24 Junie 2012

Hierdie week se liturgie: 24_junie_2012

Laas Sondag het Dr Rudi Labuschagne gesels oor seker die (enigste) belangrikste vraag in ʼn mens se lewe: “Wie is ek?” — ʼn mens kan die vraag uit soveel verskillende hoeke beantwoord maar op die ou einde raak al die punte aan dieselfde lyn wat ʼn sirkel is om al die hoeke. ʼn Mens begin die antwoord met – “Ek is ...” en alles daarna is potlood kleure; lappe klere; spieëls (refleksies) en maskers (projeksies). Die verhaal van Moses by die brandende bos vra ook hierdie vraag en as hy hoor hy is die vlam van die vuur; die water van die rivier; die sand in sy hand; die een in die ÉÉN dan vra hy: “Maar wie is U?” en die antwoord refrein sy vraag oor homself: Ek is wat ek is.

Picture

Ons soek soms so hard vir antwoorde dat ons vergeet wat die vraag was. Gaan dit oor al die strepies en hoeke en blokkies, óf die allesinsluitende sirkel? Nie ʼn sirkel wat beperk en begrens nie maar ʼn sirkel wat sê: ek is onlosmaaklik deel van alles wat is. Ander se lewenslyne kruis my pad, ander loop hand aan hand. Soms is die hoeke skerp en soms lyk dit doelloos en net blokke – maar dit alles bly deel van die wonderlike reis wat ons noem: Lewe!

Pas na ons gevra het “Wie is ek?” is die vraag daarna gewoonlik: Maar wat is my doel? Waarom is ek hier? Oscar Wilde eenmaal gesê het: “Om goed te lyk en welgekleed te wees, is (vir mense) belangrik, nie wat hul doel in die lewe is nie.” Kom ons gee Sondag ʼn uur om onsself weer te herinner: waarom is ek hier; wat is my doel; waarom doen ek nie wat ek sê nie; wat is my intensies en hoe gaan ek dit doen?

Besluit wie jy IS en WEES dit.
·         Onthou jou geskenke van vreugde en vrede
·         Lewe is ʼn proses van potensiaal en betekenis
·         Moenie berge skuif nie, skuif klippe 
·         Leef jou waarheid, vertrou jouself en asem
·         "You were born an original. Don't die a copy." — John Mason

10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum —  Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Die doel van lewe is nie om soos mekaar te wees nie, waag dit vandag om jouself te wees as ʼn refleksie van wie jy is in God!

Daar word Saterdag 23 Junie 2012 by die Kolping Sentrum ʼn lesing aangebied oor ‘Die Geskiedenis van die Bybel’ — wie het dit geskryf; waar kom die verhale vandaan; wat is feitlik en wat is oorvertellings; hoe vleg dit inmekaar; en wat is die betekenis daarvan op ons lewe vandag? Dit is enkele van die vrae wat beantwoord sal word. Kom deel in ʼn heerlike oggend van 10am tot 2pm oor die boeiende onderwerp. Kontak my asseblief (per epos) as jy belangstel.

Gedagte vir die Week:
“The purpose of life is to discover your gift. The meaning of life is to give your gift away.” — David Viscott

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights