Hierdie week se liturgie: 22_junie_2014
Dankie vir die wonderlike reaksie laas Sondag met al die warmgoed wat vir ons WOW-projek gebring is. Onthou jy kan dit nog die volgende twee Sondae ook doen. Ons sal dit plekke besorg waar daar ʼn behoefte is.Ons tema vir dié maand is — DIVINE APPOINTMENTS — en eerskomende Sondag gaan ons gesels oor ADVERSITY … die plekke en tye in ons lewe waar dit voel ons is in ʼn doodloopstraat of so hopeloos verdwaal dat ons nie herwaarts of derwaarts weet nie.
Die Switsers-Amerikaanse dokter en psigiater Elisabeth Kübler-Ross het intense navorsing gedoen en aangrypende boeke gepubliseer oor die onderwerp van ‘doodsbegeleiding’ en ‘verlies’ en sy skryf op ʼn plek, “The most beautiful people we have known are those who have known defeat, known suffering, known struggle, known loss, and have found their way out of the depths. These persons have an appreciation, a sensitivity, and an understanding of life that fills them with compassion, gentleness, and a deep loving concern. Beautiful people do not just happen.”
Dit is nou maar eenmaal mens om in tye van ʼn krisis en teenspoed te vra, “Waar is God?” Selfs mense wat diep gelowig is, roep dan uit, “Waarom laat God dít toe?” asof God een of ander marionette spel speel en dan kom die sentimentele retoriek dat God dit ‘toelaat’ om ons geloof te toets, óf nog erger, nie iets op ons skouers sal ‘laai’ wat ons nie kan dra nie. Wat ʼn loutere onsin! God is met ander woorde die oorsaak, én gevolg, van ons ontbering en beproewing ...
Dink daaraan, die woord ADVERSITY en ADVERT kom van dieselfde stam — to turn the mind or attention! Goed gebeur in ons lewe en die vraag is nie “WAAROM?” nie maar “DAAROM!” Soos al dikwels gesê, gaan dit nie oor wat gebeur nie maar hoe ons daarop reageer. In die keuses wat ons maak, lê die vermoë om die DIVINE APPOINTMENTS/OPPORTUNITIES te sien en word die ontbering van ʼn bepaalde situasie ons grootste leermeester om in sulke oomblikke vas te hou aan ons geloof, hoop, en liefde wat ons dra én verdra. Dan lui die woorde van Haruki Murakami in die kamers van ons hart — “And once the storm is over, you won’t remember how you made it through, how you managed to survive. You won’t even be sure, whether the storm is really over. But one thing is certain. When you come out of the storm, you won’t be the same person who walked in. That’s what this storm’s all about.”
Soms moet goed eers sleg gaan voor dit goed gaan. Die vraag is of ons dit kan uit-tyd ... kan ons sit met ons oomblikke van vertwyfeling en seer of gee ons op en roep na die hemele, “God gee nie om nie!” Kan ons die aanklag van die ego verdra wat skree met verwyt en spyt? Maak geen fout nie, dis nie maklik om tye van rou, hartseer, onsekerheid, en spanning die spirituele volwassenheid te behou om in dae van sonsverduistering en donker nagte met skerp rotspunte die perspektief te behou dat die reën nodig is vir ons beddings om te blom nie. In die dae en nagte van verlang en bang, selfverwyt en spyt, bly ons getrou aan onsself ... ons slinger nie “WAT?” na God nie maar vra “HOE?” — want die oomblik as ons vra “HOE?” kom die antwoorde in ʼn duisend stemme, op ʼn duisend plekke.
Nie twee mense reageer dieselfde op situasies waar ons fragile & vulnerable is nie. Party mense roep na vriende en familie om ons te motiveer en inspireer en ander trek weer die gordyne en deure toe; party mense gaan op hulle knieë met ʼn diep versugting vir leiding en ander glo weer gebede is sinneloos. Wat se vriend is ons vir hulle wat deur tye van ADVERSITY gaan? Ons sit maklik by iemand wat mooi klavier speel maar kan ons ook naby wees as hulle vir ure toonlere oefen? Ons ry maklik saam as die kar se dak af is met die son op ons gesigte en die wind waai in ons hare maar kan ons die ekstra myl stap as die motor gebreek is? Hoe leer ons om dapper te wees as alles net goedgaan? Het ons geduld om te onthou — “Nothing in the world is worth having or worth doing unless it means effort, pain, difficulty… I have never in my life envied a human being who led an easy life. I have envied a great many people who led difficult lives and led them well.” (Theodore Roosevelt) — want niemand verdrink deur in die water te val nie, ons verdrink deur daar te bly!
Kom ons verken eerskomende Sondag die onderwerp – DIVINE APPOINTMENTS IN TIMES OF ADVERSITY – en dan bespreek ons Elisabeth Kübler-Ross se “FIVE STAGES OF GRIEF” — Denial, Anger, Bargaining, Depression, Acceptance (DABDA) en dan stap ons die pad saam met Abigail Adams wat ons herinner — “Great difficulties may be surmounted by patience and perseverance.”
“Ons het die soet én die suur, die goed én die sleg, die lekker én die seer nodig om van die intellek ʼn siel te maak” het die Afrikaanse filosoof, Johan Degenaar, eens gesê. Wanneer iets in ons lewe gebeur wat ons van balans afgooi, kan ons sê, “dit het gebeur en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie behalwe om te kies hoe ek daarop gaan reageer. So, wat gaan ek hieruit leer en wat is die les wat ek saamvat vir my reis vorentoe?” en ja, vir my is my verhouding met God (spiritualiteit) ʼn anker en fondasie om elke wond te heel en sterker, beter, dapperder op te staan. Teenkanting, teleurstelling, terugslag, is nie die einde van die reis nie, dit is slegs ʼn deurpad.
Beproewing kom nie van God nie, beproewing kom van die onvermoë om perspektief te behou en knak onder skuldgevoelens en vrees. Nee, God is nie vêr óf weg as ons seer het nie, God is daar en hier deur die voete en hande van hulle wat omgee en ons liefhet. Laat ons ʼn Spirituele GPS wees vir elkeen wat oor ons pad verdwaal ... kom ons vertrou ons Kompas wat die rivier stuur oor watervalle en deur stroomversnellings om weer uit te mond in die plek van ons oorsprong, die Groot Oseaan.
>>>> ACIM — Donderdagaand om 19h00 by Kolping: Lesson 200 “There is no peace except the peace of God” (Workbook for Students) [agter in ACIM boek]
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“There is a tide in the affairs of men which, taken at the flood, leads on to fortune. Omitted, all the voyage of our life is bound in shallows and in miseries. On such a full sea are we now afloat; and we must take the current when it serves, or lose our ventures.” ― William Shakespeare, (Julius Caesar)