Wysheid — Menswaardigheid

7 Oktober 2020

“We are buried beneath the weight of information,
which is being confused with knowledge;
quantity is being confused with abundance
and wealth with happiness.
We are monkeys with money and guns.”

― Tom Waits

Ons tema vir die maand is: WYSHEID — Divine Understanding and Divine Wisdom. Laas week het ons begin met die eerste pilaar van hierdie Divine Spark naamlik, Nederigheid ... want jy gaan nooit ʼn wyse persoon ontmoet wat nie nederig is nie. Die twee gaan hand aan hand.

  • Om laas week saam te vat: kennis leer ons wat, en wysheid wys ons hoe; kennis bring insig, en wysheid gee uitsig; kennis is die sleutel, en wysheid weet in watter slot dit pas. Wysheid staan in diens, en sien die groter prentjie. Wysheid weet wat is die regte ding om te doen en tree op met nederigheid en sagmoedigheid.

Hierdie week gaan ons stilstaan by nog ʼn fontein van WYSHEID en gesels oor Menswaardigheid (dignity).

“Strength and dignity are her clothing,
and she shall rejoice in days to come.
She opens her mouth in wisdom
and the teaching of kindness is on her tongue.”
― Proverbs 31:25 ―

Die “she” waarvan Spreuke praat, is WYSHEID. Die Hebreeuse woord vir dignity is: הָדָר (hadar) en beteken: ‘honour and/or splendour’ ... terwyl die Nuwe Testament twee woorde in Grieks het: σεμνότης (semnoteis) wat beteken: ‘dignity, worthy of respect, gravitas, and honour’  —  en, τιμάω (timao) wat vertaal word met: ‘to show high regard for, revere, and honour.’ 

  • DIGNITY kom van die Latynse woord dignitas, wat beteken "to be worthy."

Wat is die “godliness and dignity” waarvan Paulus skryf aan Timoteus (1 Tim 2:2) en die “integrity and dignity” aan Titus (2:7)?

Soos elke ander spirituele waarheid begin dit by onsself. Ons moet eers waardigheid, respek, selfwaarde, en eerbied deur ons eie leivore laat vloei alvorens ons daarvan kan oorloop in die beddings en boorde van ander. If you can’t treat yourself with love, acceptance, respect, dignity, and grace then how on earth will you treat others with respect and dignity?

Vir Spreuke is dit duidelik dat wysheid bring dignity en dignity praat met kindness. Almal, selfs hulle wat met geen waardigheid, respek, en eerbied optree nie, is geskape in die beeld en gelykenis van God wat verdien om van my kant af steeds met dignity behandel te word.

  • Ek onthou ʼn man wie se pa ʼn alkoholis was. Meermale moes hy sy pa gaan soek in die kroeë van Kaapstad as hy weer nie opgedaag het by die huis nie. Herhaaldelik was hy en sy ma beledig deur sy pa as hy dronk was en moes hy as seun altyd sorg dat daar kos op die tafel was want sy pa kon nie voorsien nie. Wat my bygebly het, is die feit dat hy altyd met en oor sy pa gepraat het met waardigheid al sou hy nie respekteer wat sy pa doen nie.

    Op sy pa se roudiens het hy ʼn roerende eulogie gedoen wat almal in trane gehad het — hy het sy pa bedank dat hy hom geleer het "what is compassion and understanding ... even for you." En afgesluit met die woorde, “Thank you for giving me a VOICE” bedoelende, “dankie dat jy my geleer het om op te staan vir wat reg en regverdig is al kon jy dit self nie doen nie.”

     dít is DIGNITY ... dis ʼn wysheid wat geen skool of universiteit jou leer nie. Op sy beurt het hy my herinner: where there is DIGNITY, there is KINDNESS.

“For wisdom will enter your heart,
and knowledge will be pleasant to your soul.”
― Proverbs 2:10 ―

Om van kennis na wysheid te beweeg, moet ons uit ons swart-en-wit mentaliteit breek om die bont sambreel van God se liefde en genade te sien. Wysheid gaan nie oor wat jy weet nie, dit is hoe jy sien. Wysheid gee betekenis in tye van onsekerheid en sin aan die onbekende — and dignity will show you how.

Die brein maak informasie bymekaar, prosesseer feite, en organiseer inligting maar dit is die hart (wysheid) wat jou help navigeer deur die paradokse van die lewe. Dinge soos geboorte en dood, liefde en vrees, vreugde en lyding — and dignity will show you how.

Wysheid is om te luister, sien, proe, ruik, voel met jou spirituele sintuie ... om getrou te wees aan die Waarheid (authenticity), en hoe om met sensitiwiteit om te gaan met die opdrifsels en stroomversnellings van die lewe — and dignity will show you how.

Menswaardigheid is ononderhandelbaar.

Menswaardigheid en medemenslikheid is so essensieel tot die lewe soos water, kos, en suurstof. Daarsonder is jy “soos ʼn golf wat heen en weer geslinger word” (Jakobus 1:6) en “die wind wat suid en dan weer noord waai” (Prediker 1:6).

Nederigheid buig die hoof en menswaardigheid tel dit op. As jy gravitas in jou lewe wil hê, kies menswaardigheid. Wil jy voel dat jou voete raak die grond, kies eerbaarheid. As jy met agting behandel wil word, kies dan respek. Niemand het respek vir die een wat op ander se dignity trap nie.

Die enigste tyd, plek, en omstandighede waar jy jou dignity kan verloor, is wanneer jy dit weggee. Moenie! Never ever sacrifice your dignity.

Kom ons gesels eerskomende Sondag oor DIGNITY en laat hierdie oase ons dors vir Wysheid les.

Soos altyd
Met liefde

 

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Dignity is never silent.
It has a voice, heart and soul.
Truth and courage is its foundation.
It will stand against the masses
and speak the truth.
Because every great person
has always done
what others found fear in doing.”

― Shannon L. Alder 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Kontak Ronel (083.631.14.68vir meer inligting en om te bespreek
ter wille van die nasionale reëls en regulasies.
ASB, as jy bespreek het en nie kan kom nie
laat weet ons vroegtydig want daar is baie wat graag daar wil wees.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights