LITURGIE: 12_augustus_2018
Desmond Tutu praat van God as, “A God of Surprises” wat mooi aansluit by ons maand se tema — GOD MOVES IN MYSTERIOUS WAYS. Wanneer ons die woord ‘misterieus’ hoor in Afrikaans dan dink ons aan geheimsinnig, donker, verborge, vreemd, onverklaarbaar. Vir my beteken die woord: verwondering, verrassing, verbystering ... daardie oomblikke wat jou verstom laat staan omdat iets gebeur wat jy nie verwag het nie. Dit is soos om te verdwaal en ʼn pad loop jou raak. ʼn Moment van verheldering as die onbekende skielik sin maak sonder dat ʼn mens noodwendig daarvoor woorde het. In die oomblik mag dit dalk onverklaarbaar wees maar die ervaring laat jou siel gloei en jou hart bloei [soos in bloeisels].
Vanuit ʼn Goddelike perspektief is daar natuurlik NIKS misterieus nie. Alles is presies soos dit is en alles gebeur presies soos dit moet. Die ganse heelal (makro- en mikrokosmos) werk op hierdie beginsel. Daar is ʼn planmatigheid in als wat is en als wat gebeur. Die wetmatigheid van die ganse skepping is nie vir homself verwarrend, onverklaarbaar of onduidelik nie. Die ewigdurende proses van geboorte><wedergeboorte (birth/rebirth) doesn’t suffer in translation. Die aarde spin om haar as, die seisoene het elkeen sy tyd. Op dieselfde oomblik wat iemand na ʼn sonsondergang kyk, verwonder iemand anders haar aan ʼn sonsopkoms. Die ruspe word ʼn skoenlapper, die bye dra hul nektar na die korf, en ʼn boom val in die oerwoud om sy saad in die grond te stort wat later geboorte sal gee aan die takke vir die voëls.
Wanneer daar ʼn droogte is, is dit nie God wat kwaad is en dan ʼn vloed stuur omdat ons nie hoor hy is kwaad nie. Die ritme van die natuur is nie ʼn straf of beloning nie, net soos wat die oorsaak-en-gevolg van ons aksies-en-reaksies nie gesien moet word as die Hand van God wat vanuit die hemele ons moet ruk en pluk om tot verstaan te kom nie. Ek lees gister op iemand se Facebook: "GOD WILL BREAK YOUR SPIRIT TO SAVE YOUR SOUL" ... en elke greintjie van my verstaan van God kom in opstand teen hierdie stelling, trouens dit kan nie verder verwyderd wees van die Liefde en Lig wat God in elke vorm van lewe stort nie.
“Sing vir die Here ʼn danklied, sing tot eer van ons God met begeleiding van die lier. Hy oordek die hemel met wolke, hy voorsien reën vir die aarde en laat gras op die bergland uitspruit. Hy gee aan die diere hul weiding en versorg die jong kraaie wat om kos skreeu ... Hy gee sneeu so wit soos wol, Hy strooi ryp uit soos as, Hy laat die haelstene reën. Wie is bestand teen die koue wat Hy stuur? Maar op sy bevel smelt alles weer; as Hy die warm wind laat waai, dan loop die waters.” (Psalm 147:7-9,16-18)
Ook ons is presies waar ons moet wees — ongeag, nieteenstaande, desondanks die omstandighede. Dikwels gebeur daar goed buite ons beheer en soms maak daai goed ons seer maar wie is daar wat nie vandag terugkyk na daardie oomblikke en nie weet dat wat gebeur het, hoe onverstaanbaar dit ook al was in die oomblik, het eintlik meegewerk om ons op ʼn plek te bring waar ons met meer wysheid nader aan onsself staan nie? Wie van ons kan nie getuig dat as dit nie vir ons verdwaal was nie sou ons nie uitkom waar ons moes wees nie? Ek noem dit: the mysterious ways of divine-knowing, divine-transformation, divine-enlightenment — alles wat ons wil afskryf teen toeval, noodlot, onvoorsien, onverwags, onbeplan, of destiny ... is alles op die ou einde niks meer en niks minder as ons verwondering dat God op ʼn verrassende manier my rivier toelaat om te kronkel-kronkel al die pad terug na die Groot Oseaan. God sê nie waar nie, God wys HOE.
Dit hou my nuuskierig en geïnteresseerd, oplettend en belangstellend om die nuanses waar dié Lewe in en deur mý lewe vloei te (h)erken. Daarom sê ek AMEN op die woorde van Albert Einstein, “The most beautiful thing we can experience is the mysterious. It is the source of all true art and all science. He to whom this emotion is a stranger, who can no longer pause to wonder and stand rapt in awe, is as good as dead: his eyes are closed.”
Beteken dit: my lewe is vooruit bepaal — ek is op ʼn treinspoor wat God besluit by watter stasie ek stilhou en waar ek sal ontspoor; pendel ons tussen toeval en noodlot? Die meeste Christene glo in Augustinus en Calvyn se ‘predestinasie- en uitverkiesingsleer’ wat sê dat voor ons geboorte het God reeds besluit en dan word daar aangehaal uit Jesaja 44:2, “So sê die Here wat jou gemaak het, Hy wat jou gevorm het in jou moederskoot ...” en Jeremia 1:5, “Voordat ek jou in die moederskoot gevorm het, het ek jou geken ...” asook Efesiërs 1:4, “So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies ...” en word ons gedompel in die skuldskuif op God as iets verkeerd loop. Wanneer goed nie uitwerk soos ons gehoop het nie dan plaas ons dit in God se skoot as een of ander ‘toets’ asof ons hier is om die les te leer en die eksamen te slaag wat ons toelating sal gee tot die hemel. Ons lewe vir eendag en nooit vir vandag nie.
YES, God moves in providence and serendipity. YES, God reveals himself in the divine appointments of our every day lives so that you may find your inner-glow. There is no fate, there is only your vocation. Everything happens as it should and it’s for you to find the meaningfulness of it all. And God will send a million angels with a million voices to show you HOW but it’s for you to decide WHAT and WHERE.
'God moves in mysterious ways’ says — your move! — jou skuif om die misterie te gieter oor jou bedding.
GEDAGTE VIR DIE WEEK“Wisdom is not a mysterious universe
where your mind enters,
but it is a mysterious universe
which enters your mind!”
― Mehmet Murat Ildan ―
A COURSE IN MIRACLES
— Kolping: 16 Augustus @ 19h30 --
— Stad: 20 Augustus @ 19h30 --
Lessons 121-125
[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]