22 Januarie 2017

Liturgie: 22_januarie_2017

Soos laas week gesê, kan Job opgesom word as ‘Hearing the Breath of God’ en Psalms as ‘Answering the Breath of God’ en die ‘Lied van Liedere’ (Hooglied) as ‘Breathing the Breath of God’ ... dan is die boek spreuke, ‘Acknowledge the Breath of God’ — waarvan die Hebreeuse woord ‘Michlê’ meer is as net die woord ‘Spreuke’ want dit is eintlik: instruksies, gelykenisse, idiome, en riglyne van/vir wysheid.

Die 31 hoofstukke van hierdie versameling het oor ʼn tydperk van ʼn duisend jaar tot stand gekom, weereens (net soos die ander Wysheidsliteratuur) sterk beïnvloed deur die Mesopotamiese, Kanaänitiese, Egiptiese en veral Hellenistiese wysheidsliteratuur. Dit is toegedig aan Salomo omdat dit enersyds daaraan gesag gee, en andersyds as ʼn repliek op die Babiloniese wysheidsliteratuur in die tyd van ballingskap toe die ‘instruksies’ van ʼn orale tradisie oorgedra is na skriftelike oorlewering. Salomo word geskilder as ʼn koning wie se wysheid die koning van Babilonië oorskadu.
Daar is gedeeltes wat direk van Salomo kom; ander gedeeltes wat koning Hezekiah sou bewaar het van Salomo; daar is die woorde van Agur; en dan woorde van koning Lemuel van Massa wat hy van sy moeder ontvang het. Die Hebreeuse woord ‘gokma’ (ʼn vroulike woord) wat met ‘wysheid’ vertaal word, lê diep gewortel in die Joodse Mistiek wat ons Sondag in meer detail sal verken — hoe om dit te koester en kultiveer sodat ons kan gedy in emosionele, intellektuele, en spirituele wysheid.

ALLE mense het wysheid. Dit is nie gereserveer vir ʼn sekere klas, agtergrond, kultuur, opvoeding, of intellektuele vermoë nie. Trouens, meer as dikwels het die grootste wysheid haarself aan my openbaar deur die mees eenvoudigste van mense wat in absolute simplisiteit leef. Die mystics vanuit verskillende godsdienstige tradisies, is almal mense wat in nederigheid en beskeidenheid hul wysheid met die wêreld deel om sodoende vir ons die ‘waarheid’ (ook ʼn vroulike woord) te openbaar. Waarom is beide insig (wysheid) én uitsig (waarheid) vroulike woorde in die antieke tale, en wat is die betekenis van ‘the divine feminine’ in ons eie geboorte (herlewing) en wedergeboorte (transformasie) van Wysheid?

Ons verwys na ons Sondag byeenkomste, en weeklikse werkswinkels as ‘Wysheidsirkels’ omrede elkeen wat daar instap hul eie wysheid en waarheid inbring. Of dit verbaal gedeel word, is nie ter sprake nie want wysheid en waarheid laat haar nie vasvang met woorde nie. Die energie van ons intensies (gedagtes, gebede, gevoel) reflekteer na almal om ons en vir my, wat die voorreg het om in die middel van die sirkel te staan, sal dit onmoontlik wees om te doen wat ek doen as dit nie vir daardie Godgegewe Inspirasie is wat ek deur elkeen ontvang nie. Dit is, en bly, ʼn voorreg!
In die maand waarin ons gesels oor die tema — CHOOSE LIFE — gaan ons Sondag verder met ons reis deur die digbundels in die Bybel. Soos laas week genoem, is Hooglied die verwoording van ons ‘youthful’ wysheid deur die ‘sensualiteit’ van ʼn jongman/vrou se liefde. Spreuke is die volwasse wysheid vir die een wat met meer insig/uitsig na die wêreld kyk.

Ek kan nie eers begin om dit wat vir my die ‘beste’ en ‘mooiste’ in Michlê is, uit te lig of te onderstreep nie — gewoon te veel om op te noem. Omrede daar 31 hoofstukke is, het ek eenkeer vir ʼn jaar lank elke maand, elke dag se datum uit Spreuke gelees. Dit was ʼn wonderlike ontdekkingstog vol inspirasie en instruksie hoe om sin en betekenis te gee in my eie lewe. Miskien goed om dit weer te doen! Hier is wel ʼn paar verse wat ons in meer detail Sondag kan bespreek as ons gaan gesels oor die mistiek van wysheid en waarheid ...
For the Lord gives wisdom; from His mouth come knowledge and understanding (Spreuke 2:6); “Bo alles, bewaar jou hart met ywer, want dit is die fontein van lewe” — Spreuke 4:23 [Watch over your heart with all diligence, for from it flow the springs of life]; “’n Geduldige mens is baie verstandig; een wat kort van draad is, stel sy dwaasheid ten toon. ’n Kalm gemoed hou die liggaam gesond; jaloesie vreet ’n mens op.” (Spreuke 14:29-30) “Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud! En om insig te bekom as silwer” (Spreuke 16:16) — maar die paar verse wat heel my lewe lank in my hart geskryf staan, kom uit Spreuke 30:7-9 --
“Net twee dinge vra ek van U;
moet my dit tog nie weier nie;
daarna kan ek sterf:
moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie;
moet my nie arm maak of ryk nie,
gee my net die kos wat ek nodig het,
sodat ek nie te veel het en U verloën
en sê: “Wie is die Here?” nie,
en sodat ek nie arm word en steel
en my God se Naam oneer aandoen nie.”

Kom ons gesels eerskomende Sondag oor die inhoud en betekenis van die volgende drie interpretasies van Spreuke:

  1. Trappe van intellektuele, emosionele, en spirituele groei: Kennis, Verstaan, Ervaring, Wysheid, Floreer
  2. Sfeer van insig (wysheid) en uitsig (waarheid) en hoe om dit toe te pas in elke aspek van menswees
  3. Lesse oor ʼn sinvolle lewe, en die HOE van ʼn praktiese toepassing en die implikasies van ʼn ‘vrye wil’

Tot dan kan jy gerus begin om te lees uit die digbundel van Spreuke. Bring jou ontdekkings saam en dan deel ons die skat van wysheid en waarheid soos dit in elkeen se lewe manifesteer en ons motiewe en intensies skaaf en snoei tot ʼn Groter Wysheid/Waarheid.

🌺 ACIM — Stad 16 Januarie 19h30; Kolping 19 Januarie 19h30 — Chapter 12: The Holy Spirit’s Curriculum (p215)

Besoek ons Facebook ​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“Maar die wysheid wat van bo kom, is allereers suiwer (onvervals), en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onwrikbaar, sonder skynheiligheid. En die vrug van geregtigheid word gesaai in vrede vir hulle wat vrede maak.” — Jakobus 3:17-18

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights