8 September 2013

Hierdie week se liturgie: 8_september_2013

Ons gesels die maand oor “THE POWER OF INTENTION” -- daar is by baie mense ʼn mistasting oor wat intensies werklik is en word altedikwels verwar met wat ons wil. Die meeste van ons is in elk geval meer besorg oor wat ons nie wil nie as wat ons wil. Daarmee saam doen min mense wat hulle sê hulle wil doen en verraai ons wil ons intensies. Ons wil word gebore vanuit ons intensies en nie andersom nie. Byvoorbeeld: ek kan sê “ek wil gelukkig wees” en in meeste gevalle kom dit vanuit gedagtes dat ek nie gelukkig is nie ... die intensie voor hierdie gedagte lê dalk in die soek na aanvaarding en waardering; ek kan sê “ek wil meer tyd vir myself hê” wat weereens spruit vanuit die gedagte dat ek nie genoeg tyd vir myself is nie ... die intensie is eintlik om balans en harmonie te vind in, met, vir myself.
Kom dit by geloof, raak intensies nog meer wollerig. Daar word maklik gesê, God wil dit of dat – maar die vraag moet eintlik wees: Wat wil JÝ in jou verhouding met God voel en ervaar? Om onsself beter te laat voel, krioel die godsdienstige clichés en retoriek vanuit ons gedagtes wat maklik verwar word met spirituele intensies. Byvoorbeeld: As iemand sê “God doesn’t give you more than you can handle” wonder ek, wat is die intensie van so stelling want dit staan nêrens in die Bybel nie; dis verseker nie vanpas om so iets te sê nie; en dit klink meer na ʼn ontkenning of ontvlugting as wat dit enigsins van toepassing is op ʼn bepaalde situasie. As iemand sê “Well, God told me ...” dan stop enige vorm van kommunikasie net daar en in meeste gevalle breek dit vertroue in wat ook al daarna gesê word. As iemand sê “Ek sal vir jou bid” dan wonder ek altyd hoekom is dit toekomstige tyd, hoekom nie sommer nou nie? Het ons vergeet dat gebed is ʼn commitment? Gebed is juis die konneksie tussen wil en intensie; gebed is gefokusde gedagtes om ʼn opregte intensie uit te spreek en aan daardie intensie vas te hou met woord én daad.
Byvoorbeeld: As ek sê “I am here because ...” dan sê dit iets van my WIL. Maar as ek sê “I am here in order to ...” dan lê intensie tussen die spasies van die trippelpunt.
Nou, ons almal is skuldig daaraan dat ons maklik goed belowe en na ʼn rukkie as dit te moeilik of ongemaklik uitdraai, ons mind change en dan weer ʼn ander belofte maak. En dan wonder ons — What is the secret of happiness? Ons kan ʼn lang lys van goed opnoem wat ons wil en nie wil nie om sodoende happiness te bepaal, verklaar, en verduidelik omrede geluk ʼn keuse is vir LEWE ... oorvloedig, oorloop, oorgenoeg! Intensie is ʼn keuse vir ʼn groter doel, ʼn dieper commitment, en die beloning (cause & effect) is ʼn deurleefde vrede en liefde in/vir/met myself.
Daar is twee teksverse uit die Bybel wat nog altyd hierdie punt baie goed illustreer het en albei het te doen met die woordjie “klop” wat iets sê oor ʼn commitment en oor intensieMatteus 7:7-8 sê “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word” terwyl Openbaring 3:20 sê “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal  hou, en hy saam met My.”
Om een of ander rede skram ons weg van die woordjie – commitment want ons verwar dit met verpligtinge en/of verwagtinge! Dit kniel nederig by die voete van iemand anders om te sê: ek vat my woord baie ernstig op en met my woord belowe ek om getrou te wees aan myself sodat ek getrou kan wees aan jou. Ernest Holmes vra: “Just what is meant by 'your word?' It means your conscious intention, your conscious direction, your conscious faith and acceptance that, because of what you are doing, the Power of Spirit will flow through your word in the direction you give it." Dit lyk met ander woorde vir my dat om “jou woord” vir iemand te gee, spreek van ʼn intensie om op ʼn baie dieper vlak verantwoordelikheid te neem vir jou toewyding. Ons het vir alles kontrakte want ons weeg en vind ‘iemand se woord’ te lig. Your ability to keep a commitment is what makes a commitment. Om te vra, te soek, te klop – sê tog iets van ons intensies. Om te hoor, te vind, oop te maak, en aan te sit – sê iets van ʼn commitment.
Hierin het ek en jy ʼn verantwoordelikheid. Die krag van ons intensies kom juis in vervulling wanneer ons ons commitment dodelik ernstig opneem en dit geld vir al ons verhoudinge — met jouself, jou ewemens, met God, by jou werk, in die natuur ensovoorts. Want “KYK” sê iets van dit wat in die lig is. Dis nie donker geheime intensies nie ... die “EK” is ʼn baie persoonlike oproep wat nie kerk of dogma is nie maar die een wat gesê het ‘ek is die lig vir die wêreld’ ... om te “STAAN” staan vir iets, “BY DIE DEUR” is ons in- en uitgaan, “EN KLOP” vra om oop te maak en die krag van ons intensies te ontsluit ... want “AS IEMAND SY STEM HOOR” wat nie net sintuie is nie maar ook deur ons intuïsie wat die taal van ons intensies is ... “EN DIE DEUR OOPMAAK” spreek van ʼn ontvanklikheid en interafhanklikheid ... “SAL EK BY HOM INGAAN” wat beteken daar is ʼn communion, daar word intensies ons gedagtes, word gedagtes ons wil, en wat ons wil word ons lewenservaring ... “EN MET HOM FEESMAAL HOU EN HY MET MY” wat sê daar is ʼn beloning om getrou te wees aan onsself en met eerlikheid ons waarheid uit te leef. Dis asof ons by die feesmaal vir die eerste keer besef dat reeds voor die eerste “KYK” was die tafel reeds gedek. Nou het ons dit gevind en sit ons aan vir – A Celebration of our purest Intention.
Al ooit gewonder: Wat is my doel? Waarheen is ek op pad? Wat gee sin en betekenis in my lewe? Dan wil ek jou en jou vriende en familie van harte uitgenooi om Sondag 10h00 saam met ons deel te wees vir ʼn uur se onthou wat dit is om ons intensies te fokus op ons commitments sodat ons sal besef wat is ons verantwoordelikheid en ons plig. Dít gee betekenis, dít verlig die pad na ons bestemming!
== Boekbespreking -- 10 September Edward & Chrisna Smuts 082.788.18.25 – Edward sal die gesprek lei oor Julian Müller se boek: OM TE MAG TWYFEL: ‘N GELOWIGE SE REIS
== ACIM leeswerk -- Marianne Williamson se boek “The Gift of Change” – Chapter Three: From negative thinking to positive love en ons begin met Chapter 4.
== Damesoggend -- 14 September @ Barnyard — Terblanche gesels oor die drie mooiste liefdesverhale: Lea & Rachel; Rut; en Ester — ten bate van Alta du Toit Skool — kaartjies beskikbaar by 084.713.84.74

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“When you're at peace with yourself and love yourself, it is virtually impossible to do things to yourself that are destructive.” — Wayne W. Dyer

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights