12 Februarie 2012

Hierdie week se liturgie: 12_feb_2012

Goeiemore aan almal —

Eerstens, baie dankie vir ʼn wonderlike byeenkoms laas Sondag! Met soveel mense wat gelyk asem was die atmosfeer aanvoelbaar ‘heilig’ omdat elkeen daar ʼn koelteboom was in die son ☼

Ons son. Daai ster wat een van biljoene sterre in die heelal is. Ons sug miskien onder die hitte maar is onbewus van die son en tog sien ons alles om ons as gevolg van die son. Miskien sal ons selfs ons hand voor ons oë kan sien al is ons son nie daar nie want die biljoene ander sonne se lig sal dit steeds verlig.

In baie beskawings was/is die son deur al die eeue aanbid as ʼn god. Die misterie van hierdie goue bal wat geglo is om ons draai, het feitlik alle mites en rites oorheers. Selfs in die Christendom was dit ketters om te dink dat die aarde om die son draai want dit sou beteken dat ons nie die middelpunt van alles is nie. Sedert die eerste mens is die son bestudeer deur profete, priesters, astroloë en filosowe. Vandag is ons miskien meer ingelig en bewus van die son omrede die mens ʼn gat in die osoonlaag geslaan het, maar is steeds besig om genadeloos voort te ploeg met alles wat hierdie ronde blou kristal van ons besoedel. Wat is dit dat ons nie doen wat ons sê ons wil nie? Waar grens ons menslikheid (sterflikheid) aan die goddelikheid (ewigheid) of dink ons steeds dat ons die middelpunt is waarom alles draai? Kom ons verken Sondag verder ons menswees in verhouding met dit wat ons beskryf as ‘God’ – want êrens moet die mens ook tot bekering kom om te besef: ons is uit God gebore om MENS te wees. Ons is nie God nie en God is nie ʼn mens nie en tog is ons IN God en God IN ons.

OM GOD TE BELEEF/ERVAAR VANUIT ONS MENSWEES
Waar is God as die seer is?
Waarom hoor God my nie?
Wat beteken: As God wil?
Wie maak die reëls/wette?
Hoe pas God in my twyfel?

Besoek ons FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
En onthou jy kan elke vorige Sondag se liturgie aflaai (download) onder TEMA ARGIEF.
10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum. Bring gerus jou vriende en familie saam om deel te neem in ons wysheidsirkel.
Kom deel Sondag vir ʼn uur jou vrae met ons.

GESPREKSGROEPE: Johannes-Groep: 16 Februarie --- Helderberg-Groep: 19 Februarie --- Gay-Groep: 29 Februarie
Ons beplan ʼn inleidende kursus in ACIM (A Course in Miracles) wat op 23 Februarie 19h00 by die Kolping Sentrum aangebied gaan word.
Kontak my asseblief indien jy belangstel en graag wil inskakel (jy kan antwoord op dié epos of my skakel by 083.460.45.45)

Gedagte vir die Week:
“I believe in God as I believe that the sun has risen: not only because I see it, but because by it I see everything else.” - C.S. Lewis

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights