22 Desember 2013

Hierdie week se liturgie: 22_desember_2013

Eerstens, ʼn GROOT dankie vir almal wat emmers geneem het vir ons EMMER-PROJEK ... die eerste twee ‘charities’ kom eerskomende Sondag die emmers haal en die emmers wat daarna in kom, sal aan die derde ‘charity’ gegee word. GROOT asseblief bring eerskomende Sondag julle emmers saam! 
Dan wil ons ook net herinner aan ons KERSDIENS op 25 Desember 2013 om 09h00. Almal welkom en bring gerus kuiergaste en/of vriende saam!
So met die laaste volmaan van 2013 en die jaar wat nou vinnig na ʼn einde se kant toe staan, kom daar ook ʼn stuk introspeksie. Onvermydelik vra ʼn mens vir jouself, “Hoe voel ek oor my lewe in die algemeen en die afgelope jaar in besonder?” Was dit ʼn goeie jaar gewees; waarvoor het jy liefgeraak; wat geniet jy; wat mis jy; wat wil jy verander en sou jy anders wou hê? Die mens het nou maar eenmaal die geneigdheid om te wil vergelyk — iemand anders se lewe lyk net soveel makliker, iemand anders het goed wat net soveel meer aantreklik is ... tot ʼn mens op ʼn dag besef: jy gaan nooit iemand anders se lewe hê nie, en om dit te wil hê, is ʼn mors van tyd en energie. Saam met dié herkenning kom daar ʼn eerlikheid wat bewus is van die persepsies waarmee ons loop en smous. Die vrae word dan vervang met ʼn bewuswording dat ons meer as genoeg het om voor dankbaar te wees — ʼn erkenning wat dit is om tevrede te wees.
‘Tevrede’ is nie ʼn emosie nie maar ʼn besluit wat ʼn mens neem. ‘Tevrede’ beteken nie dat ons nie wil hê goed moet verander of verbeter nie, maar dat ons gelukkig is met wat ons is/het en dat ons elke dag sien as ʼn geleentheid om hierdie waardes/deugde te omarm en te ontgin. Natuurlik droom en wens ons vir onsself ʼn verbetering op dit wat ons die afgelope jaar beleef en besef het. Dis nie net dagdrome en wensdenkery nie, ons neem verantwoordelikheid en dóén iets daaromtrent. Afterall, nobody is successful in any venture just by wishing it to be successful! Dit vra opoffering, toegewing, harde werk, uithouvermoë as dinge soms skeefloop, en om te kan luister na ander se ervaring en advies. Op een of ander stadium leer ons ook om ons intuïsie te vertrou. Ontdek ons die stil stem aan die binnekant, wat ons ook ‘intensies’ kan noem. Dit ís so dat ons soms swaar dra aan skuldgevoelens as ʼn mens terugkyk na ʼn jaar wat verby is — dinge wat jy anders sou wou doen; teleurstellings as gevolg van swak keuses; mislukkings in verhoudings, hetsy persoonlik of by die werk; en baie goed waaroor ons onsself verwyt en wens dit het net nooit gebeur nie. Vanuit hierdie skuldgevoel word ʼn ander emosie gebore naamlik, vrees want wat gaan ons maak as dieselfde goed volgende jaar gebeur? Hoe doen ons dit anders?
Vra jouself vandag, “do you want to be bitter or better?” as ons onthou, “I don’t need to live in regret!” — ons word elke oggend opnuut gebore! Onthou dit, ontgin dit, omarm dit!
Die Talmoed leer: “Tell me what you pay attention to and I will tell you who you are” In die maand waarin ons gesels oor ‘REBIRTH’ is dit sekerlik waar dat WEDERGEBOORTE is ook ʼn keuse! REBIRTH het te doen met verandering en elke keuse wat ons maak, het te doen met die een die een of ander vorm van verandering. Wat is die eerste ding wat ʼn mens moet doen as jy wil verander? Jy moet WÍL verander! Die woord “VERANDERING” kan in 'n spirituele konteks net sowel vervang word met die woord “GROEI” omrede elke vorm van “verandering” ook “groei” (ontwikkeling) meebring. Iemand het eenkeer gesê: “It is our choices that show what we truly are, far more than our abilities.”
WEDERGEBOORTE vra ʼn toewyding (commitment) om elke dag opnuut te begin. Elke dag van ons lewe is ʼn keuse om geboorte te gee aan ons potensiaal. Elke oomblik van die dag vra dat ons met geduld sal uithou en aanhou met ons commitment tot verandering. Dit vra spirituele oefening! Ongelukkig is die enigste emosionele, intellektuele, spirituele oefening wat die meeste van ons kry — jumping to conclusions; running away from problems; side-stepping responsibility; and pushing our luck!
Romeine 7:15 sê “Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek.” Ons almal ken hierdie ‘oorlog’ wat tussen koppe en harte plaasvind, terwyl die lyf die battlefield is waar hierdie twee armies mekaar stormloop en daarom manifesteer die liggaam maar net wat tussen die kop en die hart plaasvind. Jesus sê — “Kies weer!” (word weergebore) waarvan Kersfees ʼn besondere geleentheid is om wéér te kies — want wedergeboorte beteken: verandering, transformasie, vernuwing!
In die gesindheid wat ons ons emmers gee in hande wat dit sal uitdeel aan hulle in nood, kom ons maak Sondag ʼn afspraak met ons Self om met hernude oorgawe onsself toe te wy aan die Lewe en Liefde wat in en deur ons vloei om sodoende ook ʼn verskil te maak aan almal wat hierdie Kersfees die naaste aan ons is. En as dit ʼn tyd is waar jy alleen en bang is vir daardie alleen-wees op Kersdag, dan kontak jy my en kom vier jy Kersfees saam aan my tafel.
Kom sluit Sondag 10h00 by ons aan vir ʼn onthou -- If you count your BLESSINGS, you always show a PROFIT

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“Everybody can be great because anybody can serve. You don't have to have a college degree to serve. You don't have to make your subject and verb agree to serve. You don't have to know about Plato and Aristotle ... Einstein's Theory of Relativity - to serve. You only need a heart full of grace a soul generated by love ...” — Martin Luther King, Jr.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights