16 Junie 2013

Hierdie week se liturgie: 16_junie_2013

Soos ek die laaste paar dae sit en blaai deur Internet artikels en YouTube videos in voorbereiding op ons werkswinkel Saterdag oor “Kinders en Geloof” val dit my op hoe die [NB!] langs elke nota wat ek maak al hoe groter raak asof dit wat ek wil sê oor ons kinders ʼn harde klop is teen die deur van my eie hart se vraag: waar het ons ons Self verloor, verbeur, vergeet? Ons verwar kinderlik met kinderagtig en alhoewel ons onsself volwassenes noem, is dit bitter kinderagtig om te verleer wat dit is om kind te wees ...
Ons gesels hierdie maand oor Selfwaarde en Selfrespek  en Spirituele dissipline! Wat ek van myself dink, bepaal hoe ek dink oor die wêreld om my en dit sluit AL ons verhoudings in – met my ewemens, die natuur, struktuur, kultuur én God.

Ons het ons sin vir die wonderlike en ons geloof in die verbeelding verloor. Ons kan nie meer onthou wanneer laas ons ons nuuskierigheid vertrou het nie. Wanneer laas ons sandkastele gebou het al is dit net met dagdrome. Ons het verleer wat dit is om ontvanklik te wees en om te kan luister na woorde van wysheid sonder om dit met kennis te verwar. Ons glo nie meer in rituele nie en sien nie meer die engele* nie en dan wil ons hê ons kinders moet glo soos óns glo en God aanvaar as ʼn werklikheid. Met *engele word bedoel al die biljoene klein ligspatsels van God se teenwoordigheid, daardie elektriese lading wat deur ons vloei en ons motiveer en inspireer tot ʼn beter weergawe van onsself.

Ek weet eerlikwaar nie of ons nog die luuksheid het om te wil sê “Ek sal, wanneer dit geleë is, myself commit tot liefhê” nie. Liefde begin by ʼn liefde vir onsself, en ek praat nie van ʼn liefde ten koste van ander nie want dit is géén liefde nie. Dit is ʼn egosentriese projeksie van begeertes en verwagtinge! As ons lief is vir onsself met aanvaarding, respek, menswaardigheid en seëning (blessing) hoef ons nie eers ʼn gesprek te hê oor vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing nie want dit sal spontaan oorloop na almal om ons. Dit is wat die Goue Reël beteken: jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

My kind het my al wonderlike (en ek bedoel letterlik ‘wonder’ soos in miracle) lewenslesse geleer: toe ek myself voorgeneem het om hom te leer waaroor die lewe gaan, het hy my geleer die lewe gaan oor liefhê, niks meer of minder nie; ek wou hom vertel dat hy altyd in die hart van God is, toe leer hy my dat God in mý hart is; ek wou vir hom als doen en gee, toe leer hy my dis wat hy voel wat hy onthou!

Selfrespek is nie pretensieus of grootdoenerig nie. Selfwaarde is nie die euforie van ʼn tydelike high wat mens het as gevolg van iets wat gebeur het nie. Dit word nie gegee deur iemand wat jou die lof toesing oor jou goeie werke nie. Dis verseker nie ʼn feel-good fenomeen nie maar is solied gegrond in realiteit wat die know-how het hoe om verantwoordelik en eerlik om te gaan met dié geskenk wat elkeen in hom/haar dra. Dit lê in die betroubaarheid van ons verstandelike vermoë om te onderskei tussen sin en onsin. Máár, dit is ook die selfvertroue om deur ons suksesse en mislukkings, ons ekstase maar ook ons spanning, ʼn persoonlike vervulling te hê. Opgesom, is gelukkigheid (happiness) ʼn deug en waarde, ʼn gawe en ʼn kwaliteit wat vir elkeen van ons bedoel is. Dit is nie net ʼn emosionele behoefte nie maar ʼn spirituele noodsaaklikheid as ons ʼn verskil wil maak aan die wêreld om ons. En dit het alles te doen met ons verhouding met God! Kom ons reis Sondag na die binnekant en praat oor --
·         Hoe hanteer ons emosionele pyn?
·         Hoe reageer ons op verwerping en mislukking?
·         Hoe los ons konflik op sonder om mekaar te verneder?
·         Hoe laat ons die liefde toe om deur ons ʼn verskil te maak aan die wêreld om ons?

Psalm 139:14 sê in die oorspronklike taal: “Ek dank U vir die wonder van myself. Wonderlik is U werke en my siel weet dit goed!”
Kom deel vir ʼn uur saam met ons aan dit wat die siel goed weet maar wat ons geheue vergeet het.
Dit is Vadersdag en ʼn langnaweek ... kom ons maak ʼn uitsondering in ons gewone roetine en trippe-trappe-tone Sondag na ons wysheidsirkel vir ʼn uur se ‘onthou’ :-))

 

“There are those who have little and give it all. These are the believers in life and the bounty of life, and their coffer is never empty. 
There are those who give with joy, and their joy is their reward.” ― Kahlil Gibran

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights