4 Junie 2017

Hierdie week se liturgie: 4_junie_2017

Drie mans staan met bakstene en sement besig om te bou. ʼn Vreemdeling kom verby en vra vir die eerste een, “Wat doen jy?” Hy antwoord, “Ek is ʼn bouer, kan jy nie sien nie?” Die tweede een sê, “Ek verdien my brood en botter.”Waarop die derde een antwoord, “Ek bou ʼn kerk.” Wie van die drie het, a sense of purpose?

Almal het wense, drome, begeertes, verlange — min mense het ‘a sense of purpose’ (gevoel van waarde en deug). So blaai ek weer deur die briljante boek ‘The Ordeal of Mansart’ geskryf in 1957 deur die ‘civil rights’ aktivis W.E.B Du Bois waarin hy vier lewensbelangrike vrae vra, “How shall Integrity face Oppression? What shall Honesty do in the face of Deception? Decency in the face of Insult? What shall Virtue do to meet Brutality?”

Dit lyk na vier begrippe wat ons Sondag kan verken as ons dié maand gaan gesels oor — A SENSE OF PURPOSE --want een of ander tyd, in almal van ons se lewe, meer gereeld as af-en-toe, kom die vrae: wat gee sin in my lewe; wat is die betekenis van my lewe; waarvoor leef ek; en hoe bereik ek my doel?

Uit die aard van my werk is dit vrae wat ek baie hoor by mense wat op my bank sit en soek na rigting, verstaan, en betekenis in hul lewe. Dit gesê, is dit ook my beskeie mening dat ALLES wat ons ervaar as moeilik en stresvol ten diepste ʼn ‘spirituele probleem’ is en daarom lê elke antwoord op hierdie eksistensiële vrae in ʼn ‘spirituele oplossing’ ... en wat hiermee bedoel word, is dit: as spirituele wesens is daar ʼn naelstring tussen ons en God wat niks en niemand ooit kan breek nie. Ons kan dit ontken, ignoreer, verraai of probeer wegstap maar breek kan ons dit nooit breek nie. Hierdie verhouding tussen ons en wat ons ervaar as die Goddelike het ʼn impak op alles wat ons is en doen. Vir ons in die Christelike tradisie, is Jesus die een na wie ons opkyk as die doel en mikpunt van ons roeping. Dit waarna Paulus verwys as hy skryf aan die gemeente in Filippense, “Daarom, as daar enige bemoediging is in Christus, as daar enige gerusstelling van liefde, as daar enige gemeenskap met die Gees, as daar enige meegevoel en medelye is, maak my vreugde volledig deur met dieselfde gedagte, gehandhaaf deur dieselfde liefde, een in gees te wees vir dieselfde doel en intensie.” (Fil 2:1-2)

Die probleem met die woord ‘doel’ in Afrikaans is dat dit nie onderskei tussen ‘goal’ and ‘purpose’ nie. Daar is ʼn wesenlike verskil tussen die twee. Die een is iets wat jy bereik en die ander is een wat jy beleef. Die een het te doen met sukses, ambisie, geslaag en behaal terwyl die ander een te doen het met invloed, inhoud, en betekenis. Die een het te doen met jouself, in jouself, vir jouself terwyl die ander een te doen het met my Self in verhouding tot God, my ewemens, die natuur en groter sfeer waarin ons leef. ‘Goal’ het te doen met my. ‘Purpose’ het te doen met ons.
Vir Paulus is ons ‘purpose’ dieselfde as Jesus sin — “I urge you to live a life worthy of the calling you have received. Be completely humble and gentle; be patient, bearing with one another in love. Make every effort to keep the unity of the Spirit through the bond of peace.” (Ef 4:1-3) Brené Brown skryf in haar wonderlike boek ‘The Gifts of Imperfection: Let Go of Who You Think You're Supposed to Be and Embrace Who You Are’ die volgende, “Spirituality is recognizing and celebrating that we are all inextricably connected to each other by a power greater than all of us, and that our connection to that power and to one another is grounded in love and compassion. Practicing spirituality brings a sense of perspective, meaning and purpose to our lives.”

‘Purpose’ het alles te doen met IntegriteitOpregtheidWelvoeglikheid, en Waardes. Dit is nie net ons doel (purpose) nie maar ook ons roeping! Almal het ʼn roeping — dis nie iets wat gereserveer is vir net onderwysers, leraars, verpleegkundiges en brandweermanne nie. ‘Roeping’ is nie iets wat uit die hemel kom en buig of bars sal jy daarby inval nie. Roeping is daardie stil-stem aan die binnekant wat sê — be useful, be honourable, be compassionate, make a difference, be the miracle, be a lifeboat, the light of the world, the corner- and steppingstone, be courageous, have passion, drive, reason, purity, fulfill your purpose by living life alive!

Geen wonder dat die Griekse woord vir ‘sonde’ beteken letterlik “to miss your purpose” en die Hebreeuse woord vir ‘righteousness’ beteken letterlik “to be what you ought to be” ... purpose is to be what you ought to be! Laat niemand jou vertel jy is te min, te klein, te onbelangrik, te onnosel, te dik te dun, te arm, te stom, te simpel om ʼn verskil te maak aan die wêreld om jou, deur jóú unieke menswees nie. Nie net vir wat jy is nie maar juis omdat jy is wie/wat jy is.

“Watter pad moet ek vat?” vra Alice (In Wonderland) vir die Kat, “Dit hang af waarheen jy op pad is” antwoord die Kat. “Ek weet nie” sê Alice, waarop die Kat reageer, “Dan maak dit nie saak watter pad jy vat nie!” Êrens in ons lewe, gouer dan later, moet ons vir onsself vra: waarheen is ek op pad; waarvoor lewe ek en wat weerhou my om voluit te leef? Vind daai stem in jóú hart want elkeen van ons het ʼn unieke lied wat ons moet sing. Laat niemand jou stilmaak nie — sing daai lied met oorgawe uit volle bors! Dan, en slegs dan, sal jy weet wat dit is om vry te wees.

Waar ons vergeet het hoe om daai lied te hoor, word stil ... luister mooi. Aanvaar jouself met die beste en minder-beste eienskappe van jou allerbeste potensiaal. Leef outentiek jou waarheid en ontgin die gawes en talente wat vir jou gegee is om jou roeping te vervul. A Sense of Purpose lê nie in berge klim, met haaie swem of bollemakiesie van ʼn krans in ʼn poel turquoise water duik nie — dit is alles goed wat die avontuur van lewe inkleur. ʼn Sin van waarde is om intensioneel te leef, wat beteken om dit te waag om 'n klein stukkie van jouself agter te laat vir almal wat jy langs die pad ontmoet. STRAIGHTEN UP! “As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid.” (Romeine 12:8)

ACIM — Kolping 8 Junie 19h30. Stad 5 Junie 19h30 — Chapter 12: The Holy Spirit’s Curriculum (p215)

Besoek ons Facebook ​​​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“Your purpose in life is to find your purpose and give your whole heart and soul to it.” ― Gautama Buddha

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights