here's to the crazy ones. The misfits. The rebels. The troublemakers. The round pegs in the square holes. The ones who see things differently. They're not fond of rules. And they have no respect for the status quo. You can quote them, disagree with them, glorify or vilify them. About […]

01/03/2015
1 Maart 2015

Ons MovieClub het gisteraand ons eerste film saam gaan kyk. Doen jouself ʼn guns en gaan kyk BIRDMAN ... en sien hoekom dit die Oscar gewen het vir beste film, beste regisseur, draaiboek, en kinematografie ... die byna onmoontlike lang kamera-skote wat jou vat in die doolhof van ʼn  teater (die lewe). Dit is gelaai met soveel lae dat eers as die […]

22/02/2015
22 Februarie 2015

Dit is altyd lekker om nuwe musiek te vind en die laaste maand is ʼn skatkis van nuwe name ontdek. Soos ek gister in die motor ry en na musiek en lirieke luister, besef ek opnuut — every song is prayer, and every prayer is a song! Daar is sewe note in een oktaaf [agt as jy […]

15/02/2015
15 Februarie 2015

Die laaste paar Sondae is die kapel elke Sondag propvol wat natuurlik my hart baie bly maak ... maar dit is ook ʼn indikasie dat die VRAE EN ANTWOORDE OOR GOD wat ons dié maand behandel, ook vrae is vir baie mense wat graag die skuif wil maak van vertwyfeling na verstaan. Ons soek na sinvolle antwoorde sodat ons tot […]

08/02/2015
8 Februarie 2015

Ons gesels Februarie oor: VRAE EN ANTWOORDE OOR GOD — daar is baie vrae wat ons as (moderne) mens het oor die bestaan en betekenis van God. Neale Donald Walsch gee ʼn pragtige beskrywing van God wat sterk met my hart resoneer — “God is an Essential Essence that permeates everything, the Prime Source of unlimited intelligence and […]

01/02/2015
1 Februarie 2015

So met die nuwe maand gaan ons Februarie toewy aan Q&A -- die maand se tema is: VRAE EN ANTWOORDE OOR GOD — soos Friedrich Nietzsche gesê het, “He who has a WHY to live for can bear almost any HOW.” Dit gaan nie soseer oor die regte antwoorde nie maar om vir eens die moed te hê om eerlike vrae te vra want ons is […]

25/01/2015
25 Januarie 2015

Mens kan dit byna nie glo dat die eerste maand van 2015 trek reeds water nie ... ons gesels hierdie maand oor NUWEJAARSVOORNEMENS en het reeds gesels oor OPTIMISME en toe COMMITMENT en laas week oor DAPPERHEID. Ons sluit die maand se tema af en gaan Sondag praat oor ONTVANKLIKHEID (openness, sensibility, receptivity). Die eerste keer in my lewe wat ek sneeu gesien het, was […]

18/01/2015
18 Januarie 2015

Die meeste mense is terug van hul somervakansie en ons pak die nuwe jaar aan met ʼn opregte intensie om dié jaar die beste jaar ooit te maak! Ons gesels hierdie maand oor ons NUWEJAARSVOORNEMENS en het afgeskop met OPTIMISME en toe gesels oor COMMITMENT en eerskomende Sondag gaan ons praat oor DAPPERHEID (TO BE COURAGEOUS). Wat sê ons as ons praat oor moed (courage), dapper (brave), durf (guts) ...?  Wat se […]

11/01/2015
11 Januarie 2015

Ons skoppelmaai, trippetrappetone, tiekiedraai die nuwe jaar in ... stadig maar seker kom ons in die ritme van die nuwe jaar met ʼn opregte voorneme om dié jaar ʼn ander ritme te hê of ten minste nie te wals as ʼn tango speel nie. Ons gesels juis hierdie maand oor NUWEJAARSVOORNEMENS en het laas week afgeskop met OPTIMISME en […]

04/01/2015
4 Januarie 2015

... en so blaai die jaar om na 2015. Mag dit ʼn mooi en geseënde jaar wees en mag ons wense, drome, en goeie intensies realiseer in ons verantwoordelikheid om die ‘happiness’ te wees/word in “HAPPY New Year!” Ons tema vir dié maand is NUWEJAARSVOORNEMENS en ons skop die jaar af deur te gesels oor die waarde/deug van OPTIMISME (being optimistic). Optimisme staan […]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights