Iemand het eenmaal gesê, as die maande wat met –ber eindig eers begin, is die jaar verby! Dit is September — die Seisoen van Hoop waar die aarde geboorte gee aan nuwe lewe in elke bloeisel wat die geloof en vertroue koester om die beste en mooiste van die aarde vir ons te oes. Ons sou kon sê, LENTE IS ‘N MISTERIE, wat nie beteken die Lenteseisoen is ‘supernatural and/or metaphysical’ nie. Dit beteken ons staan in verwondering en ontsag vir die seisoen wat hoop en lewe gee. Dis nie iets wat ons uit die brein bedink en definieer nie maar iets wat ons tasbaar aan ons lywe voel, in ons hart hoor klop en vanuit die siel hoor sing.
Deur al die eeue vier die mens die begin van Lente as ʼn spirituele wedergeboorte en ʼn afsterf van die ego. ʼn Nederige erkentlikheid van ons afhanklikheid van die grond waarin ons plant en waaruit ons oes. ʼn Waardering vir die planeet waarop ons woon en die mens se plek in hierdie ekosisteem. Sedert die mens begin het om rituele te vorm vanuit sy mites is daar gesê GOD IS ‘N MISTERIE wat in al die oer-godsdienste gesien is as ʼn Natuurgod wat in en deur die natuur manifesteer en reflekteer. Vandag nog sal mense dikwels sê dat hul God se teenwoordigheid aanvoelbaar ervaar in die natuur.
In die postmoderne kultuur waarin ons leef, is daar ʼn hernude waardering vir die mistiek. Die Spiritual Dictionary definieer Mysticism as volg — The belief that union with or absorption into the Deity or the absolute, or the spiritual apprehension of knowledge inaccessible to the intellect, may be attained through contemplation and self-surrender. My geïnteresseerdheid en nuuskierigheid oor Christelike Spiritualiteit en Mistiek sou my dan ook lei om my nagraadse tesis te skryf oor Christelike Mistiek. Sterk beïnvloed deur vroeë Christelike Mistici soos St Theresa of Ávila en Meister Eckhart en later Thomas Moore wat hul saad in my beddings sou spit, het dit my tuin voorberei vir wat ek kan beskryf as ʼn tuiskoms in ‘A Course in Miracles’ (ACIM). Na jare as ʼn Geestelike Nomade het ek tuisgekom in ʼn eerlike, deurleefde, outentieke ervaring met die Goddelike waarin die non-dualisme van ACIM vir my die woorde van Meister Eckhart sou ontsluit — “The eye through which I see God is the same eye through which God sees me; my eye and God's eye are one eye, one seeing, one knowing, one love.”
Hoe hartseer is dit nie dat die hoofstroom Christendom neerkyk op die Mistiek as ʼn vorm van die okkulte en daarom ten alle koste vermy moet word as ‘dwaalleer’ en ‘kettery’ terwyl die Christelike Mistiek juis, in my beskeie opinie, die herinnering is dat ʼn mens geen sleutel (kerk, religie, teologie) nodig het om die deur na God oop te maak nie want die deur was/is nooit gesluit nie. Ironies genoeg is dit juis Christen-fundamentaliste wat God skilder as ‘metafisies en bonatuurlik’ en soos reeds gesê, lê die Misterie van God NIE in die ‘supernatural and/or metaphysical’ nie, net so min as wat die Mistiek dit so sien, net so min as wat die Lente daarin geënt is. Dit is tasbaar, aanvoelbaar, werklik. Daarom die noodroep om God te ERVAAR in ons volle menswees en nie mure met dogmas te bou tussen ons en God nie. Daarom die wekroep dat daar geen verwydering (separation) bestaan tussen ons en God nie en dat niks en niemand ons ooit van die liefde van God kan skei nie (Romeine 8:38). Die dienskneg of diensmaagd wat dít verstaan, will always know that the spiritual world is home — dit waarna Thomas Moore verwys as hy praat van “The homesickness of the soul”.
Die dienskneg en diensmaagd van die mistiek dra nie die kroon van die filosofie wat alles met die intellek wil beredeneer nie; ook dra hierdie dienaar nie die ontwerpersklere van die teologie of die juweliersware van die sielkunde wat kognitief alles wil verduidelik nie; nog minder dra hierdie dienares die geparfumeerde diagnoses van die medisyne wat als wil regdokter of die gedetailleerde serp en hoed van die regsgeleerdheid wat vir ons wil sê wat is billik en regverdig nie. Nee, hierdie dienskneg/diensmaagd is nederig op hul knieë waar geloof getransformeer word in weet, en abstrakte konsepte gemaklik oplos in ʼn liefde wat balans en harmonie bring in al die fasette van ons menswees. Soos R. M. Jones dit mooi verwoord, “Mystical experiences do not necessarily supply new ideas to the mind, rather, they transform what one believes into what one knows, converting abstract concepts, such as divine love, into vivid, personal, realities.”
Kom ons gesels in September oor — DIE MISTERIE VAN LEWE — en ons begin Sondag met ʼn gesprek oor die begrip: ENLIGHTENMENT (verligting, verstandsontwikkeling). Mense kan lank gesels oor gedagtes van teleurstelling en mislukking; ons ken die spel van spyt en selfverwyt; ons ken die stemme van vrees wat in die vorm van entertainment na ons kom op TV stelle; ons ken die dans van ʼn soms vlak en soms diep onderliggende droefheid en moedeloosheid; ons ken die nagte waar ons trane wegvee van frustrasie of verlange. Ons kan vir weke lank gesels oor die littekens wat ons dra, die afwykings wat ons almal het en probeer sluier sodat ander nie sal sien nie; ons kan vir maande lank praat oor die kortsluitings en loopgrawe in ons huwelike of die stank-vir-dank in ons werksmilieu waarmee ons elke dag moet sit; ons sal vir ʼn jaar lank die droogtes en oorstromings in ons geestelike lewe kan bespreek en elke godsdiens kon oopvlek oor die veroordeling en verwerping in die naam van God — maar — dis nie waaroor September gaan nie! Ons gaan dié maand blomme plant en ons beddings natlei met ʼn positiewe, opbouende gesprek wat VERLIGTING bring en ons sal begelei na beter verstaan wat toepasbaar is in die verstaan van DIE MISTERIE VAN LEWE.
Daar is drie fases van ENLIGHTENMENT
[1] ʼn Blik op die geheel (a glimpse of being) — vir ʼn oomblik ervaar ons dat daar iets agter/meer as die ego is, ʼn vlietende oomblik tussen jou en jou bestaan waar die eerste saadjie geplant word van BEING PART OF THE WHOLE.
[2] ʼn Blik op stilte, ontspan, wees (a glimpse of inner being) — ʼn harmonie van binne, ʼn vrede en vryheid wat alle verstand te bowe gaan waar die innerlike chaos stil raak en geboorte gee aan A NEW DIRECTION OF WHOLENESS.
[3] ʼn Blik op heelheid (a glimpse of pure being) — alle verdeeldheid verdamp, die stroom vloei terug in die Oseaan as jy die deur vind na wat die Buddha noem Nirvana, die Tao van Lao Tzu, en wat Jesus noem Die Koninkryk van God – YOU HAVE COME HOME
Vir die een wat wandel in die GROOT MISTERIE VAN GOD is dit ʼn eersterangse ervaring wat nie dialekties een of ander Godsdiens napraat nie maar dit waag om ons eie spore te trap. Ons eer en respekteer ons tradisie waaruit ons grootgeword het maar laat nie toe dat dit ʼn begrensing plaas op ons verheerliking, aanbidding, toewyding, en danksegging aan God nie. Kom ons maak September ʼn Lentemaand wat oorvol, oorloop, oorgenoeg geboorte gee aan DIE MISTERIE VAN LEWE.
ACIM: Kolping: 10 September 19h00. Stad: 14 September 19h30 — Chapter 6: The Lessons of Love — P91 Hardeband Boek
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“God is the soul of the universe.” ― Swami Dhyan Giten