Wysheid — Medemenslikheid

14 Oktober 2020

“Our knowledge has made us cynical.
Our cleverness, hard and unkind.
We think too much and feel too little.
More than machinery we need humanity.”
― Charlie Chaplin

Die oomblik wanneer ons iemand sien, vorm ons ʼn ‘opinie’ van iemand. Ons plaas ʼn ‘label’ om sy of haar nek wat geskryf is met die ink van ons vooroordele en agterdog. Met tyd vorm ons ʼn ‘groep’ wat eindelose moeite doen om ons apart van ʼn ander groep te sien, waar ons vir ‘hulle’ sê, “Julle verstaan ons nie, en julle sal ook nooit nie, want julle is nie soos ‘ons’ nie.”

Ons het ʼn duisend redes en verskonings wat ons skei van ‘hulle’ en tog, die oomblik wanneer daar ʼn ramp van soort is dan kom mense uit hulle groepe om te help. By ʼn ongelukstoneel word nie gevra wat is jou geloofsoortuiging of politieke affiliasie nie, ons reik uit en help. As ʼn aardbewing of oorstroming ʼn gebied plunder dan verdamp ons ‘labels’ en kom mense bymekaar om te help sonder partydigheid of voorkeure.

Wanneer daar ʼn vuur uitbreek in ʼn gebou is dit jou eerste instink om so vinnig as moontlik uit die gebou te vlug, en tog is daar diegene wat terug in die vlamme hardloop om iemand te gaan red. Wanneer jy ná die tyd vra hoekom hulle dit gedoen het, sal jy hoor — “I did what every other human being would have done.”

REALLY ... every other human being!?

Ons gesels dié maand oor: WYSHEID — Divine Understanding and Divine Wisdom. Ons het begin met ʼn gesprek oor Nederigheid (Humility), want nederigheid ontsluit enorme wysheid. Laas week het ons gesels oor Menswaardigheid (Dignity) en dat ALMAL verdien om waardig behandel te word. Vandag gaan oor Medemenslikheid (Humanity) en hoekom ons ʼn radikaal nuwe manier van dink nodig het oor ons as spesie as die mens nog hier wil wees oor ʼn 100 of 200 jaar.

Aanvanklik was dit my intensie om Integriteit die derde pilaar van wysheid te maak, maar hoe meer ek gelees en gedink het oor integriteit, hoe meer het ek besef dat integriteit het ALLES te doen met ons medemenslikheid. My beginsels, waardes, en eerbaarheid staan in diens van my medemenslikheid.

As daar op ʼn vorm gevra word wat my ‘ras’ is dan skryf ek altyd oor die blokke: HUMAN ... my race is human — net soos wat ek oor die blokke wat vra oor ‘religion’ skryf: LOVE ... my religion is love.

Medemenslikheid vra: What does it mean to be human? Daarom weer dieselfde vers as die vorige twee weke —

“Strength and dignity are her clothing,
and she shall rejoice in days to come.
She opens her mouth in wisdom
and the teaching of kindness is on her tongue.”

― Proverbs 31:25 ―

This is a profound new understanding of what WISDOM means ... “Wysheid is beklee met menswaardigheid en medemenslikheid is op haar tong.”

Leo Tolstoy sê op ʼn plek, “The sole MEANING OF LIFE is to serve humanity,” waarby Albert Schweitzer dan byvoeg, “The PURPOSE OF HUMAN LIFE is to serve, and to show compassion and the will to help others.”

Of jy die besturende direkteur, onderwyser, dokter, rekenmeester, of sekretaresse is ... of jy huisvrou, pensionaris, of vrou agter die kasregister is — almal van ons staan in diens van mekaar en as die eerste en tweede prioriteit van ons besigheid nie is om HUMANITY te bevorder nie dan vaal ons klaaglik in ons vision-and-mission-statement.

Wat beteken die begrip ‘HUMANITY’ ...?

Ons basiese instink is om te oorleef en daarom sê ek altyd: ons wil teel en ons moet eet ... en so kru as wat dit ook al mag klink, is dit eenvoudig waar vir almal van ons. Ons oorlewingsdrang oorheers eenvoudig enige ander behoefte. Maar dan, op ʼn dag, staan jy man alleen op die kruin van al jou mensgemaakte sekuriteit en al wat jy het, is stoksielalleen. Skielik voel jy oorweldig deur ʼn verlange om van geweet te wees. Iemand wat voor jou sit en sonder om ʼn woord te sê jou hart sal voel klop — ʼn diepere konneksie van menswees.

Vir my, kry die vorm, definisie, en dimensie van my menswees betekenis deur die lens van my Christus-ervaring. Waar sy ‘human consciousness’ (son of man) en sy ‘divine consciousness’ (son of God) die diepte van my eie menswees penetreer. ‘Consciousness’ ...?? Daardie diep bewussyn van wie ek is in Christus en om bewus te wees wie God is in my as mens. Om bewus te wees van ons interpersoonlike konneksie en wat die Oneness in God beteken vir ons Medemenslikheid ... consciousness as an awareness of our interconnectedness.

Dat Jesus nie ʼn soort van Superman vanuit die hemele was/is nie, maar ʼn mens wat aan Lewe en Liefde ʼn nuwe betekenis sou gee naamlik: only in our humanity will we find our divinity — of soos laas week na verwys waar Paulus vir Timoteus skryf oor sy “godliness and dignity” (1 Tim 2:2)

Die God waarna Jesus verwys is nie iets van buite na binne nie, maar inderwaarheid iets van binne na buite. Vir Jesus is sy Vader die een wat ons diepste honger en dors voed en versadig. Jesus wys ons die gesig, die teenwoordigheid van God, in ons medemenslikheid. Of soos John Shelby Spong dit verwoord in sy kommentaar oor die Johannes Evangelie: “Christ is what it means to be fully human … who draws us beyond human barriers, human divides and human prejudices.”

Almal van ons wil liefhê en liefgehê word. Ons wil die nabyheid ervaar van mense wat opreg omgee en ons wil voel ons maak ʼn verskil in ander se lewe. We want to live a meaningful life. Ons wil vreugde ervaar in ons dae van verwondering en vrede in dae van konflik. Ons verlang na ʼn wysheid om die lyding van die mensdom te verlig, want daardeur word ons eie wonde heel.

We are human BEINGS and not human doings — and in my beingness I find my belonging and in my belonging I find my becoming. Therefore, embrace your humanity wholeheartedly!

Kom ons vra eerskomende Sondag vir mekaar: can we auto-correct our humanity — not human perfection but human wholeness?

Mag jou medemenslikheid vir jou ʼn nuwe insig (waarheid) bring en ʼn nuwe uitsig (wysheid) gee hierdie week.

Met liefde en waardering

 

  • Soos almal teen die tyd weet, maak ons weekliks 'n YouTube-video oor ons tema. Daar is reeds 36 episodes, en onthou dat dit Engelse Subtitles het as jy dit met Engelse vriende wil deel. Gee die video's 'n THUMBS UP en onthou om te SUBSCRIBE, want hoe meer mense doen, hoe meer mense sien dan ons video's. Maak vir ons 'n klein bydrae per video asseblief, want dit sal help om die kostes te dra vir die maak en plaas daarvan. 
    https://www.youtube.com/channel/UCBbZGoIlY3NhpEvxNDexGtw/videos

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“If we have no peace,
it is because we have forgotten
that we belong to each other.”

― Mother Teresa 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Kontak Ronel (083.631.14.68) vir meer inligting en om te bespreek
ter wille van die nasionale reëls en regulasies.
ASB, as jy bespreek het en nie kan kom nie
laat weet ons vroegtydig want daar is baie wat graag daar wil wees.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights