Liturgie: 25_september_2016
Vir ʼn maand reeds gesels ons oor LENTE as die seisoen van TRANSFORMASIE en het ons etlike beginsels bespreek wat hierdie vernuwing/verandering in gedagtes (emosies) en hart (gevoelens) behels en dit op ʼn eenvoudige manier gedoen sodat ons dit prakties ook aan ons kinders en kleinkinders kan oordra. Ons het gekyk na die betekenis van die woorde — separate, connected, and interconnected — sodat ons vir eens en vir altyd verstaan wat beteken die begrip — ONENESS ... nie net in ons verstaan daarvan nie maar hoe ons dit elke dag ervaar want Lente is ʼn oproep om ons eenheid met alles te ervaar. Ons het ook gesels oor ons Godsbeeld en hoe ons in die 21ste eeu ʼn ander manier moet vind om oor God te dink en praat soos Fr Richard Rohr dit mooi verwoord, “God is not what most people think. Visions of an angry, distant moral scorekeeper or a supernatural Santa Claus handing out cosmic lottery tickets to those who attend the right church or say the right prayer dominate our culture. For many others, God has become irrelevant or simply unbelievable. It is my belief that changing our perception of God has the potential to change everything.”
Ons sluit ons gesprek eerskomende Sondag af en gesels oor — GOD TALKS TO EVERYONE ALL THE TIME — want dis maklik om na die verandering van seisoene om ons te kyk en dan te sê dat ons God sien/voel/hoor in die natuur. Ons verstaan tog dat as ons sê, “God praat ...” dan bedoel ons dit nie letterlik met lettergrepe uit ʼn hemel nie maar eerder daai stil immanente stem aan ons binnekant. Noem dit die ‘taal van die intuïsie’ as jy wil, of die ‘aanvoeling van ons beste en mooiste intensies’ ... die stem van inspirasie en dit wat betekenis gee in ons lewe. Kom ons verken Sondag ʼn paar maniere hoe ons hierdie ‘Stem’ kan hoor en ons gedagtes, gevoelens, en gewaarwording kan kultiveer om nie net te hoor nie maar ook positief daarop sal reageer.
Feitlik alle Christene sal sê dat God homself openbaar aan die mens deur direkte kommunikasie aan die mens ... dit was after all wat gebeur het met Moses en Elia en Jesaja en Jesus en Paulus en .. en .. en dan stop dit daar. God se eerste en laaste woord aan die mensdom was aan ʼn spul woestyn nomade wat daarop geroem het dat hul die ‘uitverkore volk’ is en dat hul Godsbeeld die enigste en regte manier van dink en doen oor God is. As iemand vandag moet sê dat God met hom/haar ʼn gesprek het dan kyk ons so persoon aan asof hy/sy of mal geword het óf besig is met godslastering. Die vraag is, wanneer het God gestop? Jy kan vir enige kind vra of God met hulle ‘gesels’ en die antwoord is dadelik, sonder huiwering, “JA!” maar vra dit vir volwassenes en die antwoord hakkel en stotter dat God net met ons geloofsvaders 3000-2000 jaar gelede in gesprek was en dat hul woorde, ál hul woorde, nét hul woorde die (enigste) woord van God is.
Tog weet die meeste van ons dat hierdie gesprekke plaasvind al is ons geleer om dit nie te glo nie, ons noem dit net iets anders — serendipity, coincidence, intuïsie, insig, briljante idee, skielike bewuswording, weerligstraal wat jou tref, ʼn oomblik van helderheid, enige iets solank ons dit net nie ‘Conversations with God’ noem nie. Ons leer ons kinders dat ‘gevoelens is die taal van hart’ en ‘emosies is die taal van ons gedagtes’ maar vergeet dat die pad van gedagtes na die hart loop deur die siel — daardie aspek van lewe wat die naelstring is tussen ons lewe en dié Lewe wat in en deur ons asem. Miskien is hierdie gesprek net ‘verlore in vertaling’ (lost in translation) omdat die meeste van ons nie weet hoe om te weet nie (we don’t know how to know).
Hier is wat ek hoop my seun sal onthou in die Lente van sy lewe ... nie net ‘dát’ God met ons in gesprek is nie maar bewus sal wees van die ‘hoe’ (constantly, continually, consistently).
So, let us talk about a VERNAL (Lente) conversation --
🌹 VULNERABILITY -- ons hoor dikwels, “Be yourself!” Om onsself te wees, beteken om ‘oop’ te wees daarom hoor ons gewoonlik die Stem die duidelikste wanneer ons ‘oop’ is. Leer om met vrede om te gaan met jou weerloosheid.
🌻 EMPATHY -- empatie kweek intimiteit en intimiteit kweek aanvaarding wat nie beteken “laat Gods water oor Gods akker loop” nie maar om met opregte omgee ʼn engel (boodskapper) te wees van compassion.
🌺 RESPONSIBILITY — om verantwoordelikheid te vat vir ons gedagtes, gevoelens, en gebeure sodat ons (as beeld van God) ware ambassadeurs sal wees van ʼn geloof, hoop, en liefde.
🌷 NEEDS -- ons almal het behoeftes en verwagtinge, die vraag is ‘hoe gaan ons daarmee om’ sonder om ʼn slaaf daarvan te word? “There are two ways to get enough. One is to continue to accumulate more and more. The other is to desire less.” ― G.K. Chesterton
🌱 ATTITUDE -- die gesindheid waarmee ons elke dag aanpak, bepaal die blywende inpak wat elke ervaring vir ons bring asook ʼn helderheid om te kan onderskei tussen wat sin en wat onsin is.
💐 LOVE -- en ja, altyd en nog ʼn keer, weer en weer die herinnering dat alle transformasie begin en eindig met liefde. Elke druppel reën en bloeisel van Lente staan in die gees van ʼn Liefde wat milddadig in ons tuin bot.
Kom deel Sondag saam met ons as ons gesels oor emosies, intuïsie, gevoelens, ‘gut feelings’, drome, natuur, gebed, meditasie, musiek, gedigte, films, foto’s en elke ander kreatiewe manier wat inspireer en motiveer om Lente te omarm in die volheid daarvan!
🌺 ACIM — Kolping 19h30: 22 September — en Stad 19h30: 26 September
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Spring makes its own statement, so loud and clear that the gardener seems to be only one of the instruments, not the composer.” — Geoffrey B. Charlesworth