FREEDOM DAY --
Laat ons nooit vergeet waar ons vandaan kom nie ... wat dit gekos het om ‘vryheid’ in hierdie mooi land van ons te hê. Die vryheid van keuse is ʼn voorreg wat ons al te dikwels vanselfsprekend aanvaar. Die vryheid om te kan woon waar ons wil, om te assosieer met wie ons wil, om die kultuur van elkeen te eer en respekteer, aktief meedoen om die vryheid van ons ewemens te beskerm en te laat blom. Laat ons dankbaar wees met waardering vir ʼn dag waarop ons ons vryheid vier.
Die eerste paragraaf in ons Grondwet, behoort op elkeen van ons se harte geskryf te staan --
“Ons, die mense van Suid Afrika,
Erken die ongeregtighede van ons verlede;
Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;
Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en
Glo dat Suid Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.
Mag God ons mense beskerm.
Nkosi Sikelel’iAfrika.
God seën Suid Afrika.”
Ek neem die naweek af en Dr Rudi Labuschagne sal eerskomende Sondag ons diens lei.
Boekgroep Bespreking: Maandag 2 Mei wat deur Daniël Louw gelei sal word in ʼn gesprek oor sy boek : ICONS — vir meer inligting kontak lydia@africagrowth.com en die bespreking vind plaas 7pm by Marseille 15, Pinehurst
Laat die son nie vanaand sak oor die horison alvorens ons nie saam met ons gesin en vriende dankie gesê het vir die land waarin ons woon om met hernuwe liefde ons toewyding aan ons land en haar mense belowe.
ACIM — 2 Mei in die STAD 19h30 en 28 April by Kolping 19h00 — Chapter 11: GOD OR THE EGO — From Darkness to Light en volgende gedeeltes
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“If we don't believe in freedom of expression for people we despise, we don't believe in it at all.” ― Noam Chomsky