20 Augustus 2017

🌺 26 Augustus 2017 — heerlike ete met groot verskeidenheid wyn vir ons wynveiling en gesellige agtergrondmusiek. Bespreek asseblief by Lydia le Roux — Lydia@africagrowth.com of 084.751.54.01 — bring vriende en familie en kom kuier saam! 😉

🌷 Daar het Ɖ hele paar mense gevra vir my lesing wat gegee is met ons Spiritualiteit Konferensie. Ek heg dit aan vir almal as jy daarin belangstel.

Ons gesels hierdie maand oor — A SENSE OF COMMUNITY — en het reeds gesels oor COMMUNION wat gaan oor ons gemeenskap met God en laas Sondag het ons gesels oor COMPANIONSHIP wat gaan oor ons gemeenskap met ons ewemens. Eerskomende Sondag gaan ons praat oor COMPANY wat handel oor ons gemeenskap met die maatskappy.

Die meeste van ons, behalwe vir Ɖ derde van die dag wat Ɖ mens probeer om Ɖ goeie nagrus in te kry, spandeer ons die grootste gedeelte van ons dag in die company van medewerkers vir Ɖ company wat brood en botter op die tafel sit. Die vraag is of ons daaglikse werk gekompartementaliseer is van ons spiritualiteit? Met ander woorde — by die werk gaan dit oor inkomste, uitgawes, werksure, deadlines, vergaderings, agendas, begrotings, hire-and-fire ... en dan gaan ons huis toe en wees eggenoot, pa, handyman, lover, and tooth-fairy. Tussenin probeer ons oefening kry op Ɖ fiets en by vriende en familie uitkom. Sondag gaan ons kerk toe en hoor dat ons spiritualiteit geïntegreer moet wees in ons ganse menswees en dan stap ons daar uit, koop die Sondagkoerant, en raak van voor af angstig oor als wat gedoen moet word en dan begin ons Maandag weer met dieselfde ritme.

Vir die doel van hierdie gesprek deel ek graag met julle die woorde van Kahlil Gibran uit sy boek, ‘Die Profeet’ — “TOE sĂȘ die een wat ploeg vir hom, praat met ons oor WERK. En hy antwoord as volg: Julle werk sodat julle kan tred hou met die aarde en die siel van die aarde. Want om ledig te wees is om ’n vreemdeling vir die seisoene te word en om uit die triomftog van die lewe te stap wat majestueus en met trotse gehoorsaamheid na die oneindige marsjeer. 
Wanneer jy werk is jy ’n fluit deur wie se hart die fluistering van die ure in musiek verander. Wie van julle sou ’n riet wou wees, stom en stil, terwyl al die ander in harmonie saamsing? Dit is altyd aan julle gesĂȘ dat werk ’n vloek en arbeid ’n ramp is. Maar ek sĂȘ vir julle dat wanneer julle werk, julle een van die aarde se grootste drome verwesenlik wat aan julle toegewys was toe daardie droom gebore is. En deur te arbei bewys julle werklik dat julle die lewe liefhet, en om die lewe deur arbeid lief te hĂȘ, is om intiem kennis te dra van die lewe se diepste geheim.

Alle begeertes is blind tensy daar kennis is. En alle kennis is nutteloos tensy daar werk is, en alle werk is betekenloos tensy daar liefde is; en wanneer julle met liefde werk, bind julle julself aan julself, en aan elkander, en aan God. En wat beteken dit om met liefde te arbei? Dit is om ’n kleed te weef met drade wat uit die hart gespin word asof jou beminde daardie kleed sal dra. Dit is om ’n huis met toegeneĂ«ntheid te bou, asof jou beminde in daardie huis sal woon. Dit is om die saad met teerheid te saai en die oes met blydskap te maai, asof jou beminde die vrug sal eet. Dit is om die asem van jou siel te blaas in alle dinge wat jy vervaardig, En om te weet dat die geseĂ«nde afgestorwenes rondom jou staan en toekyk.

Dikwels het ek julle hoor sĂȘ, soos een wat in sy slaap praat, “Hy wat met marmer werk en die beeltenis van sy siel in die klip vind is edeler as hy wat die grond omploeg. “En hy wat die reĂ«nboog kan gryp en dit in die gelykenis van ’n mens op ’n doek kan vaslĂȘ, is groter as hy wat sandale vir ons voete maak.” Maar ek praat nie in my slaap nie, maar in die nugterheid van die middaguur, dat die wind nie die reuse-eik met ’n soeter stem aanspreek as die minste onder die grashalmpies nie; en alleenlik hy is groot wat die stem van die wind in ’n lied verander wat nog soeter gemaak is deur sy eie liefde. Werk is liefde sigbaar gemaak. [Work is love made visible] En as jy nie met liefde kan werk nie, maar slegs met weersin, is dit beter dat jy jou werk verlaat en by die tempelpoort gaan sit en aalmoese bedel van diegene wat met vreugde arbei.”

Hoe hartseer is dit dat die meeste mense iets anders met hul lewe sou doen as geld nie Ɖ kwessie was nie. Die meeste doen elke dag iets wat hul nie wil doen nie. Maar werk is skaars en die mark is oorversadig. By die deur staan Ɖ tou van mense wat enige dag jou werk sal vat vir selfs minder beloning. Destruktiewe maatskappye kweek destruktiewe werkers. Dysfunctional corporate systems, cultivate a dysfunctional society. En wĂȘreldwyd is daar Ɖ massa-opstand aan die broei teen korporatiewe gulsigheid en gierigheid ... en dis net Ɖ kwessie van tyd voor die werkers in die CEO’s en MD’s se kantore gaan stap en eis dat hul vet bonusse teruggegee word aan die werknemers.

Kom ons praat Sondag oor wat maak Ɖ ‘goeie’ werknemer en werkgewer? Wat is die spirituele kwaliteite en beginsels waarmee ons ons werk elke dag behoort te doen? Hoe sou dinge anders wees as ons dit doen met die vraag, “What will change if we do this with love?” — en dan kyk ons of ons Ɖ kopskuif kan maak na die hart as dit kom by ons elke dag se arbeid nie. Die laaste woord behoort aan Marianne Williamson: “One of the most positive transitions you can make is from viewing your work as a job to viewing it as a calling. A job is an exchange of energy in which you do a material task and someone provides money in exchange. A calling, however, is an organic field of energy that emerges from the deepest aspects of who you are. It is the fulfilment of what God has created you to be and do. Approaching your work as a job versus approaching it as a calling makes all the difference in whether or not you dwell in the miraculous universe. You have a calling simply because you are alive. You have a calling because you are a child of God. You have a calling because you’re on this earth with a divine purpose: to rise to the level of your highest creative possibility, expressing all that you are intellectually, emotionally, psychologically, and physically in order to make the universe a more beautiful place.”

🌺 ACIM — Kolping: 17 Augustus @ 19h30 en Stad: 21 Augustus @ 19h30 — Lessons 1-10

Besoek ons Facebook ​​​​​​​​​​
​
Gedagte vir die Week:
“Coming together is a beginning; keeping together is progress; working together is success.” – Henry Ford

Liturgie: 20_augustus_2017

Notas vir Compassion Konferensie: compassion_5aug2017

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights