Hierdie week se liturgie: 26_januarie_2014
Goeie(warm)môre — ek is seker daar is nog mense wat gisteraand nie kon slaap as gevolg van die hitte nie ...
ʼn Bitter-Twitter tweet vir sy 5000 volgelinge “Evaluate the people in your life; then promote, demote, or terminate. You’re the CEO of your life!” — en ek wonder of ek in ʼn gekkeparadys leef want wat sê dit van onsself as dít jou gesindheid is, om nie eers van ‘liefde’ te praat nie? Ek twyfel of ek enige vriend sal oorhê as ek eers geëvalueer moet word, wat nog te sê, bevorder of verorber word vir wat ek gee, of nie gegee het sodat die “CEO” sy/haar bonus kan kry nie? Ek is opreg dankbaar dat die ‘maatskappy’ vir wie ons werk en aan wie ons almal behoort se “CEO” nie só bordjie by Sy/Haar deur het nie ... kan jy jou voorstel?
Eerskomende Sondag sluit ons die maand se tema af oor COMPASSION en ons bring dit nader aan ons eie hart want compassion is iets wat begin by jouself, vir jouself, met jouself — en dan hoor ons weer die bekendste gedeelte oor die liefde (lees: compassion)
“Love is patient, love is kind. ** It does not envy, it does not vaunt itself, it is not proud. It is not rude, it is not self-seeking, it is not easily
angered, it keeps no record of wrongs.
Love does not delight in unrighteousness but rejoices with the truth. It always protects, always believes, always hopes, always
perseveres.” [1 Korintiërs 13:4-7 Direk vertaal]
Dan onthou ons hierdie herinnering oor hoe lyk ‘compassion-of-the-heart’ — Hoe dikwels word dié gedeelte gelees by troues ... en knoop dit ʼn strikkie vir die liefde tussen die minnaar en sy beminde. Ons hoef eintlik nie eers oor compassion te praat waar mense ‘verlief’ is nie want dit vloei spontaan as ʼn werkwoord ... en dan vergeet ons, en verloor ons onsself. Die skrywer van hierdie woorde skryf aan ʼn gemeente in Korinte om hulle te herinner aan die LIEFDE wat sigbaar word in ons omarming van elkeen wat ʼn vreemdeling is [die woord vir ‘gasvry’ in Grieks beteken letterlik: lover of strangers]
“Julle moet mekaar altyd liefhê. Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees,
het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves.” [Hebreërs 13:1-2]
As ons maar net die prekie van ʼn huweliksluiting oor die mag en krag van die liefde kan saamvat in ons gesinne, ons werk milieu, ons sosiale kringe, ons maatskaplike noodroep ... en die begrip COMPASSION kan weef in ʼn veel groter konteks as net iets wat ons ‘doen’ maar in die manier waarop ons hierdie LIEFDE vleg in elke gedagte sodat ons nie net emosioneel en spiritueel daarop sal reageer nie maar ook intellektueel sal verstaan waartoe ons compassion in staat is om ʼn wesenlike verskil te maak in die ganse manier van hoe die mens funksioneer op hierdie planeet. Emosioneel-fisies weet ons mos — cuddling literally kills depression, relieves anxiety and strengthens the immune system — waarom is ons so suinig met ons compassion?
In my slapeloosheid gisteraand, swerf ek op die internet en kom op ʼn woord af — Sapiosexual: a person who is sexually attracted to intelligence, or the mind — en toe lees ek verder ... it is beautiful when you find someone that is in love with your mind. Someone who wants to undress your consciousness and make love to your compassion. Someone that wants to watch you slowly take down all the walls you’ve built up around your mind, and let them inside!
Wat ʼn mooi beskrywing wat die betekenis is van ‘compassion-of-the-mind’ — Marianne Williamson skryf êrens in een van haar boeke, “You must learn a new way to THINK before you could master a new way to BE” Dit het uiters belangrik geword om ʼn kultuur van compassion te kultiveer ter wille van ons medemenslikheid in die algemeen maar ons eie humanity in besonder. Wanneer ons harte oopgaan vir ons eie broosheid en hartseer, sal ons harte bewus word van ander om ons se honger en dors na compassion en dan sal ons besef dat hulle dieselfde maraton hardloop as ons.
Hoe hardloop mens die maraton van die lewe? Soos enige iets anders vra dit voorbereiding (oefening, dissipline, toewyding); dit vra dat jy sal opdaag (bereidwillig, moedig, positief); en dan hardloop ons die wedren en ons help mekaar teen die opdraandes en fluit saam teen die afdraandes (**“nie afgunstig nie, nie grootpraterig nie, nie verwaand nie”) -- maar die belangrikste is die ONDERSTEUNERS langs die baan — hulle wat die water aangee, die krampe uitvryf, aanmoedig, gelukwens soos wat elke mylpaal bereik word. Sonder hierdie mense in ons lewe sal niemand ooit ʼn wedloop kan voltooi nie. Hulle is die mense wat omgee met hande, voete, harte en gedagtes ... dis hulle wat dag of nag ons êrens sal kom haal waar ons verdwaal het ... dis hulle waarna Hebreërs 12:1 verwys as dit sê —
“Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi,
-ok die sonde [doel mis] wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop …”
That’s how we will be the compassion we so desperately need and desire! That is how we will become the love that moves through life … gracefully, beautifully!
Dit is hartverblydend om Sondae in die Kapel te stap en dis sirkelsvol met elke stoel wat asem in één stem, “ons is hier, hier is ons, ons het mekaar nodig vir hierdie reis wat ons noem LEWE!”
Die Kolping ACIM groep begin weer Donderdag 23 Januarie — en ons lees Chapter 1, Section 1 “The Meaning of Miracles” (net die eerste twaalf verse)
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“Compassion is the ability to see what needs doing right now, and the willingness to do it right now.” ― Brad Warner