16 Maart 2014

Hierdie week se liturgie: 16_maart_2014

Die Romeinse filosoof, staatsman en dramaturg, Lucius Seneca skryf in die Silwer Era van Latynse Letterkunde (4BC – 65AD) op ʼn plek — “True happiness is to enjoy the present, without anxious dependence upon the future, not to amuse ourselves with either hopes or fears but to rest satisfied with what we have, which is sufficient, for he that is so wants nothing. The greatest blessings of mankind are within us and within our reach. A wise man is content with his lot, whatever it may be, without wishing for what he has not.” 
Ek dink dit is ʼn paragraaf wat die moeite werd is om weer gelees te word.
Dit is nou maar eenmaal so dat dit makliker is om oor ons ongelukkigheid te praat as oor dit wat ons gelukkig maak. Asof die mens eerder sy/haar identiteit vorm in ons ellende as in ons vreugde, en ons ons karakter weeg in die hoeveelheid unhappiness wat ons kan verduur as om gelukkig te wees met wat en hoe en wie ons is in die volheid van ons potensiaal en moontlikhede. Ons moan onsself as te ware in unhappiness in! Kyk na die ganse media om ons (sosiale en gedrukte media) hoe daar byna ʼn verlustiging is in die ongelukkigheid van ander.
Kom ons swaai hierdie slegte nuus na iets positief om mee te werk in ons gesprek oor HAPPINESS en staan eerskomende Sondag stil by VYF beginsels van wat happiness beteken en hoe ons daarin kan kniel om elke dag op ons reën --
         1.      God is my Source — something/one greater than me is working in and through my life … it supports and sustains me
         2.      Knowing is my Foundation — listen to your intuition and the pull of your heart … it reminds and remains in me
         3.      Intention is my Navigation — decide what you want to do and start to listen to the silent voice in the inside
         4.      Openness is my Vision — take responsibility for you happiness and leave room for God to move while your dreams are incubating
         5.      Gratitude is my Voice — cultivate an awareness of gratitude rather than a mindset of scarcity … change your vocabulary
Hierdie spirituele beginsels kan jy toepas in elke aspek van jou lewe ongeag of dit gesondheid, liefde, finansies, sukses, of net bloot is om die lewe so klein bietjie meer te geniet. Ons kan hierdie beginsels toepas om ʼn skuif in perspektief te bewerkstellig. In ʼn wêreld wat uitmekaarval van opinies en persepsies, vooropgestelde idees en agterdog, het ons dit juis nodig om mekaar weer te herinner ‘Wie ons BRON is’ en die oomblik as ons ernstig genoeg is om dit te antwoord met ʼn liefde vanuit die hart, span die ganse Heelal saam om vir ons die padkos en GPS te gee hoe om die pad van vreugde en blydskap te stap terwyl ons ons omring met positiewe mense wat ons adviseer en inspireer en motiveer vir die reis van die kop na die hart.
Ons het ʼn keuse! Ons kan kies of ons in vrees wil lewe of gevoed wil word deur liefde. Geloof is om die beste in onself, in ander, en in die Lewe wat ons deel, te glo. Ek kies liefde wanneer ek my vrees in die oë staar en vat die woorde van 1 Johannes 4:18 letterlik, “daar is géén vrees in liefde nie!”
Wat maak ons op die ou einde van die dag gelukkig? Waarheen gaan ons om daardie happiness te skep en te hou? Kom ons ontleed Sondag hierdie paradoks waarin die mens homself bevind en hoor die stem van Liefde want —
Vrees glo daar is nie genoeg nie. Liefde weet daar is meer as genoeg ... Vrees glo die ergste en slegste van mense. Liefde glo die beste van mense en situasies ... Vrees glo aan manipulasie om goed te verander. Liefde glo verandering begin by die hart, jou eie hart ... Vrees glo dat dinge nooit verander nie. Liefde glo dat elke situasie getransformeer kan word deur die krag van liefde ... Vrees glo alles moet beplan en beheer word. Liefde glo jy kan die proses van liefde vertrou ... Vrees is negatiewe reaksies. Liefde is ʼn positiewe keuse ... Vrees glo die skade is gedoen. Liefde weet heling vind plaas waar ons liefde kies ... Vrees glo dat as jy dit nie teen nou gemaak het nie sal jy dit nooit maak nie. Liefde bring keer op keer ʼn geleentheid om dit anders te doen ... Vrees glo jy kan niemand vertrou nie. Liefde vertrou jou om die beste te wees wat jy hoop ander sal wees ... Vrees glo in ‘hulle’ en ‘julle’. Liefde glo in ‘ons’ ... Vrees glo dis te laat. Liefde weet dis nooit te laat ... Vrees glo die situasie is hopeloos. Liefde maak dit ʼn oase ... Vrees glo niemand luister of verstaan nie. Liefde glo in gebed ... Vrees vra, ‘wat is in dit vir my?’ Liefde glo in liefde for the sake of love!
Dit is een ding om te sê, happiness is om tevrede en dankbaar te wees, terwyl ons almal weet dat happiness lê soms broos en weerloos tussen ons ‘tevrede’ en ‘dankbaarheid’ selfs wanneer hartseer oor ons harte en gedagtes spoel. Dale Carnegie skryf “It isn't what you have or who you are or where you are or what you are doing that makes you happy or unhappy. It is what you think about it.” Eerskomende Sondag se tema is dan ook: MY HAPPINESS IS YOUR HAPPINESS IS MY HAPPINESS!
Johannes 15:9-11 “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.”

Die Kolping ACIM groep Donderdag 13 Maart 7pm — ons lees verder Chapter 1, Section 1 “The Meaning of Miracles” en Maandagaand 17 Maart 19h30 in die STAD

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“We tend to forget that happiness doesn’t come as a result of getting something we don’t have, but rather of recognizing and appreciating what we do have.” — Frederick Keonig

Ons eers Algemene Vergadering van Neo-Spektrum as NPO vind plaas op 13 April 2014 direk na ons oggenddiens. Meer inligting daaroor word eersdaags gestuur. Almal is uiteraard welkom by die vergadering alhoewel volgens wet slegs lede stemreg het op die vergadering. Indien jy ʼn lid wil word van ons amptelike struktuur kan jy ʼn epos stuur aan Riaan Neethling wat die nodige vorms vir jou sal aanstuur — riaan.neethling@gmail.com

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights