27 Maart 2016

Liturgie: 27_maart_2016

“The moon is a loyal companion. It never leaves. It's always there, watching, steadfast, knowing us in our light and dark moments, changing forever just as we do. Every day it's a different version of itself. Sometimes weak and wan, sometimes strong and full of light. The moon understands what it is to be human.” ― Tahereh Mafi, ‘Shatter Me’

Paasnaweek word elke jaar bepaal deur die Maan. Paas Vrydag is die eerste Vrydag, na die eerste volmaan, na die Lente Equinox in die Noordelike Halfrond. Met ander woorde — 20/21 Maart was die amptelike begin van Lente (Herfs by ons), vandag is dit volmaan, eerskomende Vrydag is die begin van Paasnaweek. Volmaan gaan nooit ongesiens verby nie, die water in my lyf raak onrustig tussen eb- en springgety. Die rotspunte van gedagtes en emosies lê vlak en diep en mens moet mooi trap om nie meegesleur te word nie.

Ewemin kan Paasnaweek net nóg ʼn langnaweek wees ... ʼn wegkomkans. Nie as jy ernstig is oor jou spiritualiteit in die algemeen en verhouding met God spesifiek nie. Paasnaweek is vir Christene wat Yom Kippur is vir die Jode. Dit gaan oor VergiffenisVersoening en Verlossing. Dit gaan ten diepste oor ons eie sterwe en opstanding, van donkermaan na volmaan, van duisternis na helder lig. Die gebeure van 2000 jaar gelede word ʼn metafoor vir ons eie (daaglikse) kruisiging waar ons onsself vasspyker teen ʼn kruis tussen die twee moordenaars genaamd: skuldgevoel en vrees. Dit gaan beslis nie oor ʼn fisiese dood en fisiese opstanding nie — wie die verhaal nog histories letterlik lees, bly vasgevang in ʼn narratief wat afspeel in ʼn Joods-Romeinse milieu ± 35AC. Dis veel meer as net dit!

Dit bly hartseer dat die meeste Christene steeds Jesus elke Paasnaweek kruisig sodat hy in vlees (vorm) en bloed (betekenis) kan opstaan uit die dood. Miskien is dit vanweë ons menslike behoefte/begeerte om in dié vorm (liggaam) ewig te leef in ʼn metafisiese realm waar die ‘hemel’ ʼn ekstensie is van ons aardse lewe behalwe, daar is ek ʼn superman — geen siekte, sorge, hartseer. Die vraag is, wat van dié lewe; hoe gaan ek om met siekte, sorge, en hartseer in dié lewe; hoe reflekteer ek ʼn lewe van waardering en dankbaarheid? Met respek en versigtigheid gesê — God is ʼn God van NOU, nie ʼn God van eendag, miskien nie! Ons kan tog nie net na God roep in dae van verwydering, verwerping, en verdriet nie. Hemel is hier en nou!

Wat is ‘sonde’ ...? Die Griekse woord ‘hamartia’ beteken om ʼn pyl in ʼn boog te trek en die teiken mis te skiet, om jou doel te mis. Teologies-tradisioneel is die kruis ʼn simbool van verlossing van sonde. Ons is ook geleer dat ons in ‘sonde ontvang en gebore is’ en dat die ‘sonde’ deel is van ons menslike natuur. Ek glo dit nie meer nie. Ek is in liefde ontvang en gebore, is met liefde grootgemaak deur twee ouers wat in alle opsigte my gewys en geleer het om die liefde van God te reflekteer. Ons is nie sondig nie, ons doen sonde ... ons mis soms ons doel, ons raak soms verdwaal, ons vergeet soms. So het die kruis vir my ʼn simbool van LEWE geword — “I came that you may have life, and have it abundantly!” (Johannes 10:10)
Die verhaal van Job is ʼn stuk poësie uit die wysheidsliteratuur wat deur alle eeue nog net so relevant is vir die mens se verskillende Godsbeelde. ʼn Jongman met die naam Elihu is in ʼn gesprek met Job en hy sê vir Job, “Wat jy praat is wind!” en dan verwys hy na Job se projeksies en persepsies en as Job die verskoning wil gebruik dat ons onderworpe is aan die ‘sonde’ dan antwoord Elihu hom, “Kyk op, kyk na die hemel, kyk na die wolke hoog bokant jou: as jy sondig, wat doen dit aan God, as jy baie keer oortree, hoe raak dit Hom, as jy sonder sonde is, wat baat dit Hom, wat kry Hy van jou? Jou sonde raak jou medemens en jou onskuld raak jou medemens.” (Job 35:5-8) Die Hebreeuse woord wat hier gebruik word vir ‘sonde’ is die woord ‘gataa’ wat ook beteken ‘doel mis’ maar ook beteken: om in skuldgevoel te leef, om straf te verwag, om jou vryheid te verbeur. Daarom beteken beide die Hebreeuse én Griekse woord vir ‘vergiffenis’ — om vry te maak, nie te knoop nie, nie ontken, blameer, of verwyder nie.

Daarom is die getuienis van Johannes ook my eie credo — “Waar liefde is, is geen vrees nie maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.” (1 Johannes 4:18) Die verskoning dat ons nie volmaak lief kan hê nie is die belydenis van ʼn lafaard wat nie verantwoordelikheid wil neem vir ons verdwaal en doel mis nie. Eenmaal per jaar is dit die ‘geleë tyd’ (geleentheid) om te beweeg vanuit die ego-denke van sonde, straf, en vrees na die mindfulness van siel-denke wat gaan oor versoening, vergiffenis, liefde. Die ego (materiële, aardsgebonde mens) hou ons gevange in die denkpatrone van verwydering (separation) terwyl die siel die essensie is van die versoening van ons bestaan ... die Asem van God wat in elkeen van ons asem ... dié Lewe wat my lewe kultiveer en restoureer. Paasnaweek staan altyd in die Lig van transformasie. Kom ons sluit ons maand se gesprek oor GELEENTHEDE af met ʼn gesprek oor TRANSFORMASIE en ons doen dit aan die hand van bostaande teksverse en onderstaande gedig en dan breek ons brood en deel wyn om ons te herinner dat in ‘brood’ onthou ons dat ons één liggaam is en in ‘wyn’ herdenk ons die onlosmaaklike naelstring tussen my lewe en dié Lewe — dink daaroor as jy vanaand die volmaan sien, onthou dit hierdie Paasnaweek --
Live A Life That Matters 
Ready or not, someday it will all come to an end. 
There will be no more sunrises, no minutes, hours or days. 
All the things you collected, whether treasured or forgotten, will pass to someone else. 
Your wealth, fame and temporal power will shrivel to irrelevance. 
It will not matter what you owned or what you were owed. 
Your grudges, resentments, frustrations, and jealousies will finally disappear. 
So, too, your hopes, ambitions, plans, and to-do lists will expire. 
The wins and losses that once seemed so important will fade away. 
It won't matter where you came from, or on what side of the tracks you lived, at the end. 
It won't matter whether you were beautiful or brilliant
Even your gender and skin colour will be irrelevant. 
So what will matter? 
How will the value of your days be measured? 
What will matter is not what you bought, but what you built; not what you got, but what you gave. 
What will matter is not your success, but your significance. 
What will matter is not what you learned, but what you taught. 
What will matter is every act of integrity, compassion, courage or sacrifice that enriched, empowered or encouraged others to emulate your example. 
What will matter is not your competence, but your character. 
What will matter is not how many people you knew, but how many will feel a lasting loss when you're gone. 
What will matter is not your memories, but the memories that live in those who loved you. 
What will matter is how long you will be remembered, by whom and for what. 
Living a life that matters doesn't happen by accident. 
It's not a matter of circumstance, but of choice. 
Choose to live a life that matters
— Michael  Josephson.

ACIM — 4 April in die STAD 19h30 en 14 April by Kolping 19h00 — Chapter 11: GOD OR THE EGO

Besoek ons Facebook

Gedagte vir die Week:
“Once the soul awakens, the search begins and you can never go back. From then on, you are inflamed with a special longing that will never again let you linger in the lowlands of complacency and partial fulfilment.” ― John O'Donohue, Anam Cara: A Book of Celtic Wisdom

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights