28 Augustus 2016

Liturgie: 28_augustus_2016

Breyten skryf êrens, “Kom ons praat oor dit wat ons nie sê nie en noem dit verswygings” — vir ʼn maand lank gesels ons oor — GESPREKKE MET MYSELF — en het ons al stil gestaan by verskillende aspekte van hierdie interne dialoog. Eerskomende Sondag sluit ons die gesprek af en gaan gesels oor alles wat ons nie sê nie ... daai gedagtes wat ons stil-stil aan die binnekant dra. Ons wense en drome; ons teleurstellings en bang; ons vreugdes en hoop; ons skuldgevoelens en onbeantwoorde vrae; ons herinneringe en verlange; ons gebede en versoeke; ons humor en geite; ons self-bederf en dae waar ons niks vir niemand te sê het nie. Ons almal is elke oomblik vandat ons wakker word besig met so interne dialoog wat ʼn enorme verleentheid sou wees as iemand dit sou opneem en aan die einde van elke dag vir ons ʼn geredigeerde weergawe terugspeel. Ons koppe raas en die sirkus tussen ons ore is ʼn kakofonie van stemme wat juig, sug, en applous terwyl ons ons daaglikse toertjies doen tussen die apies wat deur hoepels spring.

Snags word ons stil. Kom die stemme tot bedaring, is dit tyd vir daai eengesprek waarna Koos du Plessis verwys in sy lied, ‘Herbergier’ --
Die nag is net toe deure,
gegrendel en gesluit,
en hoop klop soveel kere,
maar die stilte hou hom uit ...
ek weet.

Vir my is daardie stil-gesprekke ook ʼn spirituele dialoog. Elke interne gedagte van vervoering en hoop, van ontsteld en bekommerd, van liefde en geloof, is ʼn gesprek wat geweef lê in die vokale van my spirituele alfabet. Al my gedagtes en emosies is die konsonante maar sonder die vokale is dit ʼn geraas van klank sonder betekenis. Vreemd hoe baie mense steeds nie weet dat ALLE emosies is net ʼn reaksie van die brein op ʼn sekere ervaring, en dat daar ʼn verskil is tussen emosies en gevoelens nie. Hier is ʼn voorbeeld — dink aan die woord ‘traan’ ... die meeste van ons assosieer dit met hartseer, woede, of frustrasie. Trane van blydskap of van lekker lag is ʼn bietjie laer af op die lysie en onderaan is trane van uie en trane as dit koud is. Niemand dink aan trane in terme van ‘water’ wat vrygestel word om die oë te help beweeg en fokus nie en nooit dink ons in terme van hoeveel persent water en hoeveel persent glukose en proteïne in een traandruppel is nie. Ons het net ʼn emosionele reaksie op trane en daardie reaksie is feitlik altyd gekoppel aan ʼn sekere gebeurtenis. Om te dink aan trane ontlok ʼn sekere reaksie (emosie) en die reaksie sê weinig van ons gevoel en niks oor die betekenis nie. Wat ‘voel’ jy as jy aan trane dink sonder om ʼn emosie van hartseer of woede daaraan te gee? Moeilik om dit te antwoord want ons is só gewoond daaraan om aan elke gedagte ʼn sekere emosie te koppel. Iets is lekker of sleg, reg of verkeerd, hou van of haat dit, aangenaam of afstootlik, met bitter min tussenin.

Kom ons praat oor daardie ‘tussenin’ — êrens tussen die logika en rede aan die eenkant en emosies en reaksies aan die anderkant is daar ʼn veld in ons gedagtes waar die paradokse verdamp en die interne dialoog ons help om besluite te maak, opinies te vorm, keuses uit te oefen om sekere goed te doen of te verander. ʼn Non-stop gesprek wat voordurend die wêreld vorm gee soos elkeen dit sien. Afhangende wat jou interne dialoog betekenis gee, sal bepaal hoe jy gaan reageer op sekere goed wat ʼn refleksie is van hoe jy jouself en dinge en mense om jou sien en ervaar. Hierdie hele binne-gesprek hardloop outomaties tot ons daarvan bewus word en dan besluit wat se gedagtes ons gaan energie gee en watter gesprekke met onsself gaan ons stop.

Ons negatiewe emosies is net ʼn reaksie van die brein op iets wat gebeur het. Ons dink dit is onwillekeurig maar glo my, dit is absoluut wat elkeen van ons WIL omrede ons vir elkeen van hierdie gebeurtenisse ʼn keuse het hoe ons gaan reageer en dit begin gebeur wanneer ons beheer neem van ons interne dialoog. Kultiveer die gesprekke wat jy het met jouself. Kies om negatiewe gedagtes te vervang met dit wat positief en opbouend is. Word meer bewus van die woorde wat jy gebruik in jou stil-gesprekke om sekere situasies te beskryf en kies ʼn ander reaksie in jou eengesprek.
Al die Heilige Boeke in al die Spirituele tradisies praat hieroor en vir ons as Christene is daar lieflike herinneringe waar ons spirituele vokale die naelstring vorm tussen dit wat ons dink en dit wat ons ervaar ... dink aan die brief van Paulus aan die gemeente in Efese --
“Lay aside the old self, which is being corrupted in accordance with the lusts of deceit, and that you be renewed in the spirit of your mind, and put on the new self, which in the likeness of God has been created in righteousness (to be what you ought to be) and holiness (wholeness and healed) of the truth (not playing theatre with masks). Therefore, laying aside falsehood, speak truth each one of you with his neighbour, for we are members of one another. Be angry, and yet do not sin; do not let the sun go down on your anger, and do not give the devil (the accuser/slanderer) an opportunity.” (Ephesians 4:22-27)

Vervang die stil-woede aan die binnekant met die stil-vrede van Paulus se brief aan die gemeente in Filippense --
“Rejoice in the Lord always; again I will say, rejoice! Let your gentle spirit be known to all men. The Lord is near. Be anxious for nothing, but in everything by prayer and supplication with thanksgiving let your requests be made known to God. And the peace of God, which surpasses all comprehension, will guard your hearts and your minds in Christ Jesus. Finally, brethren, whatever is true, whatever is honourable, whatever is right, whatever is pure, whatever is lovely, whatever is of good repute, if there is any excellence and if anything worthy of praise, think about these things.” (Philippians 4:4-8)

Miskien klink dit vir jou na ʼn sentimentele cliché as ons hoor — negatiewe gedagtes lei (ly) tot negatiewe reaksies, lei tot ʼn negatiewe ondervinding. Positiewe gedagtes lei tot positiewe reaksies, lei tot ʼn positiewe ervaring! Sadly or gladly, this is true ... and the choice is our thoughts (willpower)! Kom ons het ʼn gesprek hieroor Sondag met 7 wenke hoe om ons gedagtes te skuif van ego-denke na siel-denke en sodoende ʼn totaal ander ervaring sal hê met die uitdagings wat soms oor ons pad kom.

🌺 ACIM — Kolping 19h30: 8 September — en Stad 19h30: 29 Augustus

Besoek ons Facebook 

Gedagte vir die Week:
“I cannot change the world but I can change the way I think about the world. And when I change the way I think about the world, suddenly the world changes.” — A Course in Miracles

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights