Op 9 September 1890 (eerskomende Sondag, 128 jaar gelede) is ʼn seuntjie gebore in Indiana (VSA). Op 5 jarige leeftyd is sy pa oorlede, op 16 is hy uit die skool uit, en op 17 het hy reeds vier verskillende werke gehad. Op 18 is hy getroud en ʼn jaar later was hy ʼn pa. Op 20 verlaat sy vrou hom en vat hul baba dogtertjie saam met haar. Tussen 18 en 22 was hy ʼn kondukteur op die spoorweë maar nadat hy probeer het om sy dogter te ontvoer, verloor hy sy werk. Hy doen aansoek by Universiteit om in die Regte te studeer maar word afgekeur. Hy verkoop assuransie maar misluk ook in dit. Hy en sy vrou versoen en hy sluit by die weermag aan wat ook in ʼn mislukking uitdraai. Daarna was hy ʼn kok en skottelgoedwasser by ʼn klein kafee en ʼn duisend en ander werke om die pot aan die kook te hou. Op 65 word hy verplig om ‘af te tree’ en na die eerste maand van aftrede’ ontvang hy ʼn tjek van $105 staatspensioen. Hy het gevoel die Regering probeer vir hom sê dat hy nie vir homself kan sorg nie. Hy besluit om ʼn einde aan sy lewe te maak want sy hele lewe is ʼn verhaal van teleurstelling, mislukking, hartseer, en ʼn gesukkel. Terwyl hy besig is om sy brief te skryf wat hy wil agter los na sy dood, besef hy dat daar nog soveel is wat hy graag sou wou doen met sy lewe waarvan sy grootste passie is om te kook. Hy gaan leen $87 om toerusting te koop en braai hoender met sy eie resep wat hy van deur tot deur verkoop aan bure en vriende in sy tuisdorp in Kentucky. Ja, jy raai reg — die seuntjie se naam was Harland David Sanders, of soos almal hom ken, Colonel Sanders van Kentucky (Fried Chicken). Onthou, op 65 wou hy sy lewe beëindig en op 88 was hy ʼn biljoenêr en stigter van die KFC Empire.
Sy outobiografie is getiteld: ‘Life As I Have Known It Has Been Finger Lickin' Good’ met seker net een les te leer — dit is nooit te laat om op te staan, jou das te knoop, jou gesig te was en weer te probeer nie ... op te staan, jou skoene politoer, jou gesig te was, en weer te probeer nie. Moenie opgee nie. Moet nooit dink, DÍT is die einde nie want wie weet wat die dag gaan bring as die storms van die nag plek maak vir die son.
Almal van ons ken teleurstelling en elkeen van ons het al êrens in die lewe daai bitter pil van mislukking gesluk. Ons ken die kronkelpaaie met die hekke wat gesluit is en die splinters in jou vel toe jy oor die heining wou klim. Ons onthou die sweepslae van verneder en verwerp en dra nog die littekens van die val toe ons gedink het die brug oor die afgrond sal hou tot ons anderkant is.
MÁÁR — hier is die Groot Waarheid — ons weet wat dit is om ‘uit die dood op te staan’ ... waar ons gedink het dit is die einde, miskien uitgeroep het na die Hemele om jou te kom haal, geglo het jy is dood en jy moet nog net sterf en dan het die Lig deurgebreek, en het Lewe sy Asem in jou geblaas, die doeke afgerol en jou uit die graf gelei. Hier is die Goeie Nuus (Evangelie) — elkeen van ons kan getuig dat “ek was blind en nou kan ek sien, ek was kruppel en nou kan ek dans” ... waar alle kleur vervaag het tot ʼn dowwe grysheid en ons net skadu’s kon sien, en by die bad van Betesda gewag het vir ʼn engel om die water te roer sodat ons kreupelheid kan genees en tot ons verbasing nie net kon dans nie maar selfs op water kon loop.
En DÍT is waaroor hierdie maand se gesprek gaan as ons gesels oor — DIE LEWE VOOR DIE DOOD. Vir te veel, te lank fokus mense op ʼn LEWE NA DIE DOOD en word dit as ʼn wortel voor die neus gehou dat terwyl jy in hierdie lewe, in hierdie vorm is, moet jy net uithou want eendag, ná jou dood, dan sal jy alles wat jy hier gemis het ontvang. So gaan ons ganse lewe by ons verby en al wat ons het om te wys, is ʼn behoefte en ʼn verwagting. Wanneer Jesus bid (Johannes 17) en hy sê, “Julle behoort nie aan die wêreld nie ...” moet ons die ironie (of is dit paradoks) verstaan dat ons leef volledig IN die wêreld, aktief betrokke MET die wêreld juis omdat ons ‘Lewe’ (beingness, essence) nie VAN die wêreld is nie. Of soos Henri Nouwen dit mooi sê, “Because we abide in God, we can be in the world, and speak words of healing, of compassion, of invitation, and of courage.”
Kom sluit Sondag by ons aan vir ʼn uur en dan deel ek met vrymoedigheid die sewe lewenslesse wat die laaste sewe jaar in my lewe gemanifesteer het: (1) Dankbaarheid en Waardering is die vlerke van ‘Peace of Mind’, (2) Soek, Klop, Vra en vir julle sal gegee word (Learn to Receive Gracefully), (3) Simplicity is the Truth of Life (find beauty in simple things), (4) ‘Mindfulness’ beteken ‘om met die Hart te luister’, (5) Ek en ek alleen is verantwoordelik vir elke emosie (reaksie) wat ek ervaar, (6) Time doesn’t Heal, Love does! (7) Life doesn’t have to be lived on fast-forward – ons hoef nêrens heen te jaag nie, niks hardloop weg nie, ek gaan niks mis as ek iets mis nie, die lewe ontvou presies soos dit moet ... live in the present and live life alive!
Al wat vandag se vonkpos wil sê is dit: Find your spark, and live a meaningful life. Moenie dat die son vanaand sak voor jy nie jóú 7 broodjies van Wysheid (insig) en Waarheid (uitsig) in jou rugsak gepak het vir die reis vandag wat jou honger en dors sal voed nie.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
“At the end of the day,
the fact we have the courage to still be standing
is reason enough to celebrate.”
― Meredith Grey ―
(Grey's Anatomy)
A COURSE IN MIRACLES
— Kolping: 13 September @ 19h30 --
— Stad: 17 September @ 19h30 --
Lessons 122-125
[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]