Hierdie week se liturgie: 6_oktober_2013
Saam met Louis Leipoldt sing ek vanoggend --
Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder, so groen is elke aand,
so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo
Met drie maande oor voor die einde van die jaar is, skep baie mense moed om met die laaste asem hierdie jaar tot sy einde te swem. Dit voel soos gister toe ons ons nuwejaarsvoornemens op ʼn rytjie gesit het, opgewonde oor die potensiaal van ʼn nuwe jaar ... en met een hoes en proes lê ons in die pylvak van dié jaar se einde. Dit voel soos gister toe ons die jaar begin het met harte wat klop vir ʼn nuwe begin.
Kom ons gesels hierdie maand oor Spirituele Intelligensie (SQ). Ons neem baie dinge vanselfsprekend en die feit dat ons dit moeilik vind om hulle op te noem, is omdat ons dit for granted vat in die eersteplek. Dink byvoorbeeld aan gravitasie ... ons aanvaar dit as ʼn wet van die natuur dat as ek die appel los, val dit op die grond maar wat gebeur wanneer ons nie meer geanker voel nie en begin sweef in oblivion van vergeet wie ons is, waarheen ons op pad is, en wat ons motiveer om te doen wat ons elke dag doen? Dink byvoorbeeld aan ons sintuie ... ons aanvaar dit as ʼn gegewe om hier te kan lees en die woorde te sien en te verstaan, net soos ons aanvaar dat ons hoor die melodie van ʼn lied in die agtergrond. Maar wat gebeur as ons verby ons vyf sintuie begin dink aan ʼn sin vir balans? Dis tog verseker ook ʼn sintuig net soos die vloeistof in my ore my in balans moet hou en om te dink wat gebeur as ons hierdie sin vir balans verloor, maak my seesiek. Maar daar is nog ʼn sintuig wat ons vanselfsprekend aanvaar, en dit is ʼn sin vir common sense. Die dramaturg Bertolt Brecht het gesê: “As soon as something seems the most obvious thing in the world, it means that we have abandoned all attempts at understanding it.” Ons gaan gesels oor IQ (intellektuele intelligensie) en EQ (emosionele intelligensie) wat manifesteer as ego en hoe die twee kompartemente deel vorm van ons SQ (spirituele intelligensie) wat reflekteer as siel. [Kyk onderaan epos na skets wat Sondag bespreek gaan word]
Dit is nou maar eenmaal so dat wat die mense nie verstaan nie, sal hy/sy ontken. Ja, ons praat van ʼn sixth sense en bedoel daarmee ʼn voorgevoel of intuïsie maar vandag weet ons dat daar veel meer sintuie aan die werk is as net die vyf wat ons kan opnoem en vanselfsprekend aanvaar. Bo en behalwe die sense of balance (equilibrioception) is daar ook ʼn sense of spatial awareness (proprioception). Dan is daar ʼn sense of temperature (thermoception) en ʼn sense of pain (nociception). Vreemd genoeg is daar een ding wat al hierdie senses ingemeen het as dit kom by emosionele balans, bewussyn, koud of warm, en/of pyn ... en dit is die vanselfsprekendheid waarmee daar omgegaan word met liefde. Every cry for love influences all our senses and every miracle of love brings an awareness of all our senses.
Spirituele Intelligensie vra om oomblik vir oomblik bewus te wees van die Liefde wat in en deur ons vloei. Ons almal weet wat dit is om wanneer ons iets of iemand verloor het, spyt te wees dat die liefde vanselfsprekend aanvaar is. In ons spyt en selfverwyt het ons ook gedagtes begin kweek dat God se liefde met voorwaardes kom en dat ons dit kan ‘verloor’ — of, as ons God se liefde in oorvloed by iemand anders sien, glo ons daar is minder vir my. Tussen gister se skuldgevoelens van te kort, te min en môre se vrees van te veel, te lank lê vandag se vergeet wat is te/vrede ... vandag, vanaand, nou, hier lê daar sonneblomme in jou skoot en vuurvliegies vir jou nagte. Leipoldt besing dit verder --
Dit is die maand Oktober!
Ek dink die mense vier vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?
Wat gee ek om die winter? Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry?
Kom ons begin ʼn gesprek oor SQ oor die verskeidenheid van IQ en EQ intelligensie wat ʼn mens kry — taalkundige, musikale, wiskundige, dimensionele, emosionele, interpersoonlike (verhouding met ander), intrapersoonlike (verhouding met jouself) en dan volg ons die stroom in ʼn verstaan hoekom Spirituele Intelligensie niks te doen het met hoeveel woorde jy onthou of hoe vinnig jy somme kan maak nie, maar wel hoe daar omgegaan word met ons sin van waarde en intensies asook in die verwerking van emosionele pyn en die vermoë om sinvol met mense om my om te gaan sonder om enige iets vanselfsprekend te aanvaar nie. Soos dikwels al gesê, gee SQ vir ons insig (wysheid) en uitsig (waarheid).
Miskien vra jy — wat op aarde is die sin van so onderwerp vir die maand? Wel, dit is die TIENDE MAAND en tradisioneel vanuit die Judaïsme is dit ʼn maand waarin ons iets van onsself gee. Dis die eerste maand van ʼn nuwe seisoen en vir ons is dit lente ... wedergeboorte, wat beteken let go of the past! Dit is ʼn maand wat vra vir net ʼn tiende van alles wat ons vanselfsprekend aanvaar. Jesus sê: Soek eers die Koninkryk van God en al die ander dinge sal vir julle gegee word (Matt 6:33) en in spirituele psigoterapie kan ons net so wel ‘Koninkryk van God’ vertaal met ‘Spirituele Intelligensie’ sonder om afbreek te maak aan die ryk betekenis wat die begrip dra. Louis Leipoldt sluit af met --
Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand, met elke dag so helder, so pragtig elke aand!
♥♥♥ Kyk asseblief na die volgende drie datums en bespreek jou plek vir iets wat die siel, verstand en gemoed sal voed.
== 3 Oktober -- ACIM begin weer na skoolvakansie by Kolping om 7pm en ons lees Marianne Williamson se boek “Gift of Change” — Hoofstuk Ses: From living in the Past and Future to living in the Present
== 5 Oktober -- ‘Geskiedenis van die Bybel’ werkswinkel by Kolping van 9am tot 1pm. Die ganse geskiedenis van Abraham (±1500BC) tot by Konstantyn (325AC) op ʼn tydlyn om vir eens en vir altyd dit in konteks te verstaan.
== 12 Oktober -- ‘We are the Champions’ lekker konsert by die Barnyard vir ʼn aand vol van Freddie Mercury, Pink, Elton John, Michael Jackson en vele ander se musiek. Bespreek asseblief by megan.korsman@gmail.com
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“We pay attention to brain development, but the development of warm-heartedness we take for granted.” — Dalai Lama