18 Desember 2011

Hierdie week se liturgie: 18_des_2011

“Stippel-stippel reën, reën dit alweer” –

Mens weet nie meer of dit ‘global warming’ of ‘global cooling’ is nie want die weer is vreemd vir dié tyd van die jaar. Nie dat ek kla oor die reën nie want om een of ander rede kry ek kreatief meer gedoen as dit reën. Seker omdat reën water is en waar daar water is, is daar lewe!

Die jaar is in sy laaste dae met net twee Sondae oor voor ons die Nuwe Jaar vier met ʼn handvol hoop en hart vol vertroue dat 2012 in elke opsig beter sal wees as 2011. Dit is seker waar vir elkeen van ons dat ʼn mens tydens hierdie feesdae reflekteer oor die jaar wat verby is. Ja, ons dink aan die minder goeie dae maar onthou die beter dae. Ja, ons dink daaraan wat ons gegee het maar onthou wat ons ontvang het.

As ons dié maand gesels oor wat dit beteken om te GEE dan is dit om te onthou wat ons HET en as ons met mekaar deel wat ons het dan sê ons dankie vir alles wat ons so mildelik ONTVANG.

Wat sou jy sê is die grootste geskenk wat jy nog ooit ontvang het? Miskien die liefde van jou droomman of vrou wat jou herinner hoeveel lewe en liefde jy in jou dra; die geboorte van jou kind(ers) wat jou herinner hoe jy oorloop van liefhê en lewe; ʼn tweede kans na ʼn operasie of siekbed wat jou herinner om nooit lewe en liefde vanselfsprekend te aanvaar nie?

Kom verken Sondag saam met ons ‘Die Gebed van St. Franciscus van Assisi ...

Waar engele jou voete lig as jou vlerke te eina is om te vlieg
Here, maak my ’n instrument van u vrede.
Waar daar haat is, laat my liefde bring. Waar daar seergekry is, heling;
waar daar twyfel is, geloof; waar daar wanhoop is, hoop.
waar daar duisternis is, lig; waar daar droefheid is, vreugde.
O, Heilige Meester, gee dat ek, in plaas daarvan om vertroosting te soek, ander sal vertroos;
om begrip te hê, as om begryp te word; om liefde te gee, as om bemin te word.
Want deur te gee, ontvang ons; deur te vergewe, word ons vergewe.
En deur te sterwe, word ons gebore tot ʼn Ewige Lewe.

Besoek ons FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum.

Mag dit vandag op al jou beddings reën.

Ons GESPREKSGROEPE het afgesluit vir die jaar en hervat weer in die nuwe jaar.

Gedagte vir die Week:
We can translate “the kingdom” as “the Big Picture.”
The kingdom of God, or reign of God, is how things objectively, truly and finally are — Fr. Richard Rohr (a Franciscan priest)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights