Hierdie week se liturgie: 16 Februarie 2020
God, give me grace to accept with serenity
the things that cannot be changed,
Courage to change the things
which should be changed,
and the Wisdom to distinguish
the one from the other.
— Reinhold Niebuhr —
Serenity, wat beteken dié woord vir jou ...? Stillness, peacefulness, tranquillity, calmness, quietness, harmony ...? Wat elkeen van ons se gevoel, gemoed, en geloof met hartsverlange vra, is die geestestoestand van kalmte, rustigheid, stilte, (te)vrede, en harmonie. Die paradoks van ‘serenity’ is die feit dat dit net ervaar kan word as ons ophou vasklou aan ons verknogtheid, afhanklikheid, persepsies, in-beheer-wees, en weerstand.
Die twee begrippe — serenity and surrender, gaan hand aan hand. Ons wil serenity hê, maar wil nie ‘surrender’ nie, want dit voel soos opgee en verloor. Ons hou krampagtig vas aan goed wat ons voor ons heilige siel weet, is sleg vir ons kop, hart, lyf en siel alvorens ons dit sal laat los (let go) ...
Elizabeth Gilbert skryf in ‘Eat, Pray, Love’ — “Destiny, I feel, is also a relationship — a play between Divine grace and wilful self-effort.” Wat Niebuhr se gebed vra, is die gawe van onderskeiding (the gift of ‘discernment’).
Is dit enigsins moontlik om in vandag se tyd nog die gawe van ʼn onderskeidingsvermoë te hê tussen goed en sleg, reg en verkeerd, sin en onsin, waarheid en leuen ...? In die Supermark is daar 30 verskillende soorte sjampoe en 20 verskillende lemmetjies om mee te skeer. Op Facebook is ʼn 100 aanhalings per dag wat begin met, “A recent study has shown ... blah blah fish-paste!” Terwyl Donald Trump op sy Twitter sê, “Record low temperatures in Canada. Where is the Global Warming Hoax now?”
Die “wilful self-effort” waarvan Gilbert praat, is om die gawe van onderskeid te koester en te kultiveer en volgens my, en ek mag myself vergis, is dit ʼn spirituele reis tussen serenity and surrender through the gift of discernment. Die wysheid van bogenoemde gebed is om die waarheid soos dit geopenbaar word aan elkeen van ons met spirituele ywer en entoesiasme te verken en te ontgin — serenity, surrender, discernment, wisdom, and truth ... onmiskenbaar die vyf pilare van ʼn sinvolle gebedslewe!
Dit bring ons by die vraag: waarom is dit só moeilik om met, in, en deur gebed die emosionele, intellektuele, en spirituele insig te verkry sodat ons sinvol kan omgaan met ons werk, familie, vriende, myself, en bowenal met God? Wat bid ons voor, wat sê ons as ons bid, wat glo ons van gebed?
Hier wil ek ʼn gewaagde antwoord voorstel — ons 'verslawings' is die plafon van wat ons voel is onbeantwoorde gebede ... die plafon is ons afhanklikheid van goed wat so vlietend soos die wind, so verbygaande as ʼn waterstroom, en so verdampend as die wolke is. As ons die woord ‘verslawing’ hoor, dan dink ons aan alkohol en drugs, want dit oorheers die gesprek van ons eie verhale of iemand naby ons. Maak geen twyfel nie, alkohol- en dwelmverslawing is ʼn selfvernietigende afhanklikheid waar ons vasgevang is in die onvermoë om dit te stop selfs al veroorsaak dit ernstige fisiese en psigologiese skade.
Maar wat daarvan as ons ‘alkohol’ vervang met ons verslawing aan dink en doen — is die onvermoë om te stop om alles te oordink en so damn besig is uit vrees dat jy iets gaan mis nie ook 'verslawing' nie? Ons gejaag en busy...busy maak dat daar NOOIT tyd of spasie is vir stilte, kalmte, harmonie, of rustigheid nie. Wat daarvan as jou verslawing die obsessie is waarmee ons onsself elke dag vermaak, byvoorbeeld: ons verslawing aan gym, wat om te eet, hoeveel kilometer getrap of gedraf is, nóg ʼn gesondheidsartikel, nóg ʼn oefenprogram? Net soos daar NIKS verkeerd is met ʼn glasie wyn of twee nie is daar absoluut niks verkeerd met gesond leef nie, maar wanneer raak dit ʼn ongesonde afhanklikheid en obsessiewe gedrag?
Het jy al ooit daaraan gedink dat vir sommige hulle godsdienstigheid is, hul god-besetenheid, die kokaïne van ontsnap uit ʼn veeleisende wêreld en ʼn lewe wat ondraaglik swaar geword het om te dra?
Wat is die verskil tussen dwelmverslawing en werkverslawing waar 14 tot 16 uur per dag ingedruk word ten koste van jouself, jou gesin, of ʼn gesonde balans tussen brein en siel? Wie is eerlik genoeg om die ‘alkoholisme’ te sien in ʼn verslawing aan sport, sosiale media, seks, TV, of gewoon net ‘the addiction of a monthly salary’ in order to spend what we don’t have on things we don’t need?
[Lees weer Reinhold Niebuhr se gebed waarmee ons begin het!]
In ons gesprek oor — DIE KRAG VAN GEBED — kom ons bespreek Sondag die selfgemaakte 'plafon' waarteen ons gebede vasslaan; kom ons praat oor die dryfsand van gebede wat ons leeg en magteloos agterlaat met die gevoel dat God is weg, God gee nie om nie, God antwoord nie ons gebede nie.
Vertel my hoe gaan dit met jou gebedslewe, en ek sal jou vertel hoe gaan dit met jou geestelike lewe. Kom ons praat oor ons obsessies, afhanklikheid, verslawing, en misbruik ... kom ons antwoord dit met die hulp van — THE 12 STEPS PROGRAM OF ALCOHOLICS ANONYMOUS:
1. We admitted we were powerless over alcohol (addictions, obsessions, dependencies) — that our lives had become unmanageable.
2. Came to believe that a power greater than ourselves could restore us to sanity.
3. Made a decision to turn our will and our lives over to the care of God as we understood Him.
4. Made a searching and fearless moral inventory of ourselves.
5. Admitted to God, to ourselves, and to another human being the exact nature of our wrongs.
6. Were entirely ready to have God remove all these defects of character.
7. Humbly asked Him to remove our shortcomings.
8. Made a list of all persons we had harmed and became willing to make amends to them all.
9. Made direct amends to such people wherever possible, except when to do so would injure them or others.
10. Continued to take personal inventory, and when we were wrong, promptly admitted it.
11. Sought through prayer and meditation to improve our conscious contact with God as we understood Him, praying only for knowledge of His will for us and the power to carry that out.
12. Having had a spiritual awakening as the result of these steps, we tried to carry this message to alcoholics (the needy, abuser, enslaved, imprisoned) and to practice these principles in all our affairs.
The opposite of addiction, is connection! — en die diepste, grootste, invloedrykste, magtigste vorm van ‘konneksie’ is GEBED. Kom ons laat hierdie ‘12 STAPPE’ ons vat na ʼn plek van oorgawe (surrender), want daar, nét daar, sal ons ervaar wat is die inhoud, krag, en betekenis van gebed — naamlik: ʼn gefokusde intensie met die doel om ʼn Goddelike perspektief te ontwikkel in elke aksie en reaksie sodat ons lewe sinvol gelei kan word na rehabilitasie en restourasie.
Sien jou Sondag!
Met liefde en harmonie vir jou week. Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Soos altyd
NASKRIF: Lees vir oulaas weer Reinhold Niebuhr se gebed bo aan die webblad!
.
.
Ons lees hierdie jaar die wonderlike boek
'Rising Strong' van Brené Brown
Stad: Maandag 24 Februarie @ 19h30
Kolping: Donderdag 13 Februarie @ 19h30