Abide in Me: Teenwoordigheid van God

Sondagdiens

24 Februarie 2019

Awareness

Ons tema vir die maand is — ABIDE IN ME — en het die maand se gesprek afgeskop met die eerste vraag wat aan Jesus gevra word in die Johannes Evangelie naamlik, “Where do you abide?” Dit is nie ʼn vraag oor ‘location’ (plek) nie maar oor ‘vocation’ (roeping) ... dit is ʼn vraag wat gaan oor ons: ‘Beingness and Belonging in order to Become’ en vorm die kern van ons Christelike Spiritualiteit.

Dit gaan hier oor die TEENWOORDIGHEID VAN GOD en spesifiek oor die afsluitingswoorde wat elke week op ons liturgie verskyn: Become the Awareness of the Presence of God.

Nie twee mense ervaar die ‘teenwoordigheid van God’ op dieselfde manier nie. Vir sommige is dit Sondae vir ʼn uur in ʼn plek van aanbidding; vir ander is dit in hul stiltetyd; party ervaar dit in die liefde tussen bemindes of waar ons omgaan met hulle wat ons na aan die hart lê; en vir sommiges is dit ʼn stap in die berge of langs die see. Al wat dit beteken is dat die teenwoordigheid van God is oral en altyd in almal. Ons beleef dit verskillend maar die Goddelike Teenwoordigheid kan ervaar woord in en deur enige iemand ongeag, nieteenstaande, desondanks ons verskillende kulture, tradisies, of geloofsbeskouings.

Dit is daarom ʼn denkfout dat ons dink enige iets of iemand val buite die teenwoordigheid van God— selfs al tree ons op asof dit kan en selfs al draai ons ons rug daarop. Die dag wanneer ons DÍT besef, verander ons ganse perspektief oor wie ons is, waartoe ons geroep is, en elke interaksies met mense om ons. Elke verhouding waarin ons staan — met onsself, met ons ewemens, die natuur, struktuur, kultuur en verhouding met God kry ʼn nuwe konteks. Dit waarna Johannes 14:17 verwys as dit sê, “Dit is die Gees van die Waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie want dit sien Hom en ken Hom nie, maar julle ken Hom want Hy woon (abide) in julle en sal by julle wees.”

Verder word daar gesê, “Want die een wat sê dat hy bly (abide) in Hom moet ook wandel in dieselfde manier as wat Hy gewandel het.” (1 Joh 2:6) Hoe meer ons in Christus bly (abide/vocation) hoe meer word ons geïnspireer en getransformeer in sy gelykenis.

ʼn Epos na aanleiding van laas Sondag se gesprek vra, “Wat van sonde? Beteken dit ons sonde maak nie saak vir God nie? Hoe kan ons in God en God in ons bly as ons sondig?” Waarop ek toe die briefskrywer wys op die woorde van Job 35:5-8

“Kyk op, kyk na die hemel,
kyk na die wolke hoog bokant jou:
as jy sondig, wat doen dit aan God,
as jy baie keer oortree, hoe raak dit Hom,
as jy sonder sonde is, wat baat dit Hom,
wat kry Hy van jou?
Jou sonde raak jou medemens
en jou onskuld raak jou medemens.”

Wat is ‘SONDE’ — die Hebreeuse woord word uitgespreek as ‘gataa’ en die Grieks is ‘hamartia’en beide beteken om ‘die merk te mis’ of ‘afdwaal (to go astray)’ ... dit is duidelik dat ‘sonde’ nie iets is wat ons IS nie maar iets wat ons doen. Ons doen sekere goed wat maak dat ons die pad byster raak, ons doel mis, verdwaal raak en nie uitkom waar ons moet wees nie. Eintlik kan ons sê — sonde maak dat ek nie is wat ek veronderstel is om te wees nie. Sonde maak dat ons vergeet dat God ons noem, “my geliefde” (my beloved); ons vergeet dat ons geskape is na die beeld en gelykenis van God; sonde maak dat ons vergeet ons bly (abide) in God en God in ons.

Daarom staan die inhoud en betekenis van Jesus as ʼn ligtoring vir ons as Christene sodat ons sal onthou wie ons is. “Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie.” (1 Joh 3:6) en “Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly (abide); en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is.” (1 Joh 3:9)

Dit is nét so belangrik om ons ‘onskuld’ te bely as ons ‘sonde’ want beide raak ons medemens. Dit raak ons interpersoonlike verhoudings want as ons nie ons naaste lief het soos onsself nie hoe sal ons God liefhê met ons hele hart, ons hele siel, en ons hele verstand? Wanneer ons onthou hoe God na ons kyk, wat God in ons sien, dat ons as beeld van God die ligstrale is wat die donkerte verlig dan word die wêreld heel. Wanneer die teenwoordigheid van God sigbaar word in elke asemteug en in elke aksie en reaksie van ons dag en nag se ritme dan help ons hulle wat ‘afdwaal en verdwaal’ om weer tuis te kom.

Die vraag wat ons Sondag gaan antwoord is: HOW do we become the awareness of the presence of God?

  1. Besluit om ʼn lewe met en van dankbaarheid te leef
  2. Kies ʼn lewe wat ʼn bydrae maak en waarde toevoeg
  3. Leer om die Teenwoordigheid te ervaar in die hede
  4. Vier Seisoene: Remind, Remember, Repent, Return

“WHERE DO YOU ABIDE ...?” — kom sluit eerskomende Sondag ons maand se tema saam met ons af.

Tot dan word jy ʼn geseënde week toegewens.
Soos altyd

GEDAGTE VIR DIE WEEK
"Find the meaning of life in me.
Find your value and confidence in me.
Find your purpose and direction in me.
Find the source for all spiritual achievement in me.
Find the strength to live each moment in me.
Find the wisdom to navigate the many turns of life in me.
Find forgiveness for all your sins in me.
Find the satisfaction of boundless joy in me.
Find the most satisfying life for all eternity in me."  

― Eric Ludy, ‘When God Writes Your Life Story’ ―

A COURSE IN MIRACLES
STAD: 25 Februarie 2019 @ 19h30
KOLPING: 21 Februarie 2019 @ 19h30

Ons lees hierdie jaar Rob Bell se boek:
"What We Talk About When We Talk About God"
[bring steeds jou ACIM boek saam]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights