25 Maart 2012

Hierdie week se liturgie: 25_maart_2012

Alhoewel Menseregtedag wêreldwyd op 10 Desember gevier word, is dit in Suid Afrika op 21 Maart as ʼn herinnering van die Sharpeville Menseslagting op 21 Maart 1960. Dit is ʼn dag wat in bloed geskryf staan dat ALMAL in hierdie land die reg het om menswaardig behandel te word. Dit is NIE ʼn dag wat vra wat doen die regering reg of verkeerd nie; nog minder ʼn dag vir “ja, maar ...” — dit is ʼn dag om te onthou wie ons is en te onthou dat wat ek aan my ewemens doen, doen ek aan myself.

Die hele maand gesels ons oor die tema: DIE GEES VAN MENSWEES. Ons het al gepraat oor die woord “GOD” wat nie noodwendig iets sê oor wat die Goddelike is nie maar wel alles sê oor ons ervaring met dit wat ons verstaan as God. Ons het laas Sondag die begrip “HEILIGE GEES” verken en wat dit beteken. Albei temas is padkos vir die reis van somer na herfs. Soos die dae korter word en die lig sagter, is daar ʼn nadenke oor dit wat ons geoes het die afgelope somer en wat bêre ons in ons skure vir die winter wat voorlê.

Eerskomende Sondag gaan ons kyk na die baie bekende teksvers uit Johannes 14 wat sê “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Joh 14:6) en hoe dit inklusief is en nie eksklusief geïnterpreteer moet word sonder om die hele hoofstuk in die konteks te lees van ʼn paar verse later wat sê “Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen” (Joh 14:12). Ons almal is seuns en dogters van God en as ons dit besef, sal ons ook besef wat is die potensiaal wat in ons opgesluit lê en hoe dit ons lewe vernuwe, verander en verlig.

Ons is Seuns en Dogters van God –
Gebore as beeld van God(Gen 1:26)
Gebore as saad van God (1 Petrus 19:23)
Gebore as kinders van God (1 Joh 3:1)

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Ons vra omverskoning vir diegene wat laas Saterdag honderde sms’e ontvang het L Die maatskappy (Clickatell) deur wie ons die sms’e stuur verseker my dat die fout by Vodacom lê en dat Vodacom besig is om dit te ondersoek. Dit was totaal buite ons beheer. Hopelik sal Vodacom nie weer eerskomende Saterdag vas-hakkel nie  ;-)) 

SAVEsommer die nommer van Saterdaese SMS as Neo-Spektrum op jou foon dan weet jy waarvandaan dit kom 😉
10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum —
Hoop elkeen van julle het ʼn heerlike vakansiedag waarin ons aan onsself maar ook aan ander ʼn stukkie menswaardigheid gee.

Ons sluit ons inleidende kursus in ACIM (A Course in Miracles) af op 22 Maart 19h00 by die Kolping Sentrum.
Na die skoolvakansie gaan ons in diepte kyk na die temas uit ACIM. Almal is welkom om daarby in te skakel. Meer inligting volg binnekort.

Gedagte vir die Week:
“We enter into a covenant that we shall build a society in which all South Africans, both black and white, will be able to walk tall, without and fear in their hearts, assured of their inalienable right to human dignity – 
a rainbow nation at peace with itself and the world.” — Nelson Mandela

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights