Liturgie: 21_februarie_2016
Vir die laaste paar weke vra ons vir onsself — wat staan geskryf op die padtekens wat jy los; waarheen lei ons voetstappe; hoe sal ons onthou word vir ons voetspore? As ek terugkyk op my lewe in al sy fasette en dimensies en waar ek nou is in my lewe en iemand sou my vra, “Wat is jou roeping?” sou my eerlikste antwoord miskien wees — A SENSE OF JOURNEY! Die reis was nog altyd vir my belangriker as die bestemming. Miskien is dit hoekom ek net so lief is vir mense se stories as hul drome.
Om drome te hê, vra moed. Om jou drome te realiseer, vra geduld en uithouvermoë. Om jou drome om te sit in dade, vra dapperheid. Om voetspore te los deur ons dade, vra wysheid. Te veel, te dikwels word ons verkeerd gediagnoseer en gedegradeer deur die opinies van ander wat ons van ons drome roof en voetspore oordeel sonder om hul eie voetspore te trap. Ons laat te dikwels toe om gedefinieer te word deur die goed wat ons nie is nie. Ons is nie ʼn ouderdom nie, ons is nie ʼn gewig nie, nog minder die klere wat ons aantrek of die adres waar ons woon, nog minder die kleur van ons vel, ʼn politieke party, of ʼn seksuele oriëntasie. Miskien omrede ons méér gedryf word deur wat ons HET in plaas van wat ons IS. Die noodlottige prognose van kapitalisme is die hartseer waarheid — we are more concern about having than being!
Oor die naweek het Pous Francis in Mexiko aangekom vir ʼn besoek. By sy ontvangs het die Mexikaanse president hom toegespreek. Ek was ontroer deur sy geartikuleerdheid en die elegante manier waarmee hy inspireer. Dit was net soveel meer verfyn as die hopefools aan die anderkant van die grens wat soos spoilt brats tekere gaan in ʼn verkiesingsjaar. Hy het onder andere gesê — “It is a time of great challenges. Humanity is experiencing several rapid changes: changes that create opportunities, but also ones that cause doubt and uncertainty. We are in an era where it would be possible to feed the entire world population and yet millions of people still suffer and starve. Advances in science and medicine now allow us to cure more diseases and live longer; but scientific progress has also been used to wage war and cause destruction. We must renew hope in the future. Hope is the way and the light. We are all called to build a better world, by working together and in harmony, because solidarity is a way of making history. It is up to citizens to practice and transmit the values that allow us to coexist and advance as a society. Respect, tolerance and understanding are qualities which, regardless of everyone’s beliefs, make us better people.” — Enrique Peña Nieto: Mexican President
Kom ons verken eerskomende Sondag – THE SEEDS OF DEEDS – en kyk na die voetspore wat ons dade los. Die tweede hoofstuk in die brief van Jakobus vra ʼn paar deurdringende vrae oor die voetpaaie van ons dade. Dit gaan oor die onderskeid tussen ons oordeel oor die uiterlike en ons waarnemingsvermoë oor die innerlike. Hy praat oor die illusie van separation (die Griekse woord is: krisis) en sê dan in 2:13 “Barmhartigheid (compassion) triomfeer oor die oordeel. Wat help dit as iemand beweer hy glo maar sy dade bevestig dit nie” en gaan dan verder in vers 26, “ʼn Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.” Net gister sit ek in ʼn gesprek waar iemand sê, “Too many people say they believe but their deeds contradict their faith” toe ek vra, “But what do YOU believe?” Ek moes dit nie gevra het nie want toe kry ek ʼn preek oor als wat die kerk verkeerd doen, hoe stupid Christene is, hoe dom dit is om in ʼn ‘metafisiese’ God te glo (asof alle Christene so Godsbeeld het), en dan die pseudo verskoning gebruik wat veronderstel is om alle vrae oor God netjies op te ruim en die argument af te sluit met, “I’m an agnostic!” Wel meneer, ek wil weet waarin jy glo? Ek koop nie meer die ‘verskoning’ wat ongeërg skouers optrek nie want, “It sounds like, I’m not going to commit. I take no responsibility. The time comes when you HAVE to know what you believe. What sustains you on the inside ... what gives you meaning? There comes a point to ask more mature questions – not only where I’m going but more so what do I believe. WE NEED DIRECTION! We need physical directors, intellectual, emotional, spiritual directors in order for us to BECOME directors.” Hoe anders trap ons dade, voetpaaie ... hoe anders los ons aksies, voetspore?
Geloof is nie om te glo sonder bewyse nie maar om te vertrou sonder voorwaardes. Verseker weet almal wat ‘VERTROUE’ beteken. Om te sê, ons soek daarna beteken dat ons dit nie het nie. Dit gaan nie net oor vertroue in my eie vermoëns nie maar om ook vertroue te hê dat ons deur ʼn teleurstelling en mislukking kan werk. Niemand het sukses deur net ʼn sleutel te draai, ʼn boek oop te maak, ʼn bankkaart in ʼn ATM te druk nie ... dit kom met volgehoue harde werk, opofferings wat gemaak word, toewyding en deursettingsvermoë. Dít word – THE SEEDS OF DEEDS en daaruit word gebore ons kennis, ervaring, wysheid wat gedy in ons vaardigheid om die intellektuele, emosionele, en spirituele domein met mekaar te harmoniseer. Vertroue het te doen met die vraag of ons getrou kan wees aan onself en daarom vertou kan word; vertroue het te doen met die ywer waarmee ons nie net ons plig doen nie maar ook ons verantwoordelikhede nakom; vertroue het te doen met geloof in aksie.
Ons verval in wanhoop en wantroue omdat ons geen oortuiging meer het nie. Wat se saad plant ons elke dag op hierdie voetpad van die lewe? Of soos Thomas Merton dit mooi verwoord, “The solution of the problem of life is life itself. Life is not attained by reasoning and analysis, but first of all by living. For until we have begun to live, our prudence has no material to work on. And until we have begun to fail we have no way of working out our success.” Vir die skrywer van die Jakobus brief gaan dit oor geloof as ʼn werkwoord — hy praat oor ʼn sorgsame samelewing. Hy skryf oor geduld, selfkritiek en beskeidenheid. Hy is nie die tipe wat Jesus se naam in elke asemteug noem nie ... hy staan vir ʼn toepaslike en relevante Christendom.
Ons gaan Sondag ʼn bord opsit met ʼn opskrif: MY BIGGEST REGRET en met plakpapiertjies gaan ons al ons spyte en verwyte, teleurstellings en ‘kon dit anders doen’ plak. Met ʼn klein bietjie geloof en ʼn bietjie meer vertroue gaan ons dan daai bord skommel en die voetspore op ʼn ry sit. Jy gaan nie glo wat se voetpad daaruit gaan kom nie. Kom kyk self. Magic? No, just a change of mind. Laas week het gegaan oor SPIEËLS en eerskomende Sondag gaan oor VENSTERS.
“Today will never come again” het Thomas Merton op ʼn plek gesê. Kom ons DOEN vandag iets wat ʼn permanente voetspoor sal los.
ACIM — 25 Februarie by KOLPING en 29 Februarie STAD 19h30 — Chapter 11: GOD OR THE EGO
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Wisdom is the house made of only windows!” ― Mehmet Murat Ildan