11 November 2012

Hierdie week se liturgie: 11_november_2012

So stadig maar seker lyk dit of somer uiteindelik gearriveer het. Dit son kom al hoe vroeër op en elke dag word dit later donker. Binnekort is dit Kersfees en dan Nuwe Jaar en gaan ons 2013 in met ʼn handvol voornemens en ʼn hart vol wense. Vir baie mense bring ‘verandering’ ʼn tyd van onsekerheid – ons sien dit ook in mense se gemoed as die seisoene verander – sommiges is selfs bang vir verandering. My grootste vrees is dat niks gaan verander nie en daarom is dit seker deel van my persoonlikheid om gereeld goed te verander: ander tandepasta; ander haarstyl; nuwe musiek ... Wat ek soms gedink het, is ʼn vars bries van verandering, het later in ʼn storm ontaard omrede die opskrif: SPEED KILLS seker nêrens meer van toepassing is as wanneer ʼn mens onverantwoordelik deur verandering jaag nie. Mens kan nie net verandering najaag ter wille van verandering nie. Een ding is egter verseker: alles verander en verander die hele tyd!

Nie een van ons is dieselfde as gister nie en allermins dieselfde as ʼn jaar gelede. Miskien het jy ʼn jaar terug êrens anders gewoon en nou het jy ʼn nuwe huis; miskien was jy ʼn jaar terug gesond, en nou is jy siek; was jy ongelukkig in jou werk en nou het jy ʼn nuwe werk; was jy ongetroud en nou getroud; miskien het jy nie eers gedink aan kinders nie en nou is daar ʼn klein asem in jou arms óf was jy doodgelukkig om elke aand langs jou man te slaap en nou deel jy ʼn bed met ʼn ‘oupa’  🙂

President Obama wen die verkiesing en belowe ‘verandering’ vir Amerika. Ten spyte van al ons weerstand en teenkanting; ons vrese en onsekerheid oor verandering, is dit steeds elkeen van ons se hoop om ʼn beter weergawe van onsself te wees en die beste te wees wat die lewe bied. Alle lewe is ʼn proses van beweging (energy in motion) ... Chesterton sê op ʼn plek: “All conservatism is based upon the idea that if you leave things alone you leave them as they are. But you do not. If you leave a thing alone you leave it to a torrent of change.”
Die skrywer van die boek Openbaring skryf: “Toe sê hy wat op die troon sit: Kyk, ek maak alles nuut” (21:5) Saam met die seisoene wat verander en die jaar wat aan ʼn einde loop, is daar geen beter oomblik as vandag om vir jouself te vra: WAT wil jy hê en HOE gaan jy dit doen? Hoekom uitstel tot môre of volgende jaar — maak ʼn besluit en kies vandag nog om die beste van jouself na vore te bring. Om te sê: “ek probeer” ... of “ek weet nie of ek kan nie ...” is ʼn flou verskoning want om te sê: “ek kan nie” beteken eintlik “ek wil nie” en beteken “ek sal nie” — moet dan nie kla as elke dag voel dit is dieselfde; dat daar geen groei in jou lewe is; en dat dit voel jy leef in ʼn geut of loopgraaf nie. Johannes 12 sê: “Ek het gekom om vir julle lewe te gee, en dit in oorvloed!”

UITSTEL is die ‘gevaarlikste’ woord.
         i.     Verander jou gesindheid: “Julle gees en gedagtes moet nuut word” (Efes 4:23)
         ii.   Verander jou reaksies: “Moenie jou deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie” (Rom 12:21)
         iii.  Verander jou reisplan: “Jy is die “JA” van God, die “ja” op al die beloftes van God” (2 Kor 1:18-19)

Life is the process of awakening — the process of knowing — the process of becoming!
God kan net VIR jou doen wat Hy DEUR jou kan doen.

ACIM: Donderdag 8 November. Jy is steeds meer as welkom om in te skakel want ons lees en bespreek spesifieke gedeeltes uit die boek. 

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
People think pleasing God is all God cares about. But any fool living in the world can see He is always trying to please us. — Alice Walker (The Color Purple)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights