23 Julie 2017

“The Bushmen in the Kalahari Desert talk about the two ‘hungers’. There is the Great Hunger and there is the Little Hunger. The Little Hunger wants food for the belly; but the Great Hunger, the greatest hunger of all, is the hunger for meaning ... There is ultimately only one thing that makes human beings deeply and profoundly bitter, and that is to have thrust upon them a life without meaning. There is nothing wrong in searching for happiness. But of far more comfort to the soul is something greater than happiness or unhappiness, and that is meaning. Because meaning transfigures all. Once what you are doing has for you meaning, it is irrelevant whether you're happy or unhappy. You are content — you are not alone in your Spirit – you belong.” — Laurens van der Post

Ons gesels die maand oor — VERSNELLERS VAN BEWUSSYN -- en het begin met INTUÏSIE (die stem van die siel), daaruit vloei INTENSIE (die stem van die hart), en toe gepraat oor INSPIRASIE (die stem van die gees) en eerskomende Sondag vat ons die stroom verder na INTEGRASIE (die taal van die betekenisvolheid) — ons wil van geweet wees; ons wil behoort; dat ons lewe betekenis het. Ons wil voel ons maak ʼn verskil. ʼn Lewe wat sinvol en in harmonie en balans is.

Ons het al baie gepraat oor meaningfulness’ — en hoe om ʼn geïntegreerde lewe te lei. Trouens ons het die hele Junie gepraat oor purpose, calling, meaningfulness. ‘Integrasie’ gaan ten eerste daaroor om siel (intuïsie), hart (intensie), inspirasie (gees) te integreer in ʼn betekenisvolle lewe. Dit vra vir, “courage, compassion, and connection” het Brené Brown gesê en dan verduidelik sy, “I define connection as the energy that exists between people when they feel seen, heard, and valued; when they can give and receive without judgment; and when they derive sustenance and strength from their relationship.”

Ten tweede gaan ‘integrasie’ oor die sinrykheid van my lewe wat asem in die Groter Asem en hoe om deurweek te word met die Omvangryke Liefde wat in en deur my vloei sodat ek daarvan sal oorloop na elkeen wat saam my op pad is of wat my pad kruis. Integrasie begin met ander woorde met ʼn assimilasie van wie ek is in my eie persoonlikheid en karaktereienskappe, agtergrond en kultuur, terwyl dit die hele tyd bewus is van die Goddelike Bewussyn waarin en waardeur ons vloei. Hoe meer geïntegreerd ons lewe, hoe meer word hierdie ‘eenheid’ ervaar en gereflekteer. Musiek word gespeel op wit ÉN swart note!

Die woord ‘integrasie’ kom van die Latynse woord, integrat wat beteken, ‘to make whole’ ... for our lives are a divine expression no matter how messy and weird life may be, and the whole purpose of integration is to become whole again!
Dis onnodig om in vandag se epos die redes (of verskonings) te bespreek van waarom die mens ten spyte van al die tegnologie, wetenskap, vindingrykheid, vooruitgang, meer disconnected is as ooit in die geskiedenis van die mensdom om nie eers te praat oor hoe ons as mens ten spyte van al die kennis, ervaring, vernuf en intelligensie méér detachedvan onsself, ons omgewing, ons medemens, en God is as ooit van te vore. Dit is gewoon ʼn feit soos ʼn koei dat ons só verwyderd van die werklikheid en daarom van betekenisvolheid is, dat ons nie eers meer weet hoe om onsself uit die loopgraaf te kry wat ons vir onsself gegrawe het nie.

“What is necessary to change a person is to change his awareness of himself” leer Abraham Maslow ons in Sielkunde 101. Dit beteken dat ons kan onderskei tussen die Klein Honger en die Groot Honger. Dat die lewe hoegenaamd nie gaan oor die volgende vyfgangmaaltyd of die perdekrag van jou motor nie. Allermins nie oor elektriese gordyne of jou selfverhitte pantoffels nie. Dit gaan ten diepste in dié lewe oor (1) belonging, (2) meaningfulness, (3) wholeness.
“Human beings, in a sense, may be thought of as multidimensional creatures composed of such poetic considerations as the individual need for self-realization, subdued passions for overwhelming beauty, and a hunger for meaning beyond the flavours that enter and exit the physical body.” skryf Aberjhani in sy wonderlike boek ‘The River of Winged Dreams’

We are, after all, human beings and not human doings. Maak nie saak hoe ons die ‘gate’ in ons lewe probeer vul met genoegens en geite nie, op die ou einde van die dag is daar net één ding wat ons lewe vervulling gee en dit, my liewe leser, is die betekenisvolheid waarmee ons ons lewensreis aanpak en voltooi. Daar is geen, “Ja, maar ...” of “Wat as ...” nie. Stop die illusie van – NIE GENOEG NIE – want jy en ek is en het méér as genoeg om sinvol te lewe. ʼn Bydrae te maak. ʼn Betekenisvolle lewe te lei. Want om elke dag blame-games te speel of ʼn simpatievraat te wees, het geen doel of betekenis nie — trouens, dit het nie eers entertainment waarde nie! Daarna verwys Grace Sara in haar boek ‘Awakening in the 21st Century: Surviving a Spiritually Dormant Society’ as sy sê, “One day, this shallow living will not be enough for you. You are gifted with a questioning mind that will marvel at the deepest parts of the world around you. It will crave divine understanding because you are part of the divine whole, and it is the nature of the soul to seek to return to its spiritual state.”

Die Griekse filosoof Epictetus (55AC-135AC) se oproep, “You are a distinct portion of the essence of God, and contain a certain part of Him in yourself. Why then are you ignorant of your noble birth? You carry God within you, poor wretch, and know nothing of it.” Miskien het Petrus hierna verwys as hy ons herinner, “Julle, daarenteen, is ’n uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige nasie, ʼn volk wat vir God afgesonder is, sodat julle die waardes sal verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.” (1 Petrus 2:9)

Kom ons gesels Sondag oor — how to live an ordinary life in an extraordinary way! — en dan verken ons verskeie leivore na die boord van INTEGRASIE (wholeness).

🌺 ACIM — Kolping: 20 Julie @ 19h30 en Stad: 24 Julie @ 19h30 — Chapter 11, Section VIII. The Problem and the answer (p211)

Besoek ons Facebook ​​​​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“In forgiving others, I free myself towards belonging and wholeness, be it with the person I am forgiving, or with myself.” ― Sharon Weil

Liturgie: 23_julie_2017

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights