Hierdie week se liturgie: 25_Junie_2017
Ons sluit eerskomende Sondag af met ons tema — A SENSE OF PURPOSE — en gaan die maand se gesprekke saamvat oor die verskil tussen ‘goal’ en ‘purpose’ om ʼn skuif te maak van kop na hart, van ego na siel, van vorm na inhoud, van beroep na roeping.
Daar is ʼn wonderlike artikel van Zdravko Cvijetic oor “13 Things You Should Give Up If You Want To Be Successful”waarin hy meer as ʼn handvol riglyne gee oor Persoonlike Groei. My idee van sukses was nog altyd meer gekoppel aan ‘a meaningful life’ eerder as ‘wat ons bereik’, meer oor my ‘bydra om die wêreld ʼn beter plek te maak’ as ‘what is in it for me’, meer oor die ‘ons’ as net ‘myself’ ... in die woorde van Betty Anderson Stanley — “He has achieved success who has lived well, laughed often and loved much; who has enjoyed the trust of pure women, the respect of intelligent men and the love of little children; who has filled his niche and accomplished his task; who has left the world better than he found it, whether by an improved poppy, a perfect poem, or a rescued soul; who has never lacked appreciation of Earth’s beauty or failed to express it; who has always looked for the best in others and given them the best he had; whose life was an inspiration; whose memory a benediction.”
‘Sukses’ lê nie in kwalifikasies, bestuursposisies, besighede, bankbalans, bakstene en als wat met tyd verdamp en na jou dood geen betekenis het nie. ‘Sukses’ lê in ʼn balans tussen hart, kop, en lyf. Dit lê in harmonie tussen gedagtes en gevoel. Dit lê in verantwoordelik vat vir die geluk, vreugde, en vrede wat oorloop vanuit die hart en nie in die ‘paraphernalia’ wat iemand vir jou moet gee of vir jou moet doen nie. Ja, ‘sukses’ het alles te doen met ons liefde en hoe ons elke lewenstaak aanpak uit die bron van energie wat gebore word uit die groter Liefde. So, kom ons verander Zdravko Cvijetic se “Successful” na “Purposeful” en kyk of daar iets is wat ons vandag kan pak in ons knapsak vir die reis vorentoe en dan verken ons Sondag hierdie onderwerpe. Wat hy voorstel, is om nie goed te wil byvoeg nie maar sekere goed op te gee want volgens hom, en ek stem daarmee saam, het ons lewe reeds te veel wat ons moet saamdra, meer as genoeg wat net plek, tyd, en energie vat sonder dat dit enige waarde toevoeg --
Al tien het ook ʼn diep spirituele betekenis — as dit gaan oor ons lyf en gesondheid dan sê Paulus, “Daar is mense wat sê: “Alles is my geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is my geoorloof,” sê hulle. Ja, maar ek gaan my nie deur enigiets laat verslaaf nie.” (1 Kor 6:12) of as dit gaan oor verskonings dan verwys Rom 12:2 na, “Do not be conformed to this world, but be transformed by the renewal of your mind, that by testing you may discern what is the will of God, what is good and acceptable and perfect.” Waar dit gaan oor ons beheptheid en beheer dan praat Fil 4:6-7 van “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” Dié Jesus wat gesê het in Matt 5:37, “Laat jul ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’ want enige iets meer as dit kom van PONIROS (slegte natuur of kondisies, heavy burdens). Of ten slotte som Jesus dit op as hy die verhaal vertel van die man wat gesê het, “Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’ Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.” (Luk 12:19-21)
“We make our purpose.” het Carl Sagan gesê. Ons grootste doel en roeping op aarde is om waarde toe te voeg tot ander se lewe. As jy die vraag, “Wat sal jy doen as geld (vrees) nie ʼn objek is nie?” geantwoord het, sal jy weet wat is jou ‘purpose’ ... Kom breek Sondag saam met ons brood en deel in die wyn as ons die nuwe seisoen vier met oortuiging en oorvloed.