Hierdie week se liturgie: 1_desember_2013
Die jaar loop in sy laaste maand ... oral is Kersversierings en kan jy “bargains” koop teen ʼn 300% profyt. Miskien is dit juis vanweë hierdie jaarlikse retoriek dat die mens sy passie vir ʼn seisoen van welwillendheid verloor het.
Wat beteken Kersfees vir jou? Wat maak hierdie jaar se Kersfees anders as ander jare sin? Die antwoord kan tog nie wees dat dit ʼn ander, nuwe plek van vakansie is of saam ander familie en vriende is nie? So, wat beteken Kersfees, regtig, vir jou? U2 het ʼn lied “Peace on Earth” waarvan die eerste strofe sing — “Heaven on Earth, we need it now. I'm sick of all of this hanging around. Sick of sorrow. Sick of pain. Sick of hearing again and again, that there's gonna be peace on Earth.”
In November het ons gesels oor “THE GIFT OF LIFE” en Desember gaan ons die tema verken rondom die begrip “WEDERGEBOORTE” (REBIRTH). Gandhi het op ʼn keer gesê — “Each night, when I go to sleep, I die. And the next morning, when I wake up, I am reborn.” In Johannes 3 ontmoet Jesus op ʼn nag vir Nikodemus. Hy was lid van die invloedryke Fariseërs party asook lid van Joodse Raad. Nikodemus vra: hoe weet mens dat God by jou is? Jesus antwoord hom, “as iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die Koninkryk van God nie sien nie.” Nikodemus verstaan dit nie want hy dink Jesus bedoel jy moet weer ʼn baba word. Jesus help hom reg deur te sê, “wat uit die mens gebore word, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees.” Dit verwar die Nag-Dissipel nog meer. Dan antwoord Jesus hom in seker een van die bekendste verse uit die Bybel – “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” (Joh 3:16) Almal ken dié vers, min mense kan vir jou sê wat die vers net daarna is — “God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.” (Joh 3:17).
“Gered” van wat? Die meeste sal antwoord, “sonde” waarop mens wil vra, “as ons ‘gered’ is van sonde, waarom sondig ons steeds?” Miskien omrede ons nie verstaan dat die Griekse woord (eksozo) vir “gered” ook beteken — “to make whole, to make well, to heal.” Met ander woorde, soos ‘A Course in Miracles’ sê — “Forgiveness can truly be called salvation. It is the means by which illusions disappear” Dít is wat Jesus aan Nikodemus probeer kommunikeer! Hy probeer vir hom konteks (uitsig) en perspektief (insig) gee wat die begrip LIEFDE regtig beteken ... “nie om te veroordeel nie maar om die Liefde van God te wys” (geparafraseer).
‘A Book of Celtic Wisdom’ (John O'Donohue) stel dit aangrypend — “When love awakens in your life, in the night of your heart, it is like the dawn breaking within you. Where before there was anonymity, now there is intimacy; where before there was fear, now there is courage; where before in your life there was awkwardness, now there is a rhythm of grace and gracefulness; where before you used to be jagged, now you are elegant and in rhythm with yourself. When love awakens in your life, it is like a rebirth, a new beginning.”
In ʼn ander lied van U2 roep die refrein — “Please... please... please... get up off your knees!” Dit is, in my beskeie mening, wat REBIRTH beteken. Dit beteken: grow up! take responsibility! be accountable! become the Love you desire!
Kom ons begin die eerste Sondag van die laaste maand met ʼn herinnering wat Kersfees werklik beteken — om te sterf in ons ego-denke en op te staan in die skitterende glans van siel-denke.
Na die tyd sit ons saam aan ʼn lang tafel en geniet ʼn heerlike middagete. Almal word uitgenooi vir die feesmaal. Bespreek net asseblief by my!
Tot ons mekaar dan sien, maak ek vir jou ʼn strikkie in die woorde van The World According to Questlove “How do you plan a rebirth? I'm not sure you do. You just stand in the darkness until you can't endure it any long, and then you move forward until you're standing in the light.”
... HOOP OM ALMAL SONDAG 10h00 TE SIEN!
♥♥♥ ACIM leeswerk -- Marianne Williamson se boek: “The Gift of Change” — Chapter 11: From Who We Were to Who We Are Becoming p227
♥♥♥ Boekbespreking -- Maandag 2 Desember 2013 by Leonie van Heerden, Alphastraat 22, Ferndale, Brackenfell: “The Tao of Pooh” — Janus Prentzler gaan oor hierdie amazing boek gesels!
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“Do not judge people by the scriptures of their faith or the scars from their past, embrace them by the content of their hearts ..." — Dodinsky