Dra Jou Kruis III

25 Maart 2018

LITURGIE: 25_maart_2018

Menseregte-Dag: In 1948 het die UN ʼn resolusie van menseregte aanvaar. Al die lande het dit onderteken, behalwe agt waaronder Suid Afrika saam met Saudi Arabië en die ou USSR. Die eerste sin van die Handves sê, “All human beings are born free and equal in dignity and rights. They are endowed with reason and conscience and should act towards one another in a spirit of brotherhood.” Tot vandag toe wonder ek met watter gedeelte hiervan het die Nasionale Party, NGK, en Afrikaner Broederbond mee moeite gehad? En toe, op 21 Maart 1960 vind die Sharpeville bloedbad plaas, en vandag staan ons land stil by dié gebeure en herdenk Menseregte-Dag as ʼn publieke vakansiedag.
Hoe onvoorstelbaar hartseer is dit nie dat vandag vir die meeste blankes in die algemeen en Afrikaners in besonder, net nóg ʼn vakansiedag is met min of geen waardering vir die bloed wat gegiet en lewens wat betaal is sodat ons vandag die Handves vir Menseregte as deel van ons Grondwet het nie ... en daarom hierdie herinnering sodat ons êrens vandag met ʼn kersie en oë gesluit sal dink aan hulle wat die hoogste prys betaal het vir ons demokrasie en ʼn innerlike belydenis om in AL ons interpersoonlike verhoudings ALMAL met eer en respek te behandel. Dan sal vandag betekenis hê!
Eerskomende Sondag is die begin van die Heiligste Week op die Christen-kalender. Vir ʼn week lank word die ganse Christendom stil; breek ons ons roetine; en laat ons toe dat hemel aan aarde raak sodat ons gedagtes, hart, lyf, en siel in harmonie met mekaar kan dans. Dis ʼn week van diep verootmoediging wat gepaardgaan met spirituele restourasie en rehabilitasie sodat ons ons hartklop en asemhaling kan sinchroniseer met die drie-eenheid van Lewe, Lig, en Liefde!
Ten midde van ʼn gejaagde lewe wat dikwels pendel tussen georganiseerde chaos en ʼn gejaag na wind word ʼn (nuwe) hoop gebore. Ontdek ons weer die betekenis van dié Lewe wat in en deur my lewe reflekteer. Besef ek opnuut — life is but a little while, not in waiting, but in being, becoming, and belonging ... O, let They Kingdom come! Dink ek aan Jesus as seun van die mens wat seker die eerste persoon was wat gepraat, geleer, gesterf het vir Menseregte. Wat in sy voorbeeld, inspirasie, en getuienis met almal wat teen die grensdraad van die samelewing in die algemeen en die kerk in besonder vasgewaai het, op te soek en te herinner dat God se liefde hulle insluit. Hy wat in woord en daad uitgereik het na elkeen wat verneder, verneuk, en verwerp voel met die opdrag, “neem jou kruis op en volg my!”
Daar is geen afstand tussen ons en Jesus nie. Daar is niks wat Jesus gedoen of gesê is wat nie volledig deel is van ons eie potensiaal en moontlikhede nie. Trouens, hoeveel keer lees ons in die Evangelies en die briewe oor die lewe en invloed van Jesus dat ons nét so een is met God as wat Jesus is/was ... dat die liefde van God wat in en deur Jesus se lewe gevloei het nét so volmaak teenwoordig is in elkeen van ons se lewe ... hoor ons Jesus as seun van God wat ons seuns en dogters van God en sy broers en susters noem. Wat ʼn intieme aanspreekvorm van verbintenis en behoort!
In ons ambivalente verhouding met God wat eintlik maar gereserveerd is vir tye van nood as God ʼn stoplap moet wees vir ons onvermoë om sin te maak van emosionele pyn en moet help as ek uit idees hardloop hoe om te gehakketak in my kop uit te sorteer, is die wekroep om my kruis op te neem en hom te volg ook ʼn uitdaging om rigting te vind. Ja, die belangrikheid van afsondering (solitude) kan nie genoeg onderstreep word nie maar daarmee saam gaan rigting vind(direction). Soos Henrik Nouwen ons herinner, “The first thing we discover in solitude is our own restlessness, our drivenness, and compulsiveness, our urge to act quickly, to make an impact, and to have influence ... but when we persevere with the help of a gently discipline, we slowly come to hear the still, small voice and to feel the gentle breeze, and so come to know the Lord of our heart, soul, and mind, the Lord who makes us see who we really are.”
Om ons heilige week in te lei, gaan ons Sondag die belangrikste aspek van NEEM JOU KRUIS OP EN VOLG MYverken ... naamlik VERGIFFENIS — wat beteken ‘vergiffenis’ en hoe kry ʼn mens dit reg om wat fisies seer en emosioneel pynlik is te vergewe; hoe ‘vergewe’ ʼn mens jouself en hoe vra ʼn mens vergiffenis waar jy weet jy aanspreeklik is vir iemand anders se wond? Miskien sukkel ons met vergiffenis omrede ons glo dat ook God se vergiffenis kom met voorwaardes en beperkinge! Wat daarvan as ek vandag vir jou sê, “So ver as die Ooste van die Weste, so ver het God my oortredinge verwyder,” (Psalm 103:12) because, “The Lord is full of compassion and love, slow to anger and great in lovingkindness.” (Psalm 145:8)
Op hierdie Menseregte-Dag is dit miskien meer belangrik as ooit om ʼn eerlike gesprek te hê oor vergiffenis — daarom luister ons mooi na die stem in die koel seewind, “Do not judge yourself. Do not condemn yourself. Do not reject yourself. Let my love touch the deepest, most hidden corners of your heart and reveal to you your own beauty, a beauty that you have lost sight of, but that will become visible to you again in the light of my grace. Come, come, let me wipe your tears, and let my mouth come close to your ear and say to you, ‘I love you, I love you, I love you.’”

🌺 ACIM — Stad 19h30: 9 April — en Kolping 19h30: 28 Maart — Lessons 51-61 (which is a REVIEW on everything we’ve been reading the last 3 years!)

Gedagte vir die Week:
“We must develop and maintain the capacity to forgive. He who is devoid of the power to forgive is devoid of the power to love.” — Martin Luther King, Jr.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights