24 Januarie 2016

Laas Sondag het ons gesels oor Mozart se ‘voetspore’ en die herinnering dat ons almal is ʼn ‘AMADEUS’ (beloved of God) ... lees ek op die oomblik ʼn boek van Ernest Agyemang Yeboah, ‘Distinctive Footprints of Life’ waarin hy verskeie paaie verken om ons te begelei met die vraag — waarheen is jy op pad? Die res van die maand gaan ons ʼn paar onderwerpe uit dié boek bespreek onder die tema — FOOTPRINTS, FOOTSTEPS and FOOTPATHS of LIFE — en skop eerskomende Sondag af met ʼn gesprek oor ʼn DOELGERIGTE en DOELBEWUSTE LEWE!

From the womb to the tomb — ons kom in die wêreld en gaan deur verskillende fases ... hallo, kleuter, kind, adolessent, volwassene, bejaarde, koebaai. In die spirituele domein sal ons kan sê, engel (light) – mens (frozen light) – engel (light) ... of die kwantum fisika sal dit verwoord as, cosmic consciousness, human consciousness, divine consciousness. Presies wat en hoe weet ek nie maar waarvan ek wel seker is, is die feit dat ons is nóú hier en wat ons vandag doen en hoe ons vandag reageer op alles wat ons ervaar, maak die verskil tussen ʼn lewe wat sin en betekenis het of die ervaring (reaksie) dat ons lewe is ʼn mallemeule van kaf en fluff.

Gedagtes verskyn soos prentjies sonder enige beheer en hoe ons daarop reageer, is wel ʼn willekeurige keuse. Elke dag word ons wakker met vrae elke oomblik van die dag. Hoe ons dit antwoord bepaal die voetpaaie en voetspore van ons dag en lewe. Die vrae kom in pakkies oor ons familie en vriende, ons kennisse en loopbaan; ons aksies en reaksies hoe die dag se reis gaan ontvou. Gedagtes wat sinvol en relevant is, is die padtekens op ons kaarte en oases op ons lewenspad. Wat is jou eerste en laaste gedagtes van die dag? Is daar tyd soggens na die wekker afgegaan het vir ʼn minuut of twee se gedagte, “I come from asleep to awake” gevolg deur ʼn seënbede vir die dag? Is jy so moeg as jy saans die bed slaan dat jy dit net-net regkry om die liggie af te sit of is daar ʼn oomblik vir ʼn aandgebed, “Dankie vir ʼn dag se voetspore, laat die beste van vandag my drome inkleur” — of verdamp die dag in nóg ʼn nag ... een dag nader aan die laaste nag?

“Wat jou hand ook al vind om te doen, doen dit met al jou krag; want daar is geen werksaamheid of beplanning of kennis of wysheid in die doderyk waarheen jy op pad is nie” vermaan Prediker 9:10.

“The big question is, what footprints do we leave behind us as we pursue our footsteps?” vra Yeboah in sy boek. Ons almal leef met ʼn verlede. Wat ons ʼn oomblik gelede gedoen het, is in die verlede en ʼn voetspoor. Teen die tyd wat jy die epos klaar gelees het, is dit ook in jou verlede en ʼn voetspoor in jou leeftyd. Soms is dit moeilik om jou voetspoor te sien in die warboel van ʼn duisend ander se voetsole. Waar ons oomblikke het van afsondering hetsy alleen of met naby vriende en familie is die spore duideliker. Ons lewenspad het koeltebome en rigtingwysers, afdraaipaadjies en T-aansluitings. Sommige mense reis saam met ons vir ʼn rukkie en dan kies hulle om af te draai. Sommige besluit om vir ʼn wyle êrens anders te vertoef en dan loop hul ons weer van agteraf in en reis verder saam.

Die wonder van die lewe is dat elkeen van ons unieke voetspore los wat ons agterlaat met unieke stories. Dit is opvallend hoe min mense nog stories vertel ... byname hul eie stories asof ons ʼn minderwaardigheid het dat ons storie is nie die moeite werd om te verhaal nie — our story has become nothing else but his story (history?) ... miskien vanweë die media waar koerante, tydskrifte, Facebook, TV en films vir ons iemand anders se storie vertel. Wat van jóú storie? Wat van jóú voetspore?
Miskien kan ons dit hierdie jaar anders doen!

“Live your life as from the end to the beginning and not from the beginning to the end” sê Ernest Yeboah wat herlei na die feit dat ons te dikwels in die verlede leef trouens, te veel droom dat gister, môre anders sal uitspeel. Ons is vasgevang in spyt en selfverwyt en die emosionele pyn van hierdie reaksies maak ons seerder as die persoon of situasie wat ons blameer dat ons voetspore toewaai onder die stof van skuldgevoelens en vrees. Rick Warren skryf op ʼn plek — “We are products of our past, but we don't have to be prisoners of it” en gaan dan verder deur te sê, “Experience is not what happens to you. It is what you do with what happens to you.” Uiteraard word ons voetspore gesool deur ons ouershuise asook tersiêre opvoeding; deur ons vroeë godsdiens ervaring en spirituele ontwikkeling; ons huwelike en interpersoonlike verhoudings. Al hierdie padtekens wat ons oprig is soms so gefikseer op die GPS (toekoms) en truspieëltjie (verlede) dat ons vergeet om die landskap te bewonder of die vensters af te draai met wind in ons hare en radio op sy hardste terwyl ons sing, “Shine, shine your light on me!” (VNV Nation, NOVA)
Kom ons staan Sondag stil by ʼn paar voetspore van ʼn ‘purposeful life’ — (i) bou ondersteunende verhoudings met mense om jou (ii) neem verantwoordelikheid en leef eerlik teenoor jouself (authenticity) (iii) niemand is in kompetisie nie en ons steier nie uit vrees vir mislukking nie (iv) ʼn lewe van dankbaarheid en waardering en (v) know your “WHY.” If you don’t have a good answer for “why” you won’t have much success with “What” or “How.”

Maak nie saak hoe oud jy is, hoe vêr jy al gereis het, wat jou agtergrond of lewenservaring is nie — dit is my beskeie mening, that only a life lived from/in/through a spiritual consciousness, awareness, and presence will be a purposeful life ... sure you can be successful in whatever you do but I doubt if your life will have footprints, footsteps, and footpaths of a purposeful life which is an acknowledgment that “There are powers far beyond us, plans far beyond what we could have ever thought of, visions far more vast than what we can ever see on our own with our own eyes, there are horizons long gone beyond our own horizons.” ― C. JoyBell C.
Kom reis die maand saam met ons ... ʼn Wysheidsirkel vol bekende en nuwe voetspore!

ACIM — 28 Januarie by KOLPING en 1 Februarie STAD 19h30 — Lessons of the Holy Spirit p103 Hardeband Boek ... ons lees al drie lesse en bespreek dit.

Besoek ons Facebook 

Gedagte vir die Week:
“If you will always give great ears to the cacophony of the masses instead of the solemn voice of your true purpose, you will never leave a distinctive footprint” ― Ernest Agyemang Yeboah

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights