12 Mei 2013

Hierdie week se liturgie: 12_mei_2013

Ons gesels Mei-maand oor die boek Jakobus ... 
Ons lees in die Nuwe Testament van vier mense genaamd Jakobus:
·         Jakobus, die broer van Johannes — seun van Sebedeus en Salóme. Vader Sebedeus was ʼn visser van Galilea en moeder Salóme was ook een van
die vroue by die kruis en later by die graf.
·         Jakobus, seun van Alfeus, ook een van die 12 Apostels. Tien teen een dieselfde as ‘Jakobus die Geringste’ waarvan ons lees in Matt 10:3 en
Hand 1:13.
·         Jakobus, die vader van Judas. Hy word genoem in die lys van Apostels in Lukas 6:16 waar Christus die 12 kies en word ook in Handelinge 1
genoem.
·         Dan is daar nog ʼn Jakobus wat heel moontlik ons briefskrywer is ... hy is die broer van Jesus. Die skeptiese realis wat aanvanklik gekant was
teen sy broer Jesus se optrede en leer, maar dan ontdek hy die inhoud en betekenis van sy broer se optrede, en word ʼn steunpilaar van die
kerk. Maar ons kan nie met sekerheid sê dat dit hy is wat die brief geskryf het nie, alhoewel die aanduiding van Paulus wat na hom verwys in
Galasiërs 1 en 2 tog daarop dui dat dit dieselfde Jakobus is wat die brief geskryf het.

Ons het laas Sondag gesels oor versoekings en begeertes, gedrag en gesindheid en voor ons nog by die beeld van die spieël kon kom, het die tyd ons toegewasem. Ons begin Sondag by die metafoor van ʼn spieël en die refleksie wat Jakobus gee dat spieëls praat nie met woorde nie. Hy praat oor woede en wat ons kwaadmaak. Woede, sê hy, is vrees verwoord en waar daar vrees is, kan liefde nie woon nie!

In Hoofstuk 2 gaan dit oor ʼn geloof wat prakties relevant en toepaslik moet wees. Hy waarsku teen skynheiligheid en selfgeregtigheid en verwys dan na verskillende maniere hoe ons mekaar (ver)oordeel. Hy praat oor intellektuele en finansiële snobisme en oor verskuilde agendas wat eintlik daarop uit is om nog verdere verdeeldheid (separation) te bring. Waarheid is die lig en geloof is die refleksie van daardie lig.
Terwyl ons na ons weerkaatsing kyk in ruite, sien God ons as vensters waardeur die lig skyn. Die vensters mag verskil in grote, dikte, kleur of posisie maar wanneer die lig daardeur skyn, vloei al die ligstrale as een. Ons raak te gou gefikseer met hoe ons lyk (meestal vir ander) en ons kyk sonder om te sien.
Vir Jakobus gaan dit nie om te glo sonder bewyse nie maar om lief te hê sonder voorwaardes!
Hy praat oor die Basilikum (Koninklike Wet) — jy moet jou naaste liefhê soos jouself, en dat die wet nie veroordeel nie maar vrymaak. Die ‘wet’ roep ons tot compassion want, sê hy, jy kan nie vir iemand sê “mag dit met jou goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg, maar julle gee nie vir hulle wat hul nodig het om van te lewe nie” (Jakobus 2:23) Ons optrede (aksies en reaksies) is die spieël waarin ander sien wie ons werklik is maar ...
... ons lewe is gelaai met dualismes en paradokse. Niemand hou daarvan om geoordeel te word nie, en tog doen ons dit met ander én onsself. Ons word teleurgesteld as ons roep maar niemand hoor nie, terwyl ons saggies fluister “ek wil tog nie betrokke raak nie” as iemand anders se nood teen ons deur klop. Jakobus verwys daarna as om te leef met twee psiges (double mindedness) en sê dit maak ons wispelturig in al ons weë (Jakobus 1:5, 8). Natuurlik is dit belangrik om so nou en dan in ʼn spieël te kyk om onsself met eerlikheid en waarheid te sien maar as die spieël ʼn venster word, sal ons mekaar raaksien.

Eenmaal per week, op die eerste dag van die week naamlik Sondag, kom ons na ʼn plek waar ons enersyds onsself herinner aan die spieëls in ons lewe maar andersyds weer onthou dat ons ook vensters is waardeur die Lig (God) skyn sodat ons vir ander ʼn spieël kan word waarin hulle hulself sien soos God na ons kyk! Vensters én spieëls moet vir ander wys — my hart is tuis!

Kom skink jou lig vir ʼn uur Sondag ... dis beVRYdend vir die gees en ʼn verLIGting vir die hart.

ACIM leeswerk vir die week: Chapter 27: The Healing of the Dream, Section IV: The Quiet Answer, p574 Hardebandboek.

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
Love is the window of the soul, hatred is the curtain!

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights