Hierdie week se liturgie: 6_julie_2014
In Junie het ons oor vyf Sondae gesels oor ‘DIVINE APPOINTMENTS’ in (i) Restoration & Transformation; (ii) Intuition & Sacred Journeys; (iii) Possibilities & Opportunities; (iv) Divine Appointments in times of adversity; (v) Divine Appointments in times of abundance! Dit was ʼn wonderlike reis om ons te herinner aan God se everywhere-ness in our everyday-ness. Met die liefdevolle onthou om ons fisiese maar veral spirituele sintuie te verskerp om God te sien/hoor/voel/ervaar in elke dag se ritme, het ek gedink om die komende maand daarop uit te brei. In Julie gaan ons die tema verken van ‘THE ART OF LIVING LIVE BEAUTIFULLY’ en vir die volgende vier Sondae gaan ons stilstaan by die volgende onderwerpe --
· The Art of Affirmations
· The Art of Enchantment
· The Art of Inspiration
· The Art of Gracefulness
Kom ons begin eerskomende Sondag met THE ART OF AFFIRMATIONS … elke dag het sy bekoring, die oomblikke waarin daar momente is wat bevestig dat daar waar ons is, is presies waar ons moet wees. Ook om te leer om ons spirituele radar in te stel op ʼn Goddelike frekwensie vir affirmations oor die ‘wat’ en ‘hoe’ in my lewe — waar om stadiger te stap; wanneer om versigtig te wees; en wanneer om volspoed ʼn geleentheid aan te gryp. Dit begin natuurlik by self-confirmations waar ʼn mens jou dag begin met die herinnering: “ek skep die nou en hier; ek is deel van ʼn geheel; ek het oorvloed en vreugde; ek het lief en word liefgehê; ek waardeer en is dankbaar; ek is oop en ontvanklik; ek kies lewe, liefde, lig!” — en dan fokus ons ons intensies en gedagtes, ons wil en ons ervaring op al die affirmations wat die Heelal (God) na ons stuur op soveel plekke en maniere. En boy-oh-boy sal jy verbaas wees om dit te sien/hoor/voel as ons kyk/luister/bewus is daarvan.
Hier is sewe waaraan ek kan dink:
In dae wat ons hartseer en alleen is, kan ons die dag begin met: “ek voel die liefde van mense om my selfs hulle wat nie fisies naby is nie; dis okay om myself af te sonder in stilte; ek gaan nie inkoop in selfbejammering en skuldgevoelens nie!”
In dae van onsekerheid en twyfel, kan ons onsself herinner: “ek asem hoop en my voete staan vas op die aarde; ek luister na die ritme van my hart; ek drink uit die fontein van my innerlike krag; ek vertrou myself!”
In die dae waarin ons nietig en waardeloos voel, sê ons vir onsself: “ek het net soveel lig en liefde in my as die persoon langs my; ek máák saak en wat ek het om te gee, maak ook saak; ‘ek is nie ʼn druppel in die oseaan nie maar die hele oseaan in een druppel’ (Rumi)”
In dae van verwarring, onthou ons: “net omdat ek nie verstaan nie hoef ek dit nie te ontken nie; ek vra God om my te lei van vrees na liefhê; ek kies hoop en dapperheid om spyt te vervang met compassion!”
Wanneer ons ʼn besluit moet neem dan maak ons dié beloftes ons eie: “ek vertrou God om my te lei na die regte besluit; ek weier om op te gee en sal die situasie oorgee aan God; ek kies vir vrede bo konflik en sien die situasie as ʼn ‘teacher’; to Thee I surrender my love, may the angels do the rest!”
Wanneer ons bekommerd is oor die toekoms: “ek neem verstandige besluite met verantwoordelikheid; ek is nie ʼn slagoffer van my hartseer óf my versugting nie; ek antwoord die vrae oor my toekoms sonder om aanvallig of verdedigend te wees!”
In tye wat ons voel ons wil méér met ons lewe doen maar ons voel stuck: “ek kies om anders te dink oor die situasie, anders te reageer, en anders daarna te kyk; ek gaan al die moontlikhede ondersoek en nie net dit wat maklik en gerieflik is nie!”
Natuurlik as Christen en met die rol wat gebed in my lewe speel, vorm Affirmative Prayer die fondasie van bogenoemde affirmations! Wanneer ons dink aan al die kleure wat ʼn rol speel in alles wat ons ervaar, is ons vermoë om te fokus op ons intensies (gebed) en bewussyn (awareness) ʼn wonderlike manier om ʼn positiewe verandering te maak in ons persepsies. Ons kies oomblik-vir-oomblik, gedagte-na-gedagte, vir ʼn groter en beter verstaan van ons lewe. As ons fokus op dit waarvan ons nie hou nie; of ons kwaad en bang maak; of met wie ons verskil en waarom goed ons ongelukkig maak, sal ons vind dat dít die affirmations in ons lewe word, maar as ons konsentreer om die positiewe vloei van energie in en deur ons hart en besef die verlede het geen mag oor ons hede nie dan word gebed ʼn kragtige instrument wat elke aspek van ons lewe kan/wil/sal verander — daarom begin elke gebed met, “I choose to think about what is good and true and beautiful ...” en dan fokus ons op positiewe gedagtes oor ʼn situasie of persoon. Laat liefde toe om die affirmations te wees wat snags vir jou sterre pluk en bedags ligstrale in jou hare vleg.
Affirmative Prayer — is ʼn wonderlike manier om jouself te bemoedig en jou vertroue in God te bevestig! Gebruik positiewe woorde oor jouself en ʼn situasie in die teenswoordige tyd en vermy assumptions oor die verlede maar veral oor die toekoms. In die nou en hier, bevestig ons ons bereidwilligheid om oop te wees vir elke vorm van kommunikasie vanaf God om nuwe idees, nuwe geleenthede, en ʼn nuwe realiteit vir ons te ontsluit.
Daar is geen “name it and claim it” formules en towerspreuke nie! Ek is altyd op die uitkyk vir affirmations (plekke waar God vir my sê, ‘dis die pad, hou aan stap!’) Elke dag is ʼn ‘renewal of the mind’ om na die positiewe te gaan soek ongeag of ek voel my hart dra swaar en my gedagtes is broos. My choice is to find the potentialities in my own beingness and it can and will NOT depend on the choices other people make! Daarom staan ons op en saam met die eerste skok om na onsself te kyk in die spieël as jy wakker geword het 😉 sê ek vir myself, “I say “YES!” to life!!” – en met dit sê ek “JA!” vir al die uitdagings wat oor my pad mag kom! Vandag kies ek anders, want vandag is nie gister nie!
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“Affirmations offer a wonderful way to speak abundance into your life. Whether you use a promise from sacred scripture, a prayer, or positive quote from someone, it helps you to embrace life with thankfulness, joy, and hope” ― Rob Bell