“Educating the mind without educating the heart is no education at all.”
― Aristotle
Ons ganse samelewing is daarop gerig om ons van kleinsaf te leer dat ons moet presteer. Ons moet ‘eerste staan’ in die klas om eendag ‘suksesvol’ te kan wees. Eersgenoemde het te doen met ons intellektuele kapasiteit en laasgenoemde met ons finansiële sekuriteit. Die eerste 18 jaar van ons lewe word ons getoets en daarna, vir die res van ons lewe, word ons geweeg.
Natuurlik is Kennis (knowledge) en Ervaring (experience) belangrik, maar beide het geen betekenis as dit nie geklee is in WYSHEID nie ... en dít is ons tema vir Oktober die mooiste, mooiste maand.
Kennis leer ons WAT en wysheid wys ons HOE. Kennis dek die tafel en wysheid is die menu. Kennis bring insig en wysheid gee uitsig. Wie is daar onder ons wat nie met hart, siel, en verstand smag na WYSHEID nie? Wie van ons sal nie soos Salomo van ouds wysheid kies bo enige iets anders nie?
In die Joodse Mistiek is die twee skouers van die mens as ‘Beeld van God’ die בִּינָה (binah: understanding) en חָכְמָה (chokmah: wisdom). In die Griekse filosofie staan dit bekend as νοῦς (noes: divine understanding) en σοφία (sophia: divine wisdom). Die Hebreeuse én Griekse woorde vir ‘understanding’ is manlike woorde, en beide Hebreeuse én Griekse woorde vir ‘wisdom’ is vroulike woorde. Dit is asof die antieke wêreld sedert die begin van ons bestaan die manlike en vroulike in balans bring — ons is, after all, homo sapiens (man {male AND female} + wise).
In ʼn wêreld wat behep is met IQ (intellectual intelligence) — en EQ (emotional intelligence) en SQ (spiritual intelligence) sien as sekondêr — is dit geen wonder dat ons ten spyte van ons slimheid steeds intensely stupid is. Ons het die kennis om ʼn 400 ton vliegtuig te laat opstyg, maar gaan gooi dan bomme op ʼn ander land omdat ons nie weet hoe om konflik op te los nie. Ons het die kennis om groente en vrugte vir maande lank vars te hou, maar het geen clue hoe om hongersnood te verlig nie. Ons het die kennis om jou met ʼn mobiele foon in kontak te bring met enige iemand op die planeet, maar weet nie hoe om met hulle die naaste aan jou ʼn sinvolle gesprek te hê nie.
Ons het soveel kennis maar is klaaglik arm aan wysheid ...
... dit is eers as ons ons IQ (choice) in balans bring met ons EQ (chance) en SQ (change) dat ons sal besef — you must make a choice to take a chance or your life will never change — but too many choices have made us numb and too little change has made us dumb.
“Knowledge is simply knowing — anyone can become knowledgeable about a subject by reading, studying, researching, and memorizing facts. Knowledge can lead to understanding and experience, while wisdom will bring unbiased judgment, compassion, integrity, experiential self-knowledge, self-transcendence, and non-attachment, and virtues such as ethics and benevolence.” — T. E. Lawrence, ‘Seven Pillars of Wisdom’
Dit is my beskeie mening dat ons NIE wysheid leer met grade, medaljes, aandele portfolios, of diplomas nie, maar deur ons littekens, en die vermoë om dryfsand en loopgrawe te oorleef. In ʼn wêreld wat gedryf word deur ‘experience’ vat wysheid jou drie stappe terug en kultiveer jou intensies. Ons is aanhoudend op soek na ʼn nuwe ‘experience’ en raak gou verveeld. Daar is soveel wat ons ‘WIL’ en word oorweldig deur ons ‘GEDAGTES’ en tussen wil, gedagtes, en ervarings het ons die onderskeidingsvermoë verloor om te vra: waarom wil ek wat ek wil; wat is die betekenis van my denke (veral gedagtes oor ‘guilt’ and ‘fear’); en waarom is ek so min tevrede met waar ek is en wat ek het (experience)?
“As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God vra, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.” — Jakobus 1:5
Dit lyk vir my dat WYSHEID het alles te doen met ʼn spirituele insig, begrip, en oordeelsvermoë. Kennis maak dat jy jou eksamen deurkom, maar wysheid maak dat ons nederig wandel met God ... en dit is waar ons eerskomende Sondag gaan begin: die eerste pilaar van wysheid is BESKEIDENHEID.
Nederigheid begin met ʼn ontsag en eerbied vir God. Die Engelse woord is ‘reverence’ wat so dikwels vertaal word met “fear of God” — daar is nie ʼn druppel bloed of ʼn enkele kilojoule se energie in my wat enige behoefte het om God ooit te vrees nie, want die liefde van God vir my, en my liefde vir God, het géén plek vir ‘vrees’ nie.
Wanneer ‘reverence’ ons bondgenoot word, bring nederigheid jou na ʼn plek waar jy nie langer dink oor jou wil vir God nie, maar vra wat is God se wil vir jou. Nederigheid is ʼn ontvanklikheid om God (Lewe, Lig, Liefde) toe te laat om jou te lei en te begelei ... jou te dra en te verdra ... na jou te luister en wysheid te fluister.
Ek weet nie van jou nie, maar in my lewe het wysheid nog altyd begin as ek op my knieë is ... daar waar ek my behoeftes en verwagtinge lig en lug gee, want nederigheid bring ons na ʼn plek waar ons kan glo, hoop, en liefhê sonder voorwaardes. Humility is the fuel of positive intentions and the fire of compassion.
Die gawe van wysheid is ʼn reis wat elke dag nuwe horisonne ontsluit. Met nederigheid in jou knapsak word dit moontlik om met moed en krag nuwe voetpaadjies te trap. Die vraag is — wil jy net weet of wil jy ook verstaan ... en as jy verstaan, hoe pas jy dit toe?
Kom ons gesels hierdie maand oor WYSHEID as ons begin met ʼn gesprek oor nederigheid.
Sien uit om die reis saam te stap
Met liefde Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
“Yesterday I was clever,
so I wanted to change the world.
Today I am wise,
so I am changing myself.”
― Rumi ―
Sondae-eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Kontak Ronel (083.631.14.68) vir meer inligting en om te bespreek
ter wille van die nasionale reëls en regulasies.
ASB, as jy bespreek het en nie kan kom nie
laat weet ons vroegtydig want daar is baie wat graag daar wil wees.