1 September 2013

Hierdie week se liturgie: 1_september_2013

Laat my toe om te begin met ʼn GROOT dankie! Die laaste nege maande was ʼn geboorte in al die beddings van Neo-Spektrum waarvan die groei in getalle elke Sondag hartverblydend is ... maar ook die toewyding, gesindheid, verantwoordelikheidsin en entoesiasme van almal wat ons tuin Sondae of ACIM groepe deur die week besoek; werkswinkels of boekklub; uitnodigings vir huisbesoek of betrokkenheid by ons leierspan. Met groot waardering sê ek dankie — en kom ons doen so voort!
Dis ʼn nuwe maand en alhoewel die Kaap se winters hom min steur aan die maande wat met ʼn –ber eindig, is dit eerskomende Sondag amptelik die begin van ʼn nuwe seisoen en gaan ons dié maand gesels oor “THE POWER OF INTENTION” -- Marianne Williamson skryf ʼn tyd gelede op haar webblad die volgende: “Every experience we go through is a mirror. So if we aren’t happy with our lives, every situation provides an opportunity to change our thoughts, create new energies, and respond differently. Once you know that everything in your life arises from consciousness, you start to look pretty closely at what goes on between your ears. Change that, and you can change the world.”
Die woord ‘spiritualiteit’ het vir baie mense ʼn vervanging geword van die woord ‘religie’ wat wil sê dat dit merendeels gaan oor inhoud as oor vorm. Alhoewel spiritualiteit meer persoonlik is as die groepsverband van religie bly die doel van spiritualiteit om mede-eienaarskap te aanvaar vir ons samewerking tussen mekaar en ons toewyding in ons verhouding met God. Religie leer ons attention terwyl spiritualiteit gaan oor intention. Wat belangrik is om te onthou, is dat God nie een van die twee oordeel nie. Daar is net een spirituele realiteit en dit is dat niks buite God se insluitende liefde lê nie, of mense dit nou (h)erken of nie, ons tap in daardie Bron van kreatiwiteit met elke gedagte. Mens sou kon sê dat attention gaan oor die WAT? terwyl intention gaan oor die HOE?
Wat maak ʼn lewe spiritueel? Net één ding: intensie! Dit sluit begrippe soos consciousness, awareness, presence, awakening and rebirth in maar al vyf hierdie beskrywings begin met ʼn intensie! As jy 5 mense met ʼn videokamera moet volg van geboorte tot sterwe is daar geen eksterne manier om te sê wie is spiritueel en wie nie maar jy sal wel kan sien deur noulettend te wees oor elkeen se intensies. Die een wat met liefde omgee en emosionele wonde heel met woorde van erbarming en ontferming sal instinktief ʼn intensie manifesteer wat so persoon se spirituele insig (wysheid) en uitsig (waarheid) reflekteer. Sodra die saadjie van spiritualiteit gesaai is, sal die siel outomaties die vrug van intensie ontvou. As ons dít verstaan, kan ons daarmee omgaan. Kom ons staan Sondag stil by vyf basiese spirituele intensies:
1.      Ons wil God se teenwoordigheid voel: Hierdie intensie is gewortel in ʼn diep onderliggende emosie van isolasie en verwydering (separation). Wanneer ons voel God is ‘vêr’ of ‘onbetrokke’ in my lewe is daar ʼn stille eensaamheid wat ons nie kan ontvlug nie maak nie saak hoeveel vriende ons het of hoe ons sosiaal fladder nie. Dit is nou maar eenmaal so dat elke mens wil innerlike vervulling en vrede ervaar. Ons wil weet ons is okay maak nie saak of ons alleen, of al een, of in ʼn skare van mense is nie.
2.      Ons wil hê God moet ons help en ondersteun: Ons het dit al baie gesê – God se teenwoordigheid ontsluit die kwaliteite van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Namate hierdie vrugte toeneem in ons lewe, weet ons dat ons intensies geanker is in die taal van die siel.
3.      Ons wil voel ons is deel van ʼn geheel: ACIM sê so mooi “the soul’s journey takes a person from a fragmented state to a state of wholeness” en so voel ons meer connected met onsself, mense om ons, die natuur en uiteraard met God. Hierdie intensie bring ʼn simplisiteit waarmee ons na die wêreld om ons kyk en na onsself in die wêreld. Daar is ʼn sensitiwiteit wat aanvoelbaar eerlik is.
4.      Ons wil hê dat ons lewe betekenis het: Osho skryf in sy boek Awareness” die volgende – Existence feels empty in separation, and this gets healed only by moving into unity with God.” Spirituele intensie help ons om op te hou om fanaties rond te skarrel opsoek na iets buite onsself wat ons gelukkig moet maak en help ons onthou wat die vervulling is van ons werklike doel.
5.      Ons wil vry wees van beperkinge: Innerlike vrede verdamp as ons begin kompromieë maak met ons vrese. ACIM leer dat alle vrees is ʼn projeksie van die ego dat ons verwyderd is van God. Marianne Williamson sê êrens Every day, we have a chance to live from lower energies or higher ones. We can blame or we can bless; we can judge or we can forgive; we can complain or we can contribute. Those choices determine who we are in the world, and what kind of world we’re creating for ourselves and those around us.
Soos hierdie basiese intensies deel word van ons ritme en harmonie, sal ons ervaar hoe God in ʼn duisend stemme, op ʼn duisend plekke, in ʼn duisend maniere vir ons wys HOE. Kom ons begin ons nuwe maand met ʼn uur tussen 10h00 en 11h00 op Sondag en dan gesels ons oor die tien grondreëls van bogenoemde vyf INTENSIES. En daarna eet ons lekker saam.

ACIM leeswerk -- Marianne Williamson se boek “The Gift of Change” – Chapter Three: From negative thinking to positive love.

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“Love does not obey our expectations, it obeys our intentions.” — Lloyd Strom 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights