22 Februarie 2015

Dit is altyd lekker om nuwe musiek te vind en die laaste maand is ʼn skatkis van nuwe name ontdek. Soos ek gister in die motor ry en na musiek en lirieke luister, besef ek opnuut — every song is prayer, and every prayer is a song! Daar is sewe note in een oktaaf [agt as jy dit tel van C, D, E, F, G, A, B, en weer C], sewe wittes en vyf swartes vir die halftone tussenin. Elke lied wat nog ooit gekomponeer is, bestaan uit hierdie twaalf note. God is die note en ons maak die melodie. Die note verander nooit, die melodie altyd. Die een wat na die lied luister gee dit interpretasie. As ek ʼn wals hoor, wil ek dans. In die mineur akkoorde hoor ek verlange. As ʼn mars speel, voel ek die gelid van soldate. Die lirieke van minnaars verwoord herinneringe na liefde, liefhê, lief ... en soms gaan haal ʼn lied ʼn bepaalde tyd en situasie van lank gelede in die fynste detail uit die geheue asof die onthou in die stiltes tussen die note lê.
Te dikwels wil ons die note verander in plaas van die melodie. Êrens in die mens se brein (ego?) is daar die idee dat as ons net ander note het, sal ons melodie mooier, beter, anders, lekkerder wees. Min van ons het die dissipline om te sit en ons toonlere te oefen en ons ganse menswees oop te stel vir ʼn nuwe komposisie — selfde note, ander melodie. Min van ons het die toewyding om ons muse toe te laat om iets in en deur ons skep – selfde note, nuwe melodie. Min van ons waag dit om die hart te vertrou vir inspirasie – selfde note, vars melodie. Dan bid ons, “Here, watter note moet ek speel ...?” en hoor ʼn duisend engelestemme wat sê, “Ek het vir jou 7 note x 7 oktawe gegee, take your pick want van die konsert van die lewe kry niemand ʼn program nie!” Ons kan nie sê, “Maar Mozart het meer note as Beethoven en Beethoven het meer as ek gekry nie.” Jy kan jou hande soos ʼn bedorwe kind op die klawers slaan in ʼn kakofonie van geraas en die deksel toeklap met ʼn tantrum maar een of ander stadium gaan jy weer moet sit en jóú melodie, ritme, harmonie vind. In die maand waarin ons gesels oor VRAE EN ANTWOORDE OOR GOD gaan ons eerskomende Sondag afsluit oor note, melodieë, akkoorde, lirieke, inspirasie, komposisies, en konserte! Ons gaan die volgende drie vrae verken --

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights